• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Om ja te sê, al lyk dit onmoontlik

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

10 Jan 2024
in Dinamiese vennoot
Lenteprag verdryf hartseer
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Die afgelope feesseisoen stuur my leraar, ds Ben Botha van die NG-gemeente Lig & Lewe, ‘n oggendstukkie wat ‘n heel nuwe perspektief bied op Maria se gewilligheid om Jesus se moeder te wees. Hy lees voor uit Lukas 1 vers 38: “Maria sê toe: Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.”

Ben vertel van die teoloog Frederick Bigner, wat met die gedagte gespeel het dat Maria dalk nié die eerste vrou was na wie God die engel Gabriël gestuur het met die boodskap dat sy die moeder van die Seun van die Allerhoogste sou wees nie. Sy was dalk net die een wat “ja” geantwoord het.

Sjoe! Dalk het Gabriël inderdaad aan ‘n paar ander vroue verskyn, wat met die aanhoor van dié oorweldigende boodskap bloot geweier en hom dalk selfs weggejaag het. Nie dat Maria nié uit die veld geslaan was nie. Ons lees dat sy self gewonder het hoe dit moontlik kon wees, aangesien sy in daardie stadium nog nie eens met ‘n man intiem was nie.

Ek is oortuig daar het ‘n intense storm in Maria se binneste gewoed. Hoe sou Josef op dié nuus reageer? Haar ouers? Die gemeenskap? Sou sy opgewasse wees om die ma van die wêreld se Verlosser te wees?

Tog het sy haarself beskikbaar gestel tot diens van die Here.

Ben se oggendboodskap lui verder: “Soms kan ons hele wêreld deur ons keuse van ‘n antwoord verander word. Almal van ons word daagliks uitgenooi om ja te sê vir liefde, ja te sê vir vergifnis, ja te sê vir die hoop wat in ons leef en ja te sê vir waarheen die Here ons roep.”

Hoeveel geleenthede het ek al gemis deur nee te sê vir geleenthede wat oor my pad gekom het? “Nee” omdat ek onseker was oor die uitkoms. “Nee” omdat ek oortuig was dat iets onmoontlik sou wees.

Ben se oggendstukkie vervolg: “Om ja te sê, skep soms ‘n ruimte waarin ons die meeste gevorm word, kan groei en verander. Dit was ook waar van Maria op al die draaie van haar lewe. Sy herinner ons dat groei soms beteken om ja te sê vir die volgende tree in jou lewe – vir die groot dinge, maar ook vir die klaarblyklike alledaagse, normale dinge. Maria se lewe herinner ons dat om ja te sê vir waarheen die Here ons roep, is om te vertrou dat hy alreeds aan die anderkant van die antwoord vir ons wag.”

Ek kan nie aan meer bemoedigende woorde dink om 2024 te verwelkom en aan te pak nie. Mag jou ja altyd tot Sy eer strek en tot ‘n vreugdevolle avontuur lei!

Tags: Jan/Feb 2024
Previous Post

Hoender kraai koning in hierdie resepteboek

Next Post

Top performing matriculants elated over laptop donation by NWK

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In