• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Ontsluit landboukontoere se potensiaal

Roneldi van der Westhuizen, AgTech@NWK

28 Mar 2024
in Tegniek
Ontsluit landboukontoere se potensiaal
Share on Facebook

Kontoerboerdery is ’n grondbestuurstegniek wat bewerking langs die kontoerlyne van die land behels. In plaas van tradisionele reguit rye op en af teen die hange, word die rye ontwerp om die natuurlike kurwes en kontoere van die landskap te volg. Só word ’n reeks sagte terrasse geskep wat help om die waterafloop te vertraag, gronderosie te voorkom en waterinfiltrasie te bevorder.

Landbou was nog altyd ’n hoeksteen vir die menslike beskawing en verskaf al vir eeue lewensbelangrike hulpbronne. In die lig van ’n steeds groeiende wêreldbevolking en die omgewingsuitdagings wat daarmee gepaardgaan, was die behoefte aan volhoubare boerderypraktyke egter nog nooit só belangrik nie. Die gebruik van kontoere is ’n beproefde tegniek en bied ’n volhoubare oplossing om opbrengste te verbeter, hulpbronne te bewaar en die omgewing te beskerm.

Doeltreffende waterafloopbeheerbeplanning in die landbou­bedryf behels die implementering van spesifieke reëls en praktyke om gronderosie tot die minimum te beperk, watergehalte te beskerm en volhoubare boerdery te bevorder.

Voordele van kontoerboerdery

1.  GRONDGESONDHEID EN -VRUGBAARHEID
Afloop neem dikwels noodsaaklike voedingstowwe weg van landerye, wat tot verlaagde grondvrugbaarheid lei. Wateraf­loopbeheermaatreëls help om voedingstowwe in die grond te behou en om te verseker dat gewasse toegang tot die vereiste voedingstowwe vir gesonde groei het.

Deur waterafloop te beheer, word gronderosie, die verlies aan voedingstowwe en skade aan die lande beperk – wat weer op sy beurt die grond se struktuur, gesondheid en vrugbaarheid verhoog.

2. BETER BENUTTING VAN REËNVAL
Kontoere verlaag die vloeitempo van vloedwater. Die vertraging van afloop beteken dat meer water die grond kan infiltreer.

3. VERLAAGDE VLOEDRISIKO
Doeltreffende waterafloopbeheerbeplanning help om die hoeveelheid en spoed van water wat oor landerye vloei, te bestuur. Dit kan die risiko van oorstromings verminder, en gewasse en infrastruktuur beskerm teen skade wat deur oormatige wateropeenhoping veroorsaak word.

4. VEERKRAGTIGHEID
Met veranderende klimaatspatrone wat tot meer gereelde en intense weergebeurtenisse lei, verhoog afloopbeheerbeplanning die veerkragtigheid van landboustelsels. Praktyke soos die vestiging van waterweë met gras en dekgewasse help om die impak van uiterste weer te versag, wat plase meer aanpasbaar maak vir uitdagende toestande. Dit is ’n nuttige praktyk in droër sowel as natter seisoene.

Tydens nat seisoene, wanneer die grondprofiele vol is, sal kontoere help om die oortollige water veilig uit die lande te vervoer, maar tydens die droër seisoene sal die kontoere weer help dat elke druppel reën wel in die grond inbeweeg en nie wegvloei nie.

Die kombinasie van bogenoemde voordele dra by tot gesonder grond. Gesonde grond, die bewaring van voedingstowwe en beheerde waterbeskikbaarheid dra by tot verbeterde oes­opbrengste. Deur die afloop doeltreffend te bestuur, kan produsente optimale groeitoestande vir hul gewasse skep, wat tot verhoogde produk­tiwiteit en ekonomiese voordele lei.

Waterafloopbeheerstrukture

Verskeie waterafloopbeheerbeplanningstrukture kan oorweeg word, afhangend van die topografie en die produsent se behoeftes:

NATUURLIKE WATERAFLOOPBANE

Indien daar nie ’n gevaar is vir erosie in ’n natuurlike veld nie, kan die natuurlike waterafloopbane gebruik word om die oormaat water na die natuurlike veld toe te lei, mits die natuurlike waterafloopbane goed met gras bedek is (Graan SA, 2012).

KUNSMATIGE AFLOOPBANE

Dit word gebou om kontoerlengtes te beperk. ’n Kunsmatige afleibaan word gebruik om meer water te vervoer as wat kontoere kan vervoer en gewoonlik mond kontoere in waterbane uit. Grasafleibane word in die somerreënvalgebiede gebruik en betonafleibane word in die winterreënvalgebiede onder besproeiing gebruik (Graan SA, 2012).

STORMWATERVORE

Die doel van hierdie tipe struktuur is om afloopwater van hoër op in die landskap te hanteer en die vorm daarvan is soortgelyk aan dié van ’n kontoer. Dit lei die afloopwater weg vanaf die land na ’n veilige gebied wat nie kwesbaar is vir erosie nie (Graan SA, 2012).

KONTOERE

Kontoere word gespasieer volgens die helling van die land, die tipe en die gebied se reënval (Graan SA, 2012).

Dit is egter belangrik dat natuurlike waterskeidings en waterafloopgebiede eerbiedig word
(Figuur 1). Kontoere moet volgens die natuur beplan word. Die topografie moet die beplanning van kontoere dikteer, en nie plaasgrense of die produsent se voor- en afkeure nie.

’n Deeglike studie van die grondfisiese eienskappe is ook nodig. Byvoorbeeld, versuipkolle en gronde wat meer kwesbaar is vir erosie gaan die kontoerlengte en die hoeveelheid afleibane beïnvloed (Graan SA, 2012). Dit word sterk aanbeveel om ’n kundige op die gebied te kontak indien kontoere op ’n land aangebring moet word.

Figuur 1: ‘n Waterafloopplan.

Samevatting

Kontoerboerdery is een van die pilare van volhoubare landbou. Dit bied ’n manier om sáám met die natuurlike landskap, eerder as daarteen, te werk. Indien jy vermoed dat jy kontoere op jou lande nodig het, kan jy AgTech@NWK kontak. Deur middel van ’n hommeltuig, met ’n RTK-sein en gespesialiseerde sagteware, kan presies bepaal word waar kontoere op die land geplaas moet word (Figuur 2).

Deur oormatige waterafloop te bestuur, kan produsente terselfdertyd hul produktiwiteit verhoog, die grond bewaar en ’n bydrae tot die omgewing se algemene gesondheid maak. Terwyl die wêreld met die uitdagings van klimaatsverandering worstel, kom kontoer­boer­dery na vore as ’n praktiese en doeltreffende oplossing, wat die weg baan na ’n meer veerkragtige en volhoubare toekoms vir landbou.

Figuur 2: Waterafloopbeplanning op ‘n hoogtekaart.

Bronnelys

  • AgTech@NWK, 2023. Hoogtekaart
  • Agtech@NWK, 2023. Waterafloopbeplanning
  • Grain SA, 2012. Grain SA 2012 08. Hoekom is waterafloopbeheerbeplanning op bewerkte landerye ’n noodsaaklikheid? https://www.grainsa.co.za/hoekom-is-waterafloopbeheerbeplanning-op-bewerkte-landerye–n-noodsaaklikheid
Tags: MRT/APR 2024
Previous Post

What happens below the soil, affects your crops

Next Post

Pas bewerking aan tydens El Niño

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In