• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Beplan tydens ‘n droogte vir ná ‘n droogte

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur: NWK Arena

18 Apr 2024
in Nuus
Beplan tydens ‘n droogte vir ná ‘n droogte

Benri Coffee van Nutri Feeds tydens NWK Retail Womaransstad se Groendag.

Share on Facebook

Produsente moet ontslae raak van onproduktiewe diere tydens ‘n droogte en hierdie tyd vir seleksie aanwend. Dit was die raad van Benri Coffee, tegniese bestuurder van grootvee by Nutri Feeds, by Wolmaransstad se Groendag op 10 April. Die geleentheid is deur NWK Retail Wolmaransstad geborg.

Benri het sy voorlegging begin deur te noem dat veeprodusente moet poog om so vinnig moontlik van ‘n droogte te herstel omdat markte hierna uiteraard gunstiger is. “Tydens ‘n droogte sit ons met ligter speenkalfmarges en verdien ‘n verminderde inkomste, terwyl uitgawes styg.”

Hy het produsente daarom aangeraai om hulle diere in klasse op te deel – stoetdiere in ‘n sogenaamde A-klas, diere van ‘n minder goeie gehalte in die B-klas en die C-klas sal tipies bestaan uit kruisteeldiere waarmee jy speenkalwers teel.

“Begin deur ontslae te raak van diere in die C-klas – hierdie diere se genetika is nie goed nie. Hulle vermaerder eerste en speen ligter.” Vervangingsverse moet ook in A- tot C-klasse opgedeel word.

Voorts moet produsente daarteen waak om bale op weiding te sit tydens ‘n droogte. “As jy bale uitsit, gaan jy nie die dier dwing om die gras te benut nie en dit lei tot vermorsing. Benut eers weiding, want dit is die goedkoopste bron van voeding op jou plaas.”

Eers wanneer daar nie meer weiding is nie, kan produsente bale met ‘n goeie lek uitsit.

Ander bestuurspraktyke wat Benri voorgestel het, sluit in:

    1. Speen vroëer. Dit lewer dalk ‘n ligter kalf, maar jy spaar die koei vir die komende seisoen.
    2. Hou by bestaande dekseisoene en moenie dit skuif nie.
    3. Gebruik kleiner kampies om energebehoeftes te verlaag tydens ‘n dekseisoen in die droogte.
    4. Probeer vervangingsdiere behou om so spoedig moontlik van ‘n droogte te herstel.
    5. Tydens ‘n droogte is ‘n dier se hoofbehoefte energie en nie fosfaat nie.
    6. Benut eerder minder ru- of droogtevoer van ‘n goeie gehalte as massas voer van ‘n swakker standaard.
    7. Bewaar jou goeie genetika.

“Dit is ook belangrik om verteerbaarheid in ag te neem. Koringstrooi is dalk ‘n goedkoper eenheidsenergie, maar die dier vereis soveel meer om in die energiebehoefte te kan voorsien. Die voer se proteïene, minerale en energie moet in balans wees.”

Die geleentheid is ook toegespreek deur Pieter le Roux, hoof- vee-en-weidingkundige by NWK. Hy het gesels oor ultrahoëdrukstrookbeweiding. Lees meer daaroor, hier .

Pieter le Roux
Andries van der Walt, senior portefeuljebestuurder by NWK Graanbemarking, het ‘n oorsig oor graanmarkte gegee.
Tags: MRT/APR 2024
Previous Post

Live life to its full potential

Next Post

“Stel jou hoop eerder in God se plan vir jou lewe, nie die uitslag nie”


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In