• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Landbou vandag

21 May 2024
in Tegniek
Landbou vandag
Share on Facebook

La Niña voor die deur

Die weerprofete voorspel ’n verandering vanaf ’n El Niño na neutraal, met die sterk moontlikheid van ’n La Niña vir die komende seisoen. Hierdie verskynsel word sterk met normale tot effens bo-normale reënval vir Suid-Afrika geassosieer. Dit lyk derhalwe of die droogte eers verby is en of ’n natter seisoen op pad is.

Volgens Eric Louw, bestuurder: Presisieboerdery by AgTech@NWK, is die ondergrondse vog uitgeput as gevolg van die droër seisoen wat geheers het en gaan produsente in die NWK-gebied die nuwe seisoen met droë grondprofiele tegemoet.

Kry die grond gereed vir die volgende seisoen

  • Evalueer grondbewerkingstelsel: Daar is nog ’n laaste kans om wortelstudies in profielgate uit te voer om te evalueer tot watter mate die plantwortels die bewerkingstelsel ervaar. Dit is ook die ideale tyd om die lande vir die voorkoms van verdigte sones te toets. Die presisiespan is gereed om verdigtings met ’n penetrometer te kom meet en om produsente oor die aangewese bewerkingsmetodes te adviseer.
  • Chemiese presisie: Dit is nou ’n baie goeie tyd om chemiese presisie op die gestroopte lande uit te voer. Dit gee produsente genoeg tyd om moontlike regstellings te doen. Die presisiespan kan hiermee help en is boonop agente vir Bastion-kalk, wat ’n wye keuse van kalksoorte bied sodat die produsent die regte hoeveelhede op die regte plekke in die landerye kan toedien.
  • Droë grondprofiele: Laat die ondergrondse vog in lande toets. Lande met geen ondergrondse vog nie moet eerder oorgelê word om vir die volgende seisoen op te gaar.

Raad aan veeboere vir die wintermaande

Pieter le Roux, hoof- vee-en-weidingkundige by NWK, herinner veeprodusente dat spaarkampe, staandehooi, oesreste en die voerbank met die aanvang van die wintermaande ingespan moet word om ruvoer te voorsien. “Waar moontlik moet spaarkampe eerste benut word.”

Hier is nog wenke vir wintervoeding:

  • Fokus op vleie indien beskikbaar, aangesien dit in die lente vinnig uitloop en weer vroeg in die somer weiding beskikbaar stel. Hierna kan oesreste en/of aangeplante weiding as staandehooi benut word en laastens word die opgebergde voerbank gebruik, indien nodig.
  • Diere met hoër voedingsbehoeftes – soos verse of koeie wat laat gekalf het en nog soog
    – kan vroeër op die staandehooi gaan en vroeër met kuilvoer gehelp word.
  • Besin deeglik wanneer die beskikbare bronne aangewend gaan word om genoeg goeie gehalte ruvoer regdeur die winter te kan voorsien.
  • Winterveld en staandehooi is laag in ruproteïen. Daar moet dus teen Mei (op die laatste) met proteïenaanvulling begin word vir diere wat hier wei. Hou egter die mis dop – wanneer dit begin droog en hard raak, moes aanvulling reeds begin het.
  • Onthou om diere altyd eers op ureumbevattende lekke aan te pas. Maak ook seker dat lekbakbestuur korrek gedoen word en dat diere daagliks die korrekte hoeveelhede inneem.

Dis nou belangrik

Uitmuntende onkruidbeheer is nou van die uiterste belang om die laat herfs- en winterreën in die grond te bewaar. Begin deur winteronkruid betyds te beheer. Oorgedraagde vog lewer ’n groot bydrae tot die nuwe seisoen se gewaspotensiaal en winteronkruid benut dit met oorgawe. Oorhoofse bespuitings oor die ongestroopte gewasse is ’n goeie praktyk om winteronkruid te neutraliseer. In wye rye kan onkruid ook geskoffel word. Andersins moet dit direk ná stroop geskoffel word.

Nuus uit AgTech se ruimte

Sommige van AgTech@NWK se spanlede het Modimolle in Limpopo gedurende April besoek vir verdere opleiding deur DJI.

Johan Pienaar by AgriHawk vir T40 tegniese opleiding.
Okkie Vermeulen (links) en Bernard de Beer (regs) het Orchard Mode-opleiding ontvang om bome met die klein hommeltuig te plot en dan met die T40 te spuit.

Tydens die Noordwes Kragdag, wat in Februarie by die Agri-Klip­pan­terrein naby Slurry aangebied is, het Okkie Vermeulen van AgTech@NWK vir Bakgat meer vertel oor die voordele wat die DJI Agras-hommeltuie vir ’n boerdery kan inhou. Klik op die skakel https://www.facebook.com/share/v/swfkWz4ztaUWisXv/?mibextid=oFDknk om na die onderhoud te kyk.

NWK kuier by boeredae

Die Wolmaransstad Studiegroep se Groendag het op 10 April plaasgevind en NWK was ’n trotse borg van die geleentheid. AgTech@NWK se span het ook verskeie demonstrasies gedoen.

Pieter le Roux, hoof- vee-en-weidingkundige en Andries van der Walt, senior portfoliobestuurder: Graanverhandeling by NWK, het die gaste toegespreek oor onderskei­delik veld se opbrengs per hektaar en graanmarkvooruitsigte.
Omnia se Boeredag met die tema – Kuns­mis, baie meer as net NPK – het op 4 April op Sannieshof plaasgevind – en NWK se hommel­tuig was ook daar.
Tags: Mei/Jun 2024
Previous Post

Beter bemesting = ’n hoër opbrengs

Next Post

As die buffel storm


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In