• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Nuwe hoofkantoor van NWK4Sure Brokers met spoggeleentheid ingewy

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur: NWK Arena

27 Feb 2025
in Dinamiese vennoot
Nuwe hoofkantoor van NWK4Sure Brokers met spoggeleentheid ingewy

Pieter Kleingeld (groephoof- uitvoerende beampte van NWK) en Elretha Kock (hoof- uitvoerende beampte van NWK4Sure Brokers) knip die lint om die nuwe hoofkantoor van NWK4Sure Brokers in te wy.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

NWK4Sure Brokers het op 25 Februarie ‘n nuwe hoofstuk van hul bestaan ingelui met die opening van hul nuwe hoofkantoor in Ventersdorp. Dit is met ‘n spoggerige geselligheid by die nuwe perseel by Snymanstraat 7 gevier waar NWK-departemente asook verskaffers van die makelary hul produkte en dienste uitgestal het.

NWK4Sure Brokers het in Oktober verlede jaar geskuif vanaf hul kantore in Van Riebeeckstraat in die dorp, grootliks weens ‘n behoefte aan meer spasie.

Die nuwe perseel beslaan 600 vierkante meter en spog met elf kantore en drie raadsale waar personeel kan vergader en kliënte adviseer.

OFM het regstreeks vanaf 12:00 tot 15:00 uitgesaai. Die omroeper, Pulani Nel-Sekepe het tydens die At Lunch-gleuf onderhoude gevoer met Pieter Kleingeld (groephoof- uitvoerende beampte van NWK) asook Elretha Kock (hoof- uitvoerende beampte van NWK4Sure Brokers).

Elretha agter die mikrofoon met OFM se Pulani Nel-Sekepe.
Pieter agter OFM se mikrofoon.

Kliënte kon ook kennis maak met Gert, ‘n karikatuur en tevrede NWK4Sure Brokers-kliënt wat voortaan ingespan gaan word in bemarkingsveldtogte van die makelary. Gert is deur René Retief, senior grafiese ontwerper by Creations@NWK, ontwerp.

Elretha Kock en Gert, ‘n karikatuur wat voortaan in bemarkingsveldtogte ingespan gaan word.
Adelaide Dilapiso, Amanda Pretorius en Charlene Human van NWK se Mensekapitaal saam met NWK4Sure Brokers se Annalie Lourens, met Gert in die middel.

Kliënte-ervaring verbeter met nuwe kantore

Elretha het kliënte bedank vir hul ondersteuning en geduld tydens die trekperiode. Dit is ‘n stoor wat in ‘n moderne kantoorruimte omskep is en Elretha en haar span is baie tevrede met die eindresultaat.

“Ook ons kliënte is aangenaam verras,” het sy aan Pulani gesê. “Hulle ervaar dit as professioneel en dit is die doel wat ons wou bereik. Belangrike inligting word gedeel en binne hierdie mure moet ons kliënte se risiko’s aanspreek en belange beskerm. Hulle bly die spil waarom ons draai.”

Hoewel NWK4Sure Brokers grootliks in ‘n landbou-omgewing funksioneer, bied hulle ‘n omvattende diens aan individue binne enige bedryf. Dit sluit in korttermyn-, oes-, reis- en lewensversekering; boedelbeplanning; beleggings; mediese fondse; vervoerkontrakteursdekking met vragdekking; asook risikofinansieringsprodukte.

NWK4Sure Brokers is passievol oor die gemeenskappe waarbinne hulle funksioneer en het Brokers Baking 4 Hope (BB4H) van stapel gestuur. Personeel bak gereeld pannekoek wat hulle verkoop en skenk die opbrengste aan ouetehuise en ander behoeftige instansies.

Versekering is nie ‘n luukse nie

Elretha het ook oor die lug gemaan dat kliënte wat geldelike nood ervaar, nie drastiese besluite moet neem om versekering te kanselleer sonder om dit met hul makelaar of adviseur te bespreek nie.

“Dis hier waar ‘n goeie verhouding met ‘n makelaar wat jy kan vertrou, belangrik is. Julle moet kan sit en ‘n plan bewerkstellig. Kyk na die kern van jou besigheid. Wat bepaal jou inkomste? Sorg dat dit verseker is.”

Kliënte by die opening.

Sy raai kliënte in ‘n penarie aan om eers luukse items soos “gespesifiseerde alle risiko” van portefeuljes te verwyder en dit later, sou hulle posisie verbeter, weer by te voeg.

“Daar is opsies soos beperkte versekering of derdepartydekking alleen. Daar is áltyd ‘n plan om te maak. Het jy ‘n geldige testament en is dit opgedateer? Almal moet verantwoordelikheid neem vir hul besluite en dis hier waar ons met ons kliënte hande neem.”

Pieter het bygevoeg dat dit vir NWK belangrik is om ‘n eenstopdiens aan kliënte te kan lewer. “Deel van dit is die lewering van finansiële dienste en NWK4Sure Brokers skakel dus in by ons totale sakemodel.”

Harm Bronkhorst (maatskappysekretaris van NWK4Sure Brokers), Anna-Marie van Rooyen (direkteur van NWK4Sure Brokers), Elretha, Alf White (direkteur van NWK4Sure Brokers) en Pieter (direkteur en voorsitter van die raad van NWK4Sure Brokers).

Met die snelle verandering van tegnologie en produsente wat toenemend hommeltuie inspan, moes die versekeringsbedryf hierby aanpas. “Die makelaars by NWK4Sure is kundig oor die beskikbare tegnologie en volg ‘n meer risikogebaseerde benadering ten einde die beste produkte vir kliënte op die tafel te kan sit,” het Pieter afgesluit.

Theo Rabe (uitgetrede groephoof- uitvoerende beampte van NWK) spreek kliënte toe.
Riaan Jansen van Vuuren van NWK Vloeibare Kunsmis.
Werner Erasmus en Israel Letsoge van NWK Meganisasie.
Tags: MRT/APR 2025
Previous Post

Almal wen met NWK se Lojaliteitsprogram

Next Post

NWK Meganisasie-klant glimlag breed oor splinternuwe New Holland wat hy wen

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In