• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

14 Mar 2025
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei
Share on Facebook

Verkleurmannetjie “trap suutjies” by NWK se hoofkantoor

NWK se hoofkantoor het sy eie verkleurmannetjie! Personeel wie se kantore op die binnehof uitkyk, is bevoorreg om dié reptiel van tyd tot tyd te gewaar. Hulle het een oggend foto’s geneem toe die diertjie meteens ’n naaldekoker gevang en verorber het. Hy het ’n paar dae later begin vervel en personeel het hul ook hieraan verwonder.

Tot vroeg in 2022 was daar volgens bronne slegs 19 spesies verkleurmannetjies in Suid-Afrika. Dié getal het intussen verander, met drie nuwe spesies wat bygevoeg is en die totaal na 22 neem. Van hierdie spesies behoort 19 aan die Bradypodion-familie – beter bekend as dwergverkleurmannetjies.

Likkewaan reis saam

Die South African Wildlife Rehabilitation Centre (SAWRC) het in Februarie ’n “noodkreet” van iemand ontvang wat van ’n wegbreek na Marloth Park in Mpumalanga teruggekeer het en ontdek het dat hulle ’n vreemde reisgenoot na Gauteng teruggebring het. ’n Klein Suid-Afrikaanse likkewaan – ’n rock monitor (Varanus albigularis) – het op een of ander manier in die voertuig geklim. Hy is ondersoek en het hy die nodig hidrasie­terapie ontvang en sal eers­daags in sy natuurlike habitat vrygelaat word. Vroulike likkewane weeg sowat 5 kg, terwyl die mannetjies tot 17 kg kan weeg.

Uile se manewales

Die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing is toegewy aan die beskerming van uile en moet gereeld van dié geveerdes gaan red. Hierdie nonnetjiesuil het amper met die bus Pofadder toe gereis. Gelukkig kon hy by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park ’n “kaartjie” na die uilreddingsentrum kry. Sodra die span daar seker gemaak het dat die reisiger gesond is, sal hy weer vrygelaat word.

Hierdie nonnetjiesuile het hul intrek geneem in ’n groot verspreidingsentrum in Johannesburg. Hulle moes in ’n meer geskikte gebied hervestig word omdat hul nagtelike aktiwiteite die bewe­gingsensor-alarms heeltyd laat afgaan het.

Boom van die jaar

Het jy geweet dat die boom van die jaar die melkhoutboom (Sideroxylon inerme) is? Dit staan ook bekend as die melkbessie of witmelkhout. Dié bome en struike is blaarryk, groei meestal naby die see en leef lank. Die vrugte is vlesig, pers­swart en sowat 1,2 cm in deursnee. Hulle is eetbaar, maar nie almal is smaaklik nie. Melkhoutbome is beskermd in Suid-Afrika en geen deel van só ’n boom mag afgekap word sonder toestemming van die Departement Bosbou, Visserye en die Omgewing nie.

Bekende witmelkhoutbome is:

  • Die Poskantoorboom in Mosselbaai is deur die vroeë Portugese ontdekkingsreisigers as ’n poskantoor gebruik. Dit is geleë op die terrein van die Bartolomeus Dias-museumkompleks in Markstraat.
  • Die Verdragsboom is in Treaty Road, Woodstock, waar daar op 10 Januarie 1806 ’n vredesverdrag ná die Slag van Blaauwberg onderteken is. Die terrein is in 1967 tot ’n gedenkwaardigheid verklaar.
  • Die Rhenosterfontein-melkhoutboom is op die plaas Rhenosterfontein, 5 km buite Bredasdorp, geleë. Dit is meer as 1 000 jaar oud en het ’n stamom­trek van 3,22 m, ’n stamdeur­snee van 1,02 m, ’n kroonhoogte van 9 m en ’n kroonbreedte van 20 m.

Bron: Wikipedia

Tags: MRT/APR 2025
Previous Post

Opvolgbeplanning bewaar jou erfenis

Next Post

Graangradering verseker billike handel

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In