• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, Jul 30, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Verminder spuitkoste met hommeltuie

Roneldi van der Westhuizen, Bestuurder: Hommeltuigdienste

29 Jul 2026
in Tegniek
Verminder spuitkoste met hommeltuie

AgTech@NWK se indrukwekkende sentrum, wat onder andere die grootste DJI-hommeltuigwerkswinkel van sy soort in Suid-Afrika huisves. Die AgTech@NWK-span is agente vir DJI-landbouhommeltuie en doen ook onderhoud en herstel daarvan.

Share on Facebook

Insetkoste bly een van die grootste uitdagings vir moderne produsente. Landbouchemiese middels en die toediening daarvan vorm ‘n groot deel van die produksiekoste en met pryse wat voortdurend styg, word dit al belangriker om hierdie insette so doeltreffend moontlik te gebruik.

HOMMELTUIE (drones) wen vinnig veld vir die toe­d­iening van landbouchemikalieë. Hoewel hommeltuie aanvanklik hoofsaaklik vir gewaskartering en monitering gebruik is, speel hulle nou toenemend ‘n belangrike rol in die presisietoediening van landbouchemikalieë.

Navorsing en veldproewe uit verskeie lande toon dat spuitwerk met hommeltuie tussen 20% en 40% minder chemikalieë benodig as gemeganiseerde spuite (trekkerspuite en hoogloopspuite), sonder om die doeltreffendheid van plaagbeheer in te boet. Die rede hiervoor lê hoofsaaklik in presiese toediening, minder oorvleueling en beter beheer oor waar chemikalieë toegedien word.

Presisie begin by hoogte

Een van die grootste verskille tussen hommeltuig-bespui­ting en konvensionele spuitmetodes is die hoogte waarop gespuit word. Vliegtuie spuit op hoër hoogtes, wat dikwels veroorsaak dat ‘n gedeelte van die spuitstof wegdryf of op areas beland waar dit nie benodig word nie. Daarenteen kom hommeltuie baie nader aan die gewas en vlieg in die meeste gevalle ongeveer 1 meter tot 3 meter bo die gewaskroon.

Hierdie laer spuithoogte help om spuitdrywing te vermin­der en verseker dat ‘n groter deel van die chemikalieë op die teiken beland. Die gevolg is dat minder van die produk verlore gaan en minder chemikalieë benodig word om dieselfde resultaat te bereik.

Slim tegnologie vir slimmer bespuiting

Die werklike krag van hommeltuig-tegnologie lê egter in die integrasie met presisieboerdery-
stelsels. Produsente kan met behulp van GPS, veldkaarte en digitale data presies bepaal waar probleme soos onkruid, insekte of siektes voorkom. In plaas daarvan om ‘n hele land te behandel, kan ‘n hommel­tuig net die spesifieke areas spuit waar dit nodig is.

Hierdie benadering, bekend as plek-spesifieke toediening, help om chemikalieë baie meer doelgerig te gebruik. Dit beteken dat chemikalieë nie op gesonde dele van die land gespuit word waar dit nie nodig is nie – ‘n faktor wat ‘n groot rol speel in die vermindering van insetkoste.

MINDER WATER, MEER DOELTREFFENDHEID

Nog ‘n belangrike verskil tussen hommeltuig-bespuiting en gemeganiseerde spuite is die hoe­veelheid water wat gebruik word.

  • Gemeganiseerde spuite gebruik tipies 150 liter tot 500 liter water per hektaar as medium vir die chemikalieë.
  • Hommeltuie werk egter met baie kleiner volumes water – gewoonlik tussen 10 liter
    en 30 liter per hektaar. Dit help om spuitwerk vinniger en meer doeltreffend te voltooi, veral gedurende belangrike tye in die
  • Hierdie lae-volume spuitmetode bied verskeie voordele:
  • Minder water wat vervoer en gemeng moet word.
  • Minder tyd wat spandeer word om die spuit te h
  • Vinniger reaksie op plaagdruk.

TOEGANG TOT MOEILIKE LANDE

Hommeltuie bied ‘n oplossing vir gevalle wanneer gemeganiseerde spuite sukkel om doeltreffend te werk. Nat lande, ongelyke terreine of hoë gewasse kan dit onmoontlik maak vir trekkers om spuitwerk te doen sonder om die gewas te beskadig. Aangesien hommeltuie oor die land vlieg, kan hulle areas bereik waar trekkers nie kan werk nie. Dit beteken dat spuitwerk steeds betyds gedoen kan word, selfs onder moeilike toestande.

Nog ‘n voordeel is dat hommeltuie geen grondverdigting veroorsaak nie, wat oor die langtermyn voordelig vir gewasproduksie is. Hulle trap ook nie op plante nie, terwyl veral hoogloopspuite op plante trap.

MINDER OORVLEUELING, MINDER VERMORSING

‘n Uitdaging met gemeganiseerde spuitwerk isoorvleueling tussen spuitbane. Wanneer ge­deel­tes dubbel gespuit word, impliseer dit die onnodige gebruik van chemikalieë. Hommeltuie gebruik vooraf geprogrammeerde vlugroetes wat deur ‘n GPS beheer word. Hierdie tegnologie help om spuitbane akkuraat te volg en oorvleueling tot die minimum te beperk. Die resultaat is meer eenvormige dekking en minder vermorsing van chemikalieë.

Belangrike vrae vir produsente bly natuurlik: Hoe­veel geld kan gespaar word? So wat beteken dit vir die produsent se sak?

Verskeie studies oor bespuiting met hommeltuie toon dat produsente gemiddeld 20% tot 40% minder landbouchemikalieë gebruik wanneer hommeltuie vir spuitwerk aangewend word. Boonop word daar dikwels ook bespaar op water, bymiddels, brandstof en arbeid.

Hierdie besparings kan oor tyd ‘n beduidende verskil ten opsigte van winsgewendheid maak.

Praktiese voorbeeld

Indien ‘n produsent gemiddeld R1 500 per hektaar aan chemikalieë bestee:

20%-besparing = R300/ha

30%-besparing = R450/ha

40%-besparing = R600/ha

Op ‘n plaas van 500 ha kan dit dus ‘n besparing van R150 000 tot R300 000 per seisoen beteken.

Meer as net kostebesparing

Benewens die finansiële besparing, bied hommeltuig-tegnologie ook verskeie ander voordele vir die moderne boerdery.

  • Aangesien die operateur nie direk in kontak met chemikalieë kom nie, word blootstelling aan spuitmiddels verminder.
  • Die tegnologie maak dit ook moontlik om vinnig te reageer wanneer plaagdruk of siekte-uitbrekings voorkom.
  • Verder help die meer presiese gebruik van chemikalieë om die omgewingsimpak en residuvlakke in gewasse te verminder.

Hierdie faktore dra alles by tot ‘n meer volhoubare landboustelsel.

Samevatting

Namate tegnologie ontwikkel en meer produsente bewus raak van die voordele van presisieboerdery, word hommeltuie al hoe belangriker as ‘n hulpmiddel op die plaas. Met die potensiaal om chemiese gebruik met tot 40% te verminder, bied hommeltuig-bespuiting nie net ‘n tegnologiese voordeel nie, maar ook ‘n praktiese manier om koste te beheer en meer volhoubaar te boer. In ‘n landboubedryf waar elke rand tel, kan hierdie tegnologie ‘n belangrike rol speel om produsente te help om slimmer en winsgewender te boer.

Bronnelys

  1. Das A, Kadawla K, Nath H, Chakraborty S & Ali H, 2024. Drone-based intelligent spraying of pesticides: Current challenges and future prospects. Springer
  2. Jeevan N & Pazhanivelan S, 2024. Drone-assisted herbicide optimisation for weed control and economics in rice. ResearchGate
  3. Patil AS, Mailapalli DR & Singh PK, 2024. Drone technology reshaping agriculture: A meta-review. Journal of Agriculture and Food Research
  4. Safaeinejad M, Ghasemi-Nejad-Raeini M & Taki M, 2025. Reducing energy and environmental footprint in agriculture. PLOS ONE
  5. Singh G, Singh S & Alam MN, 2023. Efficient and sustainable farming: Harnessing drone-based intelligent spraying. Taylor & Francis
Tags: Jul/Aug 2026
Previous Post

Dubbelbespiering: Is dié spiere net vir vertoon?

Next Post

Bestuur landbourisiko’s volgens weerstoestande

Recommended

Elke boerdery het ‘n filosofie

Elke boerdery het ‘n filosofie

29 Jul 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

29 Jul 2026
Optimise fertiliser use with soil nutrients

Optimise fertiliser use with soil nutrients

29 Jul 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Elke boerdery het ‘n filosofie

Elke boerdery het ‘n filosofie

29 Jul 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

29 Jul 2026
Optimise fertiliser use with soil nutrients

Optimise fertiliser use with soil nutrients

29 Jul 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In