• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Sep 14, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

NWK gesels oor resultate op verskeie fronte

Johan Smit, Arena-redaksie

14 Sep 2026
in Dinamiese vennoot
NWK gesels oor resultate op verskeie fronte

Pieter Jansen van Vuuren, voorsitter van NWK Beherend Beperk (links), en Thinus Botha van Lichtenburg, wat by die algemene jaarvergadering as wyksdirekteur verkies is.

Share on Facebook

NWK Beherend Beperk se algemene jaarvergadering het op 28 Augustus by die NWK Opleidingsentrum in Lichtenburg plaasgevind. Dit het gevolg op ‘n reeks inligtingsvergaderings wat in aanloop van die vergadering regdeur die NWK-gebied gehou is.

Tydens dié vergaderings – wat op Coligny, Delareyville, Sannieshof, Mareetsane, Klippan, Koster, Lichtenburg en die Omkyk Feessaal aangebied is – het die bestuurspan aan aandeelhouers terugvoer gegee oor die finansiële resultate vir die jaar tot 30 April, graanaangeleenthede en insetverskaffing.

Leiers gesels oor prestasies en uitdagings

In sy eerste voorsittersrede sedert hy twaalf maande gelede die leisels as voorsitter oorgeneem het, het Pieter Jansen van Vuuren die omset van R5 882 miljoen en ‘n nabelaste wins van R5 miljoen (2025: R115 miljoen) wat behaal is, as teleurstellend beskryf.

Van Vuuren het genoem dat die resultaat grootliks toe te skryf is aan uitdagings waaroor NWK nie beheer het nie. Hy het ook ligpunte en knelpunte van die oorsigtydperk uitgelig.

Pieter Kleingeld, groephoof- uitvoerende beampte, het in sy aanbieding uitgewys dat die wesensverlies hoofsaaklik deur moeilike marktoestande en swak sonneblomgehalte veroorsaak is. Dit het gelei tot ‘n verlies van R33 miljoen in die Graansegment en ‘n verlies van R88 miljoen by Epko. Die Handelsegment en Finansiële dienste het gesonde groei van onderskeidelik 100% en 19,4% behaal. Hoofkantoorkoste, oftewel oorhoofse koste, is goed onder beheer.

“Die eerste kwartaal van die nuwe finansiële jaar toon reeds rekordresultate. Die werk van die afgelope twee jaar rakende voorsienings en hoe die besigheid bedryf word, is besig om resultate te lewer. NWK is goed op koers om weer die resultate van twee jaar gelede te behaal,” het Kleingeld gesê. Wat graanbemarking betref, sal ‘n meer konserwatiewe benadering in die toekoms gevolg word.

Lemmer Vermooten, ‘n aandeelhouer, het gesê die lae winssyfers het as skok gekom, maar dat ‘n mens ook nie die goeie dinge wat NWK gedoen het, moet vergeet nie. Hy het gesê die nuwe drogingsfasiliteite wat NWK aangeskaf het, produsente in staat gestel het om hul sojabone te lewer sonder die risiko van oopspring. Met NWK se nuwe finansieringsproduk het hy op opbergingskoste gespaar en kon hy onlangs die beter prysvlakke benut.

Alf White, NWK se groephoof- finansiële beampte, het op sy beurt die segmentele resultate bespreek en uitgewys dat gesonde balansstaatbestuur toegepas word terwyl die besigheidsbasis steeds gesond is. Hoewel die ekwiteitsverhouding afgeneem het, is die kapitaalverhoudings jaar op jaar konstant en toon dié geen wesenlike bewegings nie.

Benewens die verkiesing van raadslede en die goedkeuring van gewone en spesiale besluite deur aandeelhouers, het die voorsitters van bepaalde direksiekomitees tydens die vergadering soos volg verslag gedoen:

  • Mensekapitaalkomitee: Christo van Niekerk
  • Maatskaplike, etiese en volhoubaarheidskomitee: Kobus du Preez
  • Oudit en risikokomitee: Marius Schoeman
Pieter Roodt en Danie van der Walt van Lichtenburg – beide aandeelhouers van NWK Beherend Beperk – in gesprek met Pieter Kleingeld, groephoof- uitvoerende beampte, na afloop van die algemene jaarvergadering.

By die jaarvergadering gehoor…

  • NWK het 3 018 km se grondpaaie geskraap.
  • 300 km se paaie is oorgebou.
  • NWK Logistiek beskik oor 40 vragmotors en 5 brandstoftenkers.
  • Beplande uitbreidings sluit elektriese vragmotors en spoorvervoer in.
  • Epko se nuwe verfyningsaanleg sal in 2026 operasioneel wees.
  • Verwerking van kanola deur Epko is in die ondersoekfase.
  • FuelUp@NWK is ‘n nuwe handelsmerk wat uitgerol word.
  • Meganisasie het dié seisoen 12 stropers en 170 trekkers verkoop.
  • NWK Beherend-aandeelhouers verdien 685 aandele vir elke R100 000 se besigheid met NWK gedoen.
Tags: Sep/Okt 2026
Previous Post

July/August 2026: Agricultural economic report

Recommended

NWK gesels oor resultate op verskeie fronte

NWK gesels oor resultate op verskeie fronte

14 Sep 2026
July/August 2026: Agricultural economic report

July/August 2026: Agricultural economic report

31 Aug 2026
NWK trap diep spore met skoolskoenprojek

NWK trap diep spore met skoolskoenprojek

7 Aug 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK gesels oor resultate op verskeie fronte

NWK gesels oor resultate op verskeie fronte

14 Sep 2026
July/August 2026: Agricultural economic report

July/August 2026: Agricultural economic report

31 Aug 2026
NWK trap diep spore met skoolskoenprojek

NWK trap diep spore met skoolskoenprojek

7 Aug 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In