
Betroubare vervoer is noodsaaklik vir produsente, landbou-ondernemings en vervoerders. Wanneer ‘n voertuig stilstaan, staan meer as net ‘n vragmotor stil – die hele voorsieningsketting kan geraak word. Dit is juis hier waar Laubstar Fleet Services ‘n belangrike rol speel: Om ondernemings te help om hul vloot aan die beweeg te hou en hul bedrywighede met vertroue voort te sit.
Met meer as 40 jaar se ervaring in die kommersiële voertuigbedryf het Laubstar hom gevestig as ‘n betroubare naam in vragmotor- en sleepwaverkope, onderdele en tegniese ondersteuning. Vandag is die onderneming ‘n multi-franchise-handelaarsgroep wat onder meer FAW Trucks, IVECO, Powerstar en UD Trucks verteenwoordig.
‘N ALLES-IN-EEN VERVOEROPLOSSING
Laubstar se fokus gaan egter verder as die verkoop van ‘n nuwe vragmotor. Die doel is om ‘n volledige vervoeroplossing te bied wat by elke kliënt se unieke behoeftes aangepas is. Dit sluit nuwe en gebruikte vragmotors, finansiering, inruilopsies, vlootkonsultasies en verskeie bak- en voertuigoplossings in.
Hierdie benadering is veral waardevol vir die landbousektor. Landbouprodukte, veevoer, kunsmis, toerusting en ander insette moet dikwels oor groot afstande vervoer word – en tyd is geld. Laubstar ondersteun reeds ‘n wye verskeidenheid bedrywe, waaronder algemene landbou, vee, voer, suiwel, langafstandvervoer, konstruksie, mynbou en vinnigbewegende verbruikersgoedere (fast-moving consumer goods of FMCG).
‘n Belangrike deel van Laubstar se aanbod is sy naverkoopondersteuning. Die onderneming bied vragmotor- en sleepwadiens en herstelwerk, onderhoudskontrakte, paneelklopwerk, outo-elektriese dienste, sweiswerk en wielsporing. Met vaardige tegnici en toegang tot ‘n uitgebreide reeks onderdele word daar op vinnige en professionele ondersteuning gefokus om stilstand tot die minimum te beperk.
Laubstar se strategiese ligging langs die N12- en N14-vervoerkorridors versterk dié ondersteuning verder. Met takke in Klerksdorp, Potchefstroom, Lichtenburg en Upington kan dié onderneming
kliënte in Noordwes en die Noord-Kaap bedien – streke waar landbou, mynbou, logistiek en handel ‘n belangrike rol in die plaaslike ekonomie speel.
MEER AS NET ‘N TRANSAKSIE
Vir Laubstar gaan goeie diens uiteindelik oor meer as net ‘n transaksie. Dit gaan oor langtermynverhoudings, begrip vir ‘n kliënt se besigheid en oplossings wat werklik waarde toevoeg. Met onderhoudsplanne, vlootkonsultasie, finansieringsopsies, tegniese ondersteuning en 24/7-bystand is die fokus daarop om kliënte se bedrywighede so glad as moontlik te laat verloop.
In ‘n sektor waar betroubaarheid, koste en tyd elke dag ‘n rol speel, bly Laubstar se doel eenvoudig: Om die regte vervoeroplossing, ondersteuning en kundigheid aan kliënte te bied sodat hulle kan fokus op wat hulle die beste doen.
laubstar.co.za
info@laubstar.co.za
Lichtenburg,
Potchefstroom,
Klerksdorp,
Upington.






