• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Nov 17, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technical
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technical
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Jongboer-wenner blom op Berg-en-Dal

Karina Muller, Arena-medewerker en Lizette Labuschagne, Arena-redakteur

17 Nov 2026
in Dinamiese vennoot
Jongboer-wenner blom op Berg-en-Dal

Joy en André van Deventer in ‘n blomtonnel saam met hul seuns, Luuk, Arjan en Bram.

Share on Facebook

Joy van Deventer, ‘n blommeboer van die Brits-omgewing in Noordwes, het in September geskiedenis gemaak toe sy aangewys is as Agri NW se eerste vroulike Jongboer van die Jaar. Sy verbou hoofsaaklik krisante in tonnels, wat aan sowel plaaslike as buitelandse markte gelewer word.

JOY is beskeie oor die toekenning as Agri NW se Jongboer van die Jaar. Sy het nie self ingeskryf nie, maar is genomineer. “Ek is nie iemand wat myself vooropstel nie,” vertel sy.

Haar man, André, het ‘n elektriese onderneming in Brits, maar is ook haar groot steunpilaar op die blommeplaas. Hulle het drie seuntjies, Luuk (8), Arjan (5) en Bram (3). Hoewel dit moeilik is, wend Joy ‘n doelgerigte poging aan om haar boerdery en gesinslewe te balanseer.

Só het die saadjie ontkiem

Joy is in Nederland gebore en haar ouers was albei by die blombedryf betrokke. Nadat sy aan Hoërskool Brits gematrikuleer het, is sy terug na haar geboorteland om meer oor die bloemistebedryf te leer. Sy het sowat vier jaar gelede met haar blomplaas, Berg-en-Dal, begin. Haar spesialiteit is krisante – in verskeie groottes, varië­teite en kleure. Sy hou van dié blomsoort omdat dit veelsydig is en lank hou. Sy toets ook jaarliks nuwe variëteite.

Een van haar grootste uitdagings het gekom toe sy pas met die boerdery begin het en ‘n siekte in die grond geïdentifiseer is. Sy moes dadelik geld bymekaar skraap om ‘n duur steenkool-aangedrewe stomer te koop waarmee die grond gesteriliseer kon word. Joy meen haar boer­dery is besonder intensief, omdat dit nie seisoenaal is nie en daar vyf keer per jaar geplant word.

Die meeste van Berg-en-Dal se krisante word aan Woolworths verskaf. Die res word aan die
Johannesburgse Blommemark en markte in Kaapstad en Durban gelewer. ‘n Klein persentasie word na Mauritius, Réunion en die Midde-Ooste uitgevoer.

Lucy Mashbana se taak is om die volwasse blomme te meet en te pluk.
Benedict Sasebola besig om plantjies in die grond te kry.

Harde werk werp vrugte af

Joy meen haar aanwysing as Agri NW se Jongboer van die Jaar is ‘n groot pluimpie. “Ek voel geëerd dat ek raakgesien word. Dit is ook groot blootstelling vir die blombedryf.” Buiten vir ‘n kontantprys van R10 000, het sy ook die trotse eienaar geword van ‘n hommeltuig – ‘n DJI Agras T55-hommeltuig, geskenk deur AgTech@NWK – ‘n veeldoelige landbouhommeltuig vir spuit-, strooi-en ligtoepassings.

Sy is uiters opgewonde oor die handige geskenk wat sy as prys ontvang het en het aangedui dat sy dit heel eerste wil gebruik om skaduverf, ook be­kend as kweekhuisverf, op haar tonnels te spuit. Die verf verminder hitte en help om plante teen sonbrand te beskerm. Sy besin nog oor wat om met haar kontantprys van R10 000 te doen.

Roneldi van der Westhuizen, bestuurder van hommeltuigdienste by AgTech@NWK, sê dit is ‘n groot voorreg om by die Jongboer van die Jaar-projek betrokke te wees. “NWK is meer as net ‘n korporatiewe maatskappy, en het altyd ten doel om boere te help waar moontlik,” het sy bygevoeg.

As wenner in Noordwes, is Joy outomaties ‘n finalis in Agri SA se Jongboer van die Jaar-kompetisie. Teen druktyd het die beoordeling reeds plaasgevind. Die nasionale wenner word op 26 November bekendgemaak.

Daan van der Merwe (Agri NW-president) by die drie finaliste, Marshan Moll, JP Nel en Joy van Deventer (wenner), die twee visepresidente, André Strydom en Gideon van Zyl, en die uitvoerende hoofbestuurder, Naudé Pienaar.
AgTech@NWK se Zander Botha (landboutegnikus) en Suné Dreyer (verkoops­verteenwoordiger) het die DJI Agras T55-hommeltuig aan Joy van Deventer (middel) oorhandig.

Oor vroue en verenigings

Joy het sowat ‘n jaar gelede die boerevereniging, Agri Bokfontein, tot stand gebring en is ook die voorsitter. “Iemand moet begin sodat produsente kan saamstaan om die uitdagings in hierdie bedryf saam aan te pak.” Voordat sy Agri Bokfontein gestig het, was Joy ‘n virtuele lid van Agri NW.

Sy meen dit neem vroueprodusente langer as hul manlike eweknieë om hulself in die bedryf te laat geld. “Dit neem net soveel langer om almal wat jou pad kruis se respek te verdien – van werkers tot verskaffers. Maar wanneer jy daar is, verloop alles glad.”

Joy is ‘n NWK-klant en is baie dankbaar dat daar onlangs ‘n NWK Retail-winkel naby hulle plaas geopen het. Sy doen graag daar aankope.

Belangrike spesifikasies van die DJI Agras T55

Die DJI Agras T55-hommeltuig het ‘n spuittenk van 50 liter, met ‘n vloeitempo van 40 ℓ/min en standaard dubbele spuitkoppe.

Hierdie model het ‘n strooibak van 80 liter (55 kg strooikapasiteit) en ‘n strooitempo van tot 400 kg/min.

Die hommeltuig het ‘n ligvermoë van 40 kg, outomatiese balansering en noodkabel-vrystelling.

Dit het ook nuwe-generasie millimeter-golfradars, wat 250 000 punte per sekonde vasvang en onder meer help om kragkabels en ander obstruksies te vermy.

Verder beskik die DJI Agras T55 oor ‘n uitstekende Tri-Vision stelsel, 360° horisontaal en 180° vertikaal, vir voetgangers en voertuie tydens opstyging en landing.

Tags: Nov/Des 2026
Previous Post

Talle loopbane wink vir die jeug


Recommended

Jongboer-wenner blom op Berg-en-Dal

Jongboer-wenner blom op Berg-en-Dal

17 Nov 2026
Talle loopbane wink vir die jeug

Talle loopbane wink vir die jeug

16 Nov 2026
Ontmoet NWK Arena se nuwe redakteur

Ontmoet NWK Arena se nuwe redakteur

16 Nov 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek
  • Uncategorised

Nuutste/Latest

Jongboer-wenner blom op Berg-en-Dal

Jongboer-wenner blom op Berg-en-Dal

17 Nov 2026
Talle loopbane wink vir die jeug

Talle loopbane wink vir die jeug

16 Nov 2026
Ontmoet NWK Arena se nuwe redakteur

Ontmoet NWK Arena se nuwe redakteur

16 Nov 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In