• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Roei dié euwel uit met doeltreffende beheer

Jacobus Claassens, NWK Landboubestuursdienste

8 Feb 2022
in Tegniek
Roei dié euwel uit met doeltreffende beheer

Dubbeltjie-saad is hard en houtagtig, en verander van groen na bruin soos dit ryp word.

Share on Facebook

Winteronkruid bly ’n probleem in die semi-droë streke van Suid-Afrika, veral waar vogbewaring van die uiterste belang is. Die Emex-dubbeltjie (ook bekend as die Kaapse dubbeltjie) beskik oor die vermoë om baie vog te onttrek, asook om hardkoppig weerstand teen onkruidbeheer te bied.

Die Emex-dubbeltjie (E. australis) is inheems tot Suid-Afrika (die Kaapse provinsies), alhoewel dit aanvanklik in Australië benaam is. Die plant is oorspronklik vir vitamiene C vir skeepsbemanning geplant en die verspreiding het met skepe plaasgevind. Dit is ’n half-regop eenjarige plant wat tot 60 cm hoog kan groei en beskik oor ’n sterk penwortelstelsel, wat vog goed kan benut.

Saad

Die saad beskik oor drie dorings, wat die verspreiding vergemaklik, en het die vermoë om verskeie van die algemene beheermaatreëls te oorleef omdat dit ná vorming tussen twee en ses maande dormant is.

Dit is uiters sensitief vir geskikte omgewingstoestande om te ontkiem en het gevolglik die vermoë om vir die ideale toestande vir ontkieming te wag. Tussen 80% en 95% van die vorige seisoen se saad sal gedurende die daaropvolgende seisoen ontkiem sodra die omgewingstoestande reg is. Die res van die saad sal dormant in die grond bly en klimaatspatrone volg.

Plante wat onder stremming groei of ’n kort groeiseisoen het, produseer minder as tien sade per plant, maar kan tot 1 100 sade in gunstige toestande produseer.

Meganiese bewerking bevorder die saad se ontkieming, met vlak bewerking van 1 cm tot 5 cm wat die beste ontkieming veroorsaak. Indien die grond 15 cm diep bewerk word, word ontkieming onderdruk en is bevind dat slegs 18% van die sade na vier jaar op 15 cm steeds kiemkragtig sal wees. Dit skep egter steeds ’n probleem, aangesien die saad vir tot agt jaar steeds kiemkragtig kan wees.

Beheer

Die beste beheer van hierdie onkruid vind plaas voordat die plant sterk ontwikkel het (twee- tot sesblaarstadium), waarna die sukses met meganiese en chemiese beheer afneem.

CHEMIES

  • Tydigheid is van die uiterste belang wanneer die plant chemies beheer word – nie net om ’n klein, swak plant te vergiftig nie, maar ook om saadproduksie te verhoed, wat binne ses weke na ontkieming reeds kan begin.
  • Sodra die lopers gevorm het, is die meeste onkruiddoders wat teen die korrekte etiket-aanbeveling toegedien word onsuksesvol en word weerstand teen die gif opgebou.
  • Die beheer van die plant duur verskeie seisoene en daar moet verkieslik ’n afwisseling met onkruiddoders plaasvind om weerstand te beperk.
  • Aangesien dit ’n breëblaaronkruid is, word dit makliker beheer in grasgewasse soos mielies as wat die geval in sonneblom of boongewasse is. Tabel 1 gee ’n paar aktiewe bestanddele wat die onkruid in mielies beheer.

MEGANIES

  • In klein gedeeltes of waar min plante voorkom, kan die onkruid meganies met die hand gekap word. Dis belangrik dat die penwortel onder die grond afgekap word.
  • Wanneer die plant oor groot gedeeltes strek, kan ’n vlak vlerkskaarbewerking toegepas word om die penwortel onder die grond af te sny en kan die plant min skade veroorsaak as dit nog nie saad gemaak het nie.

In lande wat deurtrek is van die plant en sade reeds voorkom, is die beste manier om die plant met sy saad diep in die grond in te werk met ’n ploeg. Aangesien die saad sukkel om dieper as 15 cm te ontkiem, moet die ploegaksie minstens 20 cm tot 25 cm diep wees.

’n Volwasse Emex-dubbeltjie met ’n sterk penwortelstelsel.

Samevatting

Hierdie hardnekkige onkruid met sy Suid-Afrikaanse oorsprong is net so gehard soos sy land se mense, maar produsente kan met die regte hulpmiddels die stryd teen Emex wen. Die antwoord lê in tydige on­kruid­beheer en om veral te voorkom dat die pes saad vorm, wat potensieel jare kan neem om uit te wis.

Bronnelys

  1. CABI, 2019. Invasive species compendium. https://www.cabi.org/isc/datasheet/20826
  2. Hugo E, 2019. Control of weeds in maize and wheat – Part 1: Spiny Emex. https://www.grainsa.co.za/control-of-weeds-in-maize-and-wheat-part-1-spiny-emex
Previous Post

Sojabone is ’n goeie alternatief vir sonneblom

Next Post

’n Kompakte dekseisoen sorg vir groter vrugbaarheid


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In