• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

’n Boer maak nog steeds ’n plan

Arno Janse van Vuuren, Tegniese redakteur

22 Mar 2022
in Tegniek
Arno Janse van Vuuren
Share on Facebook

President Cyril Ramaphosa se onlangse staatsrede het, soos dit vooraf verwag is, al die komponente van goeie regeringsbeleid bevat. Brandpunte soos die werkloosheidkwessie, ekonomiese ontwikkeling, diensverskaffing, kragopwekking en dies meer is aangespreek. Hy is ’n meester as dit kom by die aanbied van idees wat die kieserskorps graag wil hoor.

Die plaaslike landboubedryf is ook telkens onder die loep geneem met beloftes dat elektrisi­teits­voorsiening gaan verbeter, dat die spoorweë en uitvoerhawens opgeknap sal word en dat die betrokke bedryf gesien word as ’n sektor wat betekenisvolle potensiaal het om werksgeleenthede te skep. Op hierdie punt is daar dieper gedelf oor die geleenthede wat dagga en hennep bied om sowat 130 000 nuwe werksgeleenthede te skep veral in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

Die realiteit van die saak is egter dat wanneer dit kom by die uitvoering van al hierdie mooi planne, verskeie inherente gebreke van die huidige Suid-Afrikaanse bedeling hierdie planne in die wiele ry. Suid-Afrikaners is deur die bank deeglik bewus van die werklikhede rondom ons. Ons hoor al vir verskeie jare die beloftes van diensverskaffing wat sal verbeter, ekonomiese groei wat sterk staatsondersteuning sal kry, die skep van nuwe werksgeleenthede, en verskeie ander planne wat nie gerealiseer het nie.

Die plaaslike landbouscenario bevind homself tans in hierdie politieke realiteit. Die huidige somergraanseisoen is aanvanklik met groot optimisme begroet en graanprodusente het met nuwe ywer aangeplant te midde van voorspellings van ’n bonormale reënvalseisoen. Ongelukkig het sekere produksiegebiede waterskade opgedoen weens oormatige reën en in ander gebiede het die uitwerking van verskeie tropiese laagdrukstelsels rondom Madagaskar in Februarie tot vogstremming gelei. In geheel gesien is die somergraanprodusente vanjaar tog in ’n goeie posisie. Ongelukkig is groot gebiede in die Oos-Kaap en dele van die Noord-Kaap steeds droog.

Dit is werklik ’n prestasie vir ons plaaslike landboubedryf om te midde van al die politieke onsekerhede, hoë insetkoste en uitdagende klimaatstoestande steeds positiewe resultate te lewer. Onlangse hoogtepunte sluit onder andere in ’n uitvoerooreenkoms vir pere met China wat beduidende geleenthede bied. Die bessiebedryf maak homself ook gereed vir uitvoere en daar is ook verskeie nuwe geleenthede met moontlike uitvoere van graan na die oostelike Afrikalande in die lig van ongunstige klimaatstoestande in daardie streek.

Dit bring my terug na president Ramaphosa se staatsrede. Sy verwysing na die landboubedryf is met erkenning deur die landbougemeenskap ontvang. ’n Mens sou graag wou sien dat landbou as werkverskaffer, voedselvoorsiener en ekonomiese bydraer tot die verdienste van buitelandse valuta meer ondersteuning van die regering sou ontvang.

Daar was heelwat retoriek wat geslaan het op die holruggeryde ondersteu­ning van die ontwikkelende landbou, nuwe maatreëls om die cannabis-bedryf te ondersteun en beoogde wysigings aan die prosesse om waterlisensies doeltreffender uitgereik te kry. Dit is egter opvallend dat ondersteuning van die kommersiële landbou weereens nie werklik gefigureer het in die toespraak nie. Landbou word in teendeel eerder verder belas met verhoogde minimum lone, elektrisiteitskoste, brandstofpryse en stygende insetkoste. Geen woord is gerep oor moontlike regeringsondersteuning vir die landboubedryf nie.

Dit is daarom veral prysenswaardig dat die Suid-Afrikaanse produsent oor al die kommoditeite heen die bul by die horings pak en op eie houtjie opeenvolgende suksesse behaal. ’n Boer maak ’n plan en ongure weer, onvriendelike beleide en ander uitdagings, gaan ons produsente nie keer om jaar op jaar beter te vaar nie.

Tags: MRT/APR 2022
Previous Post

Twee koppe is gewis beter as een

Next Post

Lekaanvullings help met ekonomiese oorwintering van veldbeeste


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In