• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Soet witklawer – ’n bederf vir bye én beeste

Chris van Gerve, NWK Landboubestuursdienste

18 Mar 2022
in Tegniek
Soet witklawer – ’n bederf vir bye én beeste

Soet witklawer is ’n goeie bron van nektar vir bye.
Bron: https://inpn.mnhn.fr/espece/cd_nom/107886/tab/fiche

Share on Facebook

Voergewasse speel ’n groot rol in veeboerderyvertakkings en kan help om meer stabiliteit in die algehele boerdery te bewerkstellig. Soet witklawer is ’n veeldoelige voergewas wat nie net kan help met voervloeistabiliteit nie, maar ook ’n byeboerderyvertakking van nektar kan voorsien.

Soet witklawer (Melilotus alba) is ’n peulgewas wat uit Asië en Suid-Europa afkomstig is. Dit is ’n smaaklike peulgewas wat gulsig deur diere gevreet word. Al is die gewas eenjarig, saai dit homself om meerjarige groei te verseker. Die blomme is nektarryk en het ’n soet geur wat sterker word soos wat die blomme verdroog. Hierdie nektarryke blomme is uitstekende kos vir bye en kan vir dié doel geplant word. Soet witklawer het ’n sterk ontwikkelde wortelstelsel en kan droogtes goed weerstaan. Plante is redelik rypbestand en kan temperature van tot -3°C weerstaan.

Soet witklawer is ’n goeie bron van nektar vir bye.
Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Melilotus_albus

Vereistes

Dié gewas is soutverdraagsaam en groei in goed gedreineerde gronde met ’n pH van 5 tot 8. Dit is nie aangepas om in versuiptoestande te groei nie.

Soet witklawer is ’n peulplant en kan dus deur middel van Rhizobium-bakterieë selfvoorsienend aan stikstof wees. Fosfaatbemesting kan teen 15 kg tot 20 kg fosfor (P) per hektaar toegedien word en kalium teen 10 kg tot 20 kg kalium (K) per hektaar, na gelang van die grondontledings.

’n Aanvanklike bemesting van 10 kg stikstof (N) per hektaar met planttyd kan voordelig wees om die gewas vir die eerste ses weke van groei met stikstof te voorsien, voordat die Rhizobium begin funksioneer. Omdat die gewas glad nie in skadu groei nie, kan dit dus nie rond­om bome geplant word nie. Die aanplanting van soet witklawer geskied in die herfsmaande, en dit kan vanaf Maart tot April geplant word. Die optimum plantdiep­te is 15 mm tot 20 mm, teen 9 kg tot 12 kg saad per hektaar vir ’n suiwer stand en 4 kg tot 5 kg per hektaar in grasmengsels.

Gebruike

WEIDING OF HOOI

Soet witklawer kan bewei word óf vir hooidoeleindes gesny en gebaal word. Die droëmateriaalopbrengs onder besproeiing wissel van 9 t/ha tot 12 t/ha. Beweiding kan geskied sodra die eerste blomme verskyn. Die gewas verg ’n rustydperk van ongeveer ses tot agt weke ná beweiding of hooi om te herstel.

Omdat die gewas meer as 15% proteïene en ’n verteerbaarheid van meer as 60% het, is dit gelykstaande aan lusern. Die opblaas van weidende diere is altyd ’n probleem met peulgewasse en die produsent moet die beeste daarom goed dophou om verliese te voorkom.

Soet witklawer bevat die bestanddeel Coumarin en daar moet fyn gelet word dat die hooi nie verrot nie. Met verrotting word Coumarin omgeskakel in Dicoumarin, wat ’n bestanddeel is van rotgif, wat diere kan laat vrek.

DEKGEWAS

Hierdie gewas kan ook as ’n dekgewas in ’n bewaringsboerderystelsel ge­bruik word. Die plante het sterk ontwikkelde wortelstelsels en omdat dit stikstof kan ver­vaardig, kan dit stikstof vir die opvolggewas voorsien. Om gesonde grondflora te bevorder, kan dit ook as groenbemesting ingewerk word.

BYEBOERDERY

Die mees unieke gebruik van soet witklawer is vir ’n byeboerdery. Die gewas produseer ’n oormaat nektar en stuifmeel, wat een van die beste voere vir ’n byeboer se korwe is. Dit kan in die koeler maande, wanneer nektar skaars is, ’n uitstekende aanvulling wees om byekorwe te voed en te onderhou.

Samevatting

Soet witklawer is ’n goeie gewas om in die arsenaal te hê. Vir byeboere is dit ’n uitstekende gewas om korwe goed te laat produseer en volop kos vir die kouer maande te voorsien. Die hoë proteïeninhoud en verteerbaarheid maak dit ook ’n gewilde keuse vir beesboere om kalwers vinnig te laat groei en gewigstoename te bevorder.

Bronnelys

  • Gucker C, 2009. Melilotus alba, M. officinalis. In: Fire Effects Information System, [Online]. US Department of Agriculture, Forest Service, Rocky Mountain Research Station, Fire Sciences Laboratory. https://edis.ifas.ufl.edu/publication/AG191 [13 Januarie 2022]
  • Melilotus albus. Wikipedia, the free encyclopedia. https://en.wikipedia.org/wiki/Melilotus_albus [13 Januarie 2022]
  • Newman Y, Debeux J, 2017. Sweetclover production and use in Florida. https://www.fs.fed.us/database/feis/plants/forb/melspp/all.html [13 Januarie 2022]
  • https://inpn.mnhn.fr/espece/cd_nom/107886/tab/fiche
  • https://www.agricol.co.za/agricol-products/melilotus-alba/
  • https://www.barenbrug.co.za/forage/products/sweet-clover
Previous Post

Tydige identifisering van blaarsiektes voorkom oesverliese

Next Post

Grondlewende organismes: Span dit in tot jou voordeel


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In