• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Moderne sensor verseker regte lesings

Dr Koos Bornman, OMNIA Nutrilogie®

28 Mar 2022
in Tegniek
Moderne sensor verseker regte lesings
Share on Facebook

Ons leef beslis in ’n era waar sensors toenemend ontwikkel en gebruik word – van die sensor om jou pols wat jou hartklop en beweging meet, tot die sensors in die opbrengsmonitor op ’n stroper. Ui­ter­aard is daar ’n geweldige hoeveelheid navor­sing en kalibrasie agter die uit-sette van die sensors, sodat die lesings met vertroue gebruik kan word. Dieselfde beginsel geld vir die gebruik van die Minolta SPAD 502-sensor, wat met twee golflengtes binne sekondes die chlorofilinhoud van plante kan meet.

Die SPAD-meter (soil-plant analyses development) word ongelukkig soms deur oningeligte persone gebruik, sonder die algoritmes wat nodig is om sodanige chlorofilmetings (’n relatiewe indekswaarde) om te skakel na die ware stikstofbehoefte van ’n gewas soos mielies binne ’n spesifieke groeistadium.

Die risiko en finansiële implikasies wat gely kan word deur bloot ’n ongegronde aanbeveling of verkeerde advies van ’n oningeligte persoon te volg, na gelang van slegs ’n indekswaarde uit ’n ongekalibreerde instrument, kan baie hoog wees.

Omnia Nutriology® het die nodige algoritmes met toegewyde navorsing oor die bestek van nagenoeg 15 jaar saamgestel. Hoewel dié algoritmes geslote is, is die uitsette daarvan aan Omnia-personeel op verskeie platforms beskikbaar.

Grafiek 1: Veranderinge in grond-plant ontledingsontwikkeling.
Grafiek 2: Skatting van doeltreffendheid van stikstofverbruik.

Faktore wat lesings beïnvloed

Om ’n enkele meting in ’n sekere gedeelte van ’n land met ’n SPAD-meter te neem, is uiters riskant. Ruimtelike variasie speel ’n baie groot rol in vandag se boerderybestuur. Ervaring wys dat dit ook moeisaam en tydsaam is om met die SPAD-meter die totale variasie van ’n land te peil.

Buiten ruimtelike variasie, speel nog ’n reeks fasette ’n rol in die interpretasie van ’n SPAD-lesing. Enkele van hierdie faktore is:

  • Tyd van die dag.
  • Of die mielies onder vogstremming verkeer al dan nie.
  • Vry water op die blaaroppervlak.
  • Posisie van meting op die blaar.
  • Aantal herhalings per waarnemingspunt.
  • Groeistadium van die mielies.
  • Tipe gewas en kultivar (byvoorbeeld die gebruik van die SPAD-meter op gars is meestal nutteloos vir stikstofbestuur).
  • Ander voedingstekorte buiten stikstof, soos magnesium en yster.
  • Plantdigtheid.
  • Gebruik van hormone en groei-inhibeerders.
  • Tyd ná swambehandeling of ander blaarbespuitings.

Nuwe tegnologie

Die SPAD-meter-algoritmes wat deur Omnia Nutriology® ontwikkel is, is gebou op inligting wat oor jare versamel is, maar vandag word satellietsensors eerder gebruik om die rol van die SPAD-meter te vervang. Daar word nie net meer twee golflengtes gebruik vir die evaluasie van plante se stikstofinhoud nie, maar ses. Die nuwe naby-rooi bande van die Sentinel II-satellietkonstellasie word onder andere vir dié doel ingespan.

Deur gebruik te maak van nuwe gevorderde afstandwaarnemingstegnologie, kan die stikstof­inhoud van ’n gewas elke vyf dae akkuraat en omvattend gemonitor word. Elke 20 m² in ’n land word herhaaldelik geskandeer, wat ruimtelike variasie hoogs suksesvol aanspreek.

Verder is die spesifieke tyd van datavaslegging elke keer dieselfde – in die middel van die oggend, wanneer die gewas afgedroog en turgied is. Die plant se vogstatus en ander stresfaktore word inderdaad bepaal en ingesluit in die uiteindelike algoritmes wat in stikstofaanbevelings gebruik word.

Hierdie satellietmoniteringstelsel staan bekend as die SUPER-5. Dit word grotendeels gebruik om akkurate stikstofbestuur te verseker, maar word ook met groot sukses ingespan om opbrengsvoorspellings te maak, droë of versuipkolle in ’n land te identifiseer en selfs vroeë tekens van Sclerotinia uit te wys.

Samevatting

Aanbevelings deur ’n oningeligte persoon, bloot deur die gebruik van ’n sensorlesing, moet met omsigtigheid benader word. ’n Sensorwaarde is nutteloos sonder noodsaaklike wetenskaplike intelligensie daaragter.

Bronnelys

Padilla FM, De Souza R, Peña-Fleitas MT, Grasso R, Gallardo M en Thompson RB, 2019. Influence of time of day on measurement with chlorophyll meters and canopy reflectance sensors of different crop N status. Precision Agriculture

Previous Post

Grondlewende organismes: Span dit in tot jou voordeel

Next Post

Opspoorstelsels vorm ’n integrale deel van vlootbestuur


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In