• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Opspoorstelsels vorm ’n integrale deel van vlootbestuur

Elma Jansen van Vuuren, NWK & IP Makelaars

31 Mar 2022
in Nuus
Opspoorstelsels vorm ’n integrale deel van vlootbestuur
Share on Facebook

Met die steeds stygende brandstofpryse word ondernemings wat hoofsaaklik van padvervoer afhanklik is vir die verspreiding van produkte – soos produsente en logistieke maatskappye – onder toenemende druk geplaas. Beter kontrole oor die vloot en drywers kan die eienaar kosbare tyd en geld bespaar.

Te danke aan verbeterde tegnologie en kunsmatige intelligensie (KI) raak dit al makliker om drywers se gewoontes te monitor, analiseer en verbeter. Tweerigtingkameras kan van kardinale belang wees wanneer ’n vlootvoertuig in ’n ongeluk betrokke is. Die opnames wat deur die kameras gemaak word, kan help om te bepaal wat presies gebeur het sodra voertuie verby die voertuig beweeg. Dit kan ’n invloed hê op eisekoste en kan uiteindelik versekeringspremies raak.

Wanneer gekyk word na die nuutste tegnologie wat beskikbaar is, is daar verskeie maniere waarop ’n vlootbestuurstelsel die koste vir verbruik en ander uitgawes doeltreffend kan help bestuur. Hier is ’n paar opsies:

  • Roetebeplanning: Vermy hoë-verkeerroetes, waar voertuie vir lang tye staan en luier, asook tolpaaie. Om ongewenste afdwaal vanaf roetes te vermy, kan rooi/gevaargebiede vooraf bepaal word.
  • Gesigseienskap-erkenning: Deur gebruik te maak van ’n KI-kamera, word die drywer se gesigseienskappe geskandeer en gestoor, wat dan ook aan die vlooteienaar ’n waarskuwing kan stuur wanneer ’n ongemagtigde drywer of passasier die voertuig betree.
  • Drywer-moegheid: Die KI-kamera bepaal deur middel van die drywers se postuur wat sy vlak van moegheid is en kan dan ’n waarskuwing aan die vlooteienaar stuur.
  • Ongeluksimpak-herkenning: Die stelsels kan outomaties ’n impak identifiseer en die vlootbestuurder in kennis stel, wat dan vinniger kan reageer en moontlike verdere skade en verliese kan help beperk, veral waar vragte nog gelaai is.
  • Drywersverslae en opleiding: Die stelsels kan inligting versamel van die ritte wat onderneem word, wat die roete-afstand, spoed van die drywer, gereelde skielike harde remming, nie volgafstande hou nie, en stop langs roetes op onveilige of ongemagtigde plekke, noteer. Dit bemagtig die vlootbestuurder dan op sy beurt om ’n drywer doeltreffend op te lei.
  • Afleiding van aandag: Die stelsel kan byvoorbeeld bepaal wanneer ’n selfoon tydens ’n rit gebruik word.
  • Veilige volgafstandwaarskuwing: Die stelsel kan waarsku wanneer ’n voertuig te naby aan ’n ander voertuig beweeg, of selfs wanneer ’n ander voertuig dalk te naby aan hom beweeg of voor hom inbeweeg binne ’n gevaarlike afstand.
  • Intydse dataverwerking: Een van die grootste voordele met al die verbeterende tegnologie en KI is dat data deurentyd beskikbaar is.

Getuienis

IP Makelaars (nou NWK & IP Makelaars) kon met die gebruik van ’n dashcam-video-opname en opsporingsroeterekord ’n vals aanspreeklikheidseis teen ’n versekerde beveg. Hier is die getuienis:

“Ongeveer twee jaar gelede was ons in staat om deur die video-opname en opsporingsverslag van die vragmotor se roete te bewys dat die voertuig wat na bewering op ’n spesifieke dag met die derde party gebots het, nie eens in die gebied beweeg het waar die derde party beweer die vragmotor teen hom gebots het nie.

“Volgens die derde party het die ongeluk byna drie jaar vantevore plaasgevind, toe die vragmotor met hom gebots het. Die eis is na ons gestuur via die derde party se versekeraar, wat verweer het dat hulle gesukkel het om kontakbesonderhede van ons versekerde op te spoor en daarom die eis so laat teen ons versekerde ingedien het. Ons het al die nodige bewyse saam met die derdeparty-eiser se dokumente aan ons versekerde se regsafdeling gestuur vir hantering en die eis kon suksesvol weerlê word.”

Ten slotte

Opsporingstoestelle is lankal nie meer net ’n manier om jou gesteelde voertuig terug te kry nie. Vlootbestuur is ook nie meer net vir logistieke maatskappye se vragmotors nie – dit is net soveel ’n middel in die produsent se hand wat ’n vloot bakkies vir sy plaasbestuurders het om koste doeltreffend te bestuur.

Tags: MRT/APR 2022
Previous Post

Moderne sensor verseker regte lesings

Next Post

Oesversekering: Luukse of noodsaaklikheid?


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In