• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Dít maak die lewe mooi

Arno Janse van Vuuren, Tegniese redakteur, NWK Arena

17 May 2022
in Dinamiese vennoot
Hoe meer dinge verander…
Share on Facebook

Die publikasie, The Bulletin (San Francisco, Kalifornië) het op 2 Desember 1916 die credo van die skrywer Jack London gepubliseer. London was die skrywer van die gewilde boek White Fang, wat ook in later jare verfilm is. Die credo lui soos volg:

“I would rather be ashes than dust! I would rather that my spark should burn out in a brilliant blaze than it should be stifled by dry-rot. I would rather be a superb meteor, every atom of me in magnificent glow, than a sleepy and permanent planet. The function of man is to live, not to exist. I shall not waste my days trying to prolong them. I shall use my time.”

Jack London het inderdaad hierdie credo van hom uitgeleef en hoewel hy op ’n relatiewe vroeë ouderdom oorlede is, is ’n mens verstom oor wat hy in sy kort leeftyd ervaar en ondersoek het.

In aansluiting hierby skop Vaibhav Jain in TechNews (11 Februarie 2019) in ’n stukkie getiteld “Life: Full of challenges” af met die woorde “Life is beautiful but not easy”. Dit word later in die skrywe opgevolg met die volgende stelling: “No doubt, life is beautiful, and every moment is a celebration of being alive, but one should always be ready to face adversity and challenges. A person who has not encountered difficulties in life can never achieve success.” Ons praat deesdae sommer in die verbygaan van “No pain, no gain”.

Die landbousektor staan voor die deur van interessante, maar ook beslis uitdagende omstandighede, met soveel veranderlikes wat daagliks na vore tree. Sonder om te veel derms te ryg, kan ’n mens seker ’n ellelange lys van hierdie uitdagings wat die landbouprodusent in die oë staar, saamstel. Wat egter van meer belang is, is hoe ons te werk moet gaan om dit die hoof te bied. Wat myself betref, lê my landbou-energiebron in die treffende skoonheid van die Skepping waarmee ons ’n bestaan maak.

Stel jou die volgende tonele voor: Wat is meer verruklik as ’n sonneblomland wat bottergeel in die sagte strale van die oggendson staan? Wat is meer skatlik as ’n trotse skaapooi wat haar ywerige twee­linglammers met hulle skarrelende stertjies laat suip? En wat is meer hartvermurwend as ’n pasgebore kalfie wat sopnat en stomend op ’n koel oggend deur die beskermende moeder skoongelek word?

Hierdie is die dinge wat die landboubedryf as be­roeps­keuse die moeite werd maak. Dis die dinge wat ons in eerlike opregtheid en met aansluiting by die aanhalings hierbo kan laat sê: “This is what makes life beautiful.”

Natuurlik is daar tye wanneer dit swaar gaan. Natuur­lik is daar uitdagings wat soms lyk asof dit nie oplos­sings het nie. Natuurlik gaan ons moedeloos raak met tye en nie die spreekwoordelike lig aan die einde van die tonnel sien nie, maar dan lees ons Jack London se lewensfilosofie raak en ons bepeins die woorde van Vaibhav Jain. Dis dán wanneer dinge skielik weer sin maak.

Ons kan uiteraard nie die soet vrugte van die lewe smaak as ons dit nie bestuur nie. Hoe posisioneer ons onsself in ’n landbou-omgewing met soveel uitdagings? Kobus Serfontein (SA Graan/Grain, Mei 2016) gee ’n paar riglyne:

  • Neem kontrole oor wat jy kan beheer en hou op om jou te bekommer oor die dinge wat jy nie kan beheer nie.
  • Omring jouself met positiewe mense.
  • Maak ’n plan en doen wat jy doen na die beste van jou vermoë.
  • Hanteer ander persone as mense en nie as voorwerpe nie.
  • Dra jou positiewe energie oor aan die mense vir wie jy omgee.

Die lewe kan skouspelagtig wees as jy dit raaksien en dit leef. Lekker boer!

Tags: Mei/Jun 2022
Previous Post

Staat is landbousektor se swak skakel

Next Post

Die veeboer en korttermynversekering


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In