Die toenemende bedryfrisiko’s waaraan veeprodusente blootgestel word, is nie net beperk tot droogtes en die onsekerheid van markpryse nie. Die stygende koste van veemedisyne, die onvoorspelbaarheid van politieke oproer, die totale vernietigende skade van veldbrande en die veranderings in die seisoen met die wintermaande wat nou nader kruip, het ook ’n invloed op die veebedryf.
Skenk oorweging aan die volgende kuddeversekeringsopsies:
- Transitodekking vir vee van en na veilings.
- Weerligdekking, veral in bergagtige plaasgebiede.
- Verkluimingsdekking tydens koue, nat winterdae.
- Omvattende kuddedekking, wat insluit die dood van ’n versekerde dier as gevolg van ’n ongeluk, toevallige opblasing, plantvergiftiging of vergiftiging wat spruit uit voer of water.
- Impotensie van stoetbulle en -ramme deur ’n ongeluk wat lei tot ’n blywende onbekwaamheid vir natuurlike dekking.
- Siektes soos rooiwater, hartwater, galsiekte, bloednier en bloutong.
Moenie dat jou kudde se produksie onder druk geplaas word nie. Die onsekerheid van ’n verlies kan jou produksiekoste ernstig benadeel, soos in Tabel 1 geïllustreer word. Soms is die getal verliese redelik min, maar die randwaarde gekoppel aan die verlies is groot. Dit kan ’n noemenswaardige finansiële invloed vir die produsent se kuddeproduksie inhou.
’n Omvattende lewendehawe-korttermynpolis se dekking maak ook bykomend voorsiening vir dekking soos kalfuitbreiding, brandbluskoste, puinverwyderingskoste en koste verbonde aan veeartsenydienste.
Kontak ons
Kontak NWK & IP Makelaars (FDV-nommer 38330) vir ’n Landmark-kwotasie by 018 264 3604 of navrae@ipmakelaars.co.za. Landmark is ’n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FDV-nommer 12654).