• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, Aug 14, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

NWK bereik weer honderde behoeftige kinders met sy Skoolskoenprojek

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

5 Oct 2022
in Dinamiese vennoot
NWK bereik weer honderde behoeftige kinders met sy Skoolskoenprojek

‘n Leerling van Tirelo Primary School glimlag breed met ‘n pakkie splinternuwe skoolskoene, kouse, mussies, skoenpolitoer en ‘n –borsel.

Share on Facebook

NWK het hierdie week sy grooste wins ooit van die pas afgelope finansiële jaar gevier deur 512 pare skoolskoene aan minderbehoeftige laerskoolleerlinge in die Coligny-, Boikhutso- en Dudfield-omgewing naby Lichtenburg uit te deel.

Dit het gereën en was snerpend koud in Thlabologang buite Coligny op Woensdag, 27 Julie 2022 toe NWK by Matlape Primary School aangedoen het om 147 pare skoolskoene, kouse, mussies, skoenpolitoer en -borsels aan die leerlinge uit te deel. Van hulle was in kortbroekies of -rompies en plakkies geklee of het nie eens kouse aangehad nie.

Groen stringsakke van seil waarin hulle benodigdhede soos toiletware of skoolboeke kan dra, was deel van die skenking. Die totale waarde beloop sowat R204 000.

NWK onderneem hierdie projek al sedert 2012/2013 en het al meer as 5 000 leerlinge met dié noodsaaklikhede toegerus. Dit word elke jaar, met die uitsondering van 2020, in samewerking met die provinsiale departement van onderwys en mnr Samuel Nkone, voormalige areabestuurder van Ditsobotla by Noordwes se Onderwysdepartement, aangebied.

Die 122 leerlinge van die plaasskooltjie Tirelo Primary School naby Gerdau het Woensdag ook elkeen ‘n pakkie ontvang. Vrydag (29 Julie 2022) het NWK by Dudfield Primary School aangedoen waar 109 leerders elk ‘n pakkie ontvang het, terwyl 134 leerlinge van Phatsima Primary School ook splinternuwe skoolskoene en die ander toebehore ontvang het.

Ephraim Matshane, ‘n klerk, kantoor- en voorraaddienstebeampte by Creations@NWK by een van die leerders van Tirelo Primary School.

“Dit is maar ‘n klein verskil wat ons maak, maar ons moet iewers begin,” het Johan Bezuidenhout, groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie by NWK, gesê.

Benedict Modise, direkteur van Ekonomiese Ontwikkeling by NWK, het verduidelik dat nuwe skoene mense met waardigheid toerus. Hy het die leerlinge aangemoedig om hulle matriek te voltooi en NWK as werkgewer te oorweeg. Hy het uitgebrei op die vele beroepsmoontlikhede wat die maatskappy bied en gesê dat, sou hulle eendag by NWK werk, hulle met trots kan sê dat hulle reeds as klein kinders uit die maatskappy voordeel getrek het.

Benedict Modise, direkteur van ekonomiese ontwikkeling by NWK, by ‘n leerling van Matlape Primary School met die splinternuwe skoolskoene wat hy ontvang het.

Die skoolhoof van Matlape, mnr. Solomon Lesego, het NWK beskryf as die “beste in die weste” en sy opregte dank teenoor die maatskappy uitgespreek. “Ons wens is dat die hemelse Vader julle ryklik sal seën. Julle maak ‘n groot verskil in hierdie kinders se lewens.”

Die koor van Tirelo, het na afloop van die verrigtinge ‘n pragtige vertoning gelewer om ook hulle dank te betuig.

Johan Bezuidenhout, groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie by NWK en ‘n leerling van Matlape Primary School.

Petra Seymore, koördineerder van bemarking en skakeling by NWK, help leerders van Matlape Primary School om hulle nuwe skoene, kouse en mussies aan te trek.

Dankbare gesiggies van Tirelo Primary School.
Tags: Jul/Aug 2022
Previous Post

Landbou vandag

Next Post

Graanseisoen se vele uitdagings doelgerig getakel


Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In