• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

10 Nov 2022
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei
Share on Facebook

Pienk vir ‘n stewige poppie

Care for Wild is die grootste weesrenosterreservaat ter wêreld. Renosters word by die Care for Wild Rhino Sanctuary in die Barberton Natuurreservaat-kompleks ge­re­habiliteer en later in die natuur vrygelaat.

In Desember 2021 is “klein” Daisy, ’n kalfie wat onge­veer 12 uur oud was en minder as 60 kg geweeg het, deur Care for Wild gered. Sy kon nie staan nie en haar naelstring was nog steeds aan haar. Op 13 Oktober het Daisy egter ’n groot mylpaal in haar rehabilitasie­reis bereik – sy het die 200 kg-mylpaal verbygesteek.

Om dié mylpaal te vier, het Daisy ’n reuse pienk jogabal gekry om mee te speel – en wie beter om mee saam te speel as haar goeie vriend, Modjadji.

’n Beter lewe wink

Die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing is bekend vir hul reddingspogings van uile en ander diere. In September en Oktober was Brendan en Danelle Murray weer gereeld op die pad om hul reddingswerk voort te sit.

Op 14 Oktober is dié “fikse” jong dame uit ’n Virgin Active SA-gimnasium gered. Vir die Murrays is daar beslis trekke van die stigter van die Virgin Groep, sir Richard Branson.
Dié klein outjie is vroeg in Oktober binne-in ’n nuwe 2,1 miljard liter water-reservoir in Johannesburg gevang. WBHO Construction, wat die gebou voltooi het, het ’n weddenskap met Brendan aangegaan dat hy nie in die reddingspoging sou slaag nie. Nadat hulle verloor het, moes hulle ’n skenking aan die sentrum maak!
Elon, die bobbejaan, se storie het mense se harte aangegryp en is wyd op sosiale media gedeel. Nadat hy verskeie dele van Gau­teng “geterroriseer” het, is Elon uiteindelik vasgetrek en ongedeerd na ’n meer natuurlike omgewing as die bedrywige stad geneem.
Nog ’n lid van die primaat-familie is ook gered. Die Murrays het ’n vier ure-vlug onderneem om klein Jesse te gaan haal. Hy is onwettig as ’n troeteldier aangehou in ’n nedersetting en deur die polisie gekonfiskeer, waarna die Murrays gekontak is.

Kyk vir my

By VulPro, die aasvoëlbewaringsorganisasie in die Hartbeespoort-omgewing, is Oktober die tyd vir oog­ondersoeke. Veeartsenykundige oogspesialiste van Johannesburg het van naderby na die aasvoëls kom kyk. Ongelukkig moes een van die Kaapse aasvoëlkuikens wat blind geword het, uitgesit word. Die ander se sig is in ’n uitstekende kondisie.

’n Witrugaasvoël wat in 2021 met ’n plastiekpyp om sy snawel in die Olifantsrivier Privaat Wild­reservaat gevind is, is ge­re­habiliteer en vrygelaat. Danksy ’n nasporingstelsel is sy bewegings van Junie 2021 tot einde Augustus 2022 gemonitor. Klik op die QR-kode om sy roete te sien.

Tags: Nov/Des 2022
Previous Post

Bats: Misunderstood, yet so important

Next Post

Die sluipende gevaar van swamsiektes


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In