• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

NWK terug in produsente se stal

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

30 Oct 2020
in Nuus
Share on Facebook

Volgens ’n stemming wat tydens ’n spesiale aandeelhouers-vergadering op Dinsdag, 4 Augustus, gehou is, gaan slegs NWK Beherend Beperk nou ’n genoteerde entiteit wees.

Die houermaatskappy van die NWK-groep, naamlik NWK Beherend, gaan nou weer volledig in produsente se besit wees met die skema-transaksie tussen NWK Beherend, NWK Beperk en NWK-aandeelhouers toe die skema-besluit met 100% van stemme uitgebring, op Dinsdag 4 Augustus suksesvol deurgestem is.

Spesiale aandeelhouersvergaderings is daardie Dinsdag gehou waartydens daar vir dié transaksie gestem is. Hiervolgens gaan slegs NWK Beherend nou ’n genoteerde entiteit wees.

Bogenoemde vergaderings is voorafgegaan deur ’n reeks inligtingsvergaderings vroeg in Julie in NWK se bedieningsgebied, waartydens die voordele en prosedures verbonde aan die transaksie, deur NWK se hoof- uitvoerende beampte, Theo Rabe, en NWK se hoof- regsadviseur, Anna-Marie van Rooyen, uiteengesit is.

https://www.nwkarena.co.za/wp-content/uploads/2020/10/NWK-Theo-en-Heinrich.mp4

Genoteerde dubbelstruktuur

Die raad van beide NWK Beperk (NWK) en NWK Beherend Beperk (NWKB), het ná deeglike oorweging besluit dat die genoteerde dubbelstruktuur nie meer tot voordeel van die groep strek nie. Dit word onder andere toegeskryf aandie aansienlike administratiewe koste verbonde aan die dubbele organisatoriese struktuurasook die korporatiewe las van bestuurstyd wat hieraan bestee is.

“Voorts wou NWKB sy stigtersdoelwitte bereik, waarvan een die versterking van sogenaamde BFCAP-aandeelhouding (produsente) binne die NWK-groep,” het Theo verduidelik. (BFCAP staan vir Bona Fide Commercial Agricultural Producers, oftewel bona fide kommersiële landbouprodusente. Die akte van oprigting is slegs in Engels opgestel en dié begrip word spesifiek daarin omskryf en het ’n unieke betekenis).

Op 29 Mei 2020 is ongeveer 87,5% aandele in NWKB deur BFCAP-lede gehou, 10% deur NWK enongeveer 2,5% deur die NWK Lojaliteitsprogram Trust. NWKB het 79,45% aandeelhouding in NWK gehad, met NWK-minderhede die oorblywende 20,55%.

Voorgestelde transaksies

NWKB kon die NWK-minderhede se aandele bekom deur ’n skema-transaksie, óf NWKB kon ’n aanbod maak om die NWK-minderhede se aandele ingevolge ’n algemene aanbod te verkry.

https://www.nwkarena.co.za/wp-content/uploads/2020/10/theoENheinrich3_compressed.mp4

SKEMA-TRANSAKSIE

Hiervolgens verkry NWKB die oorblywende uitgereikte aandelekapitaal van NWK (20,55%) vanaf die NWK-minderhede in ooreenstemming met Artikel 114 en 115 van die Maatskappywet. As vergoeding sal NWKB nuwe aandele in NWKB uitreik aan BFCAP-lede om die koopprys teen ’n voorafbepaalde verhouding – 1,2419 NWKB-aandele vir elke een NWK-aandeel – te vereffen.

Die skema maak ook voorsiening vir NWK-minderhede wat nié BFCAP-aandeelhouers is nie, om kontant alleen te ontvang (R6 per NWK-aandeel).

Ten minste 75% van die kworum verteenwoordigend van minstens 25% NWK-minderhede moes ten gunste van die skema stem, anders sou dit verval en ’n algemene aanbod gemaak word.

Met 100% van hierdie stemme ten gunste van die skema én die kworum wat behaal is, was ’n algemene aanbod nie nodig nie.

https://www.nwkarena.co.za/wp-content/uploads/2020/10/heinrichENtheo41.mp4

Die pad vorentoe

Geen beswaar is ingevolge artikel 164 van die Maatskappywet aangeteken nie en teen Donderdag 20 Augustus het die skema-transaksie onvoorwaardelik geraak.

Die skema het op 7 September in werking getree, waarna NWK-minderhede hulle transaksievergoeding ontvang het, hetsy in die vorm van kontant of NWKB-aandele. NWK is op 8 September op 4AX gedenoteer.

Tags: Sept/Okt 2020
Previous Post

Voëlnuus uit ons kontrei

Next Post

Word die beste weergawe van jouself


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In