• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Sat, Jul 5, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Boer nóg meer presies met hommeltuie

25 Jan 2023
in Dinamiese vennoot
Boer nóg meer presies met hommeltuie

Met hommeltuie kan lugbespuitings ook in uiters nat toestande gedoen word.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

NWK Meganisasie het ’n reeks hommeltuigpakkette by sy produkreeks gevoeg waarmee produsente nóg meer akkurate toedienings kan doen. Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy wou voortbou op die sukses van die presisieboerderyspan by NWK Megani­sasie/MechXpert en Landboubestuursdienste, en die DJI Agricultural Drone-reeks pas perfek by hul visie.

Met stygende insetkoste en die druk om doeltreffender en meer produktief te wees, het NWK gekyk hoe hulle die reeds diverse heelgoedere- en produksiereeks wat aangebied word, selfs meer uniek kon maak.

Met die besonderse nat vorige en huidige seisoen was dit regtig moeilik vir talle van NWK se produsente om in die lande te kom met spuite. Hommeltuie kan produsente toerus om self lugbespuitings met hulle toerusting te doen.

Jacobus Claassens, operasionele bestuurder by NWK se Landboubestuursdienste, en Frikkie Bronkhorst, voorheen bestuurder van heelgoedere en presisie­boer­derytoerusting by NWK Meganisasie, gee ’n demonstrasie van die werking van die T30-hommeltuig.

Die T30-hommeltuig

  • Die T30-hommeltuig kom kompleet met ’n 30 liter-spuittenk en opsioneel met ’n 40 liter-strooitenk. Die 30 liter-spuittenk dek tipies 1 hektaar en kan realisties 8 tot 10 hektaar per uur spuit.
  • Die spoed en hoogte waarteen die hommeltuig ’n produk spuit, bepaal grootliks die hoeveelheid hektaar wat per uur gedek kan word.
  • Daar kan ook soveel as vyf hommeltuie op een afstandbeheerder gekoppel word, elkeen op sy eie roete.
  • Die hommeltuig word met drie batterye voorsien, wat elk vir 1 000 siklusse gewaarborg word. Die vinnige herlaaier wat deel van die pakket vorm, kan ’n battery binne slegs tien minute vol laai. Die herlaaier gebruik egter baie krag binne ’n kort tyd en moet verkieslik saam met ’n geskikte kragopwekker ingespan word.

Beskikbare pakkette

Daar is tans drie pakkette binne die DJI T30 Agras Agricultural Drone-reeks by NWK Meganisasie beskikbaar:

PAKKET 1

Pakket 1 bestaan uit die basiese pakket, wat drie batterye, ’n vinnige herlaaier, strooier-apparaat, die hommeltuig self, asook ’n bykomende afstandbeheerbattery, aluminiumbattery en hommeltuigkaste, insluit.

PAKKET 2

Hierdie pakket bevat alles van pakket 1, asook ’n dieselkrag­opwekker waarmee die vinnige laaivermoë van die laaier benut kan word.

PAKKET 3

Bykomend bevat pakket 3 ’n RTK-basisstasie en driepootstaander. Dit is ideaal vir enige tipe boombespuitings, soos pekanneute of sitrusbome, waar dit uiters belangrik is om tussen die boorde te kan vlieg of om bo elke boom te stop en in die kroon van die boom te spuit.

Betrokke wetgewing

Eerstens moet ’n onderskeid getref word tussen privaat en kommersiële gebruik.

’n Boerdery funksioneer as ’n kommersiële entiteit en moet volgens wet die nodige registrasies ondergaan. Dit behels dat die hommel­tuig-operateur ’n afstandbeheerder-sertifikaat moet bekom.

Verder moet die boerdery ook ’n operateursertifikaat bekom óf deur ’n maatskappy werk wat reeds een het. Hou in gedagte dat jy slegs kwalifiseer vir professionele en derdeparty-aanspreeklikheidsdekking indien jy ’n wettige operateursertifikaat besit.

Hommeltuigbespuitings moet volgens die gif­stowwe se etiket vir lugbespuitings gedoen word, wat normaalweg 30 liter mengsel per hektaar aanbeveel.

Gaan só te werk

Daar is verskeie betalings en finansieringspak­kette beskikbaar vir produsente wat ’n hommeltuig wil aanskaf. Klante kan by enige van NWK se agt Meganisasie-bedryfspunte in Noordwes en ook dié in die Vrystaat navraag doen.

NAVRAE

Skakel NWK Meganisasie by 018 633 1271 of stuur ’n e-pos aan johanjvr@nwk.co.za.

Jacobus vul die hommeltuig se houer met die nodige spuitstof.
Tags: Jan/Feb 2023
Previous Post

Moeilike kykstof wat diep sny

Next Post

Grondkundige vereer vir sy werk


Recommended

May/June 2025: Agricultural economic report

May/June 2025: Agricultural economic report

3 Jul 2025
NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

3 Jul 2025
Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

26 Jun 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

May/June 2025: Agricultural economic report

May/June 2025: Agricultural economic report

3 Jul 2025
NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

3 Jul 2025
Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

26 Jun 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In