• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

25 Jan 2023
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei
Share on Facebook

Sukses-stories

Die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing is bekend vir hul reddingspogings van uile en ander diere. Brendan en Danelle Murray spandeer ure op die pad om hul reddingswerk voort te sit. Hier is van die werk wat hulle in November 2022 besig gehou het:

  • Op 13 November het selfoon­torings veroorsaak dat drie reddingspogings moes plaasvind – in Etwatwa, Braamfisherville en Koster. Dit gaan goed met al hierdie geveerde vriende.
  • Op 24 November is hierdie witkruisarend (Verreaux eagle) naby Groblersdal gered. Dit is die grootste arendspesie in Afrika, met volwasse wyfies wat meer as 3 kg weeg – meer as die gevlekte oor­uil (spotted eagle owl). Hulle vlerkspan strek tot 1,5 m wyd. Dié voëlspesie kan hul maat tot 5 km ver hoor roep. Krimpvarkies is ’n gunsteling op hul dieet, maar hulle vang ook ander kleiner soogdiere, en jag selfs uilspesies!

Aasvoëls op pad en op die pad

VulPro, die aasvoëlbewaringsorganisasie in die Hartbeespoort-omgewing, het verskeie vennote wat help om hul hande sterk te maak. Die vervoermaatskappy, DHL, het op 9 Desember ’n baie waardevolle “pakkie” opgelaai – 13 aasvoëls wat na VulPro se sustersfasiliteit naby Queenstown in die Oos-Kaap vervoer moes word. Die span in Queenstown, onder leiding van Kate Webster, sal die groep voorberei vir hul vrylating in 2023. Spesiale reiskaste is ontwerp vir die rit om te verseker dat die voëls in gemak kon reis. Die “pakkie” het sy bestemming veilig bereik.

Conrad Ramsay was op pad terug na Elliot in die Oos-Kaap. Toe hy deur die Cala-pas ry, het hy op hierdie pragtige “jong dame” in die middel van die pad afgekom. Hy het haar betyds gered en na Kate Webster in Queenstown geneem, waar sy gerehidreer en geassesseer is vir enige beserings. Sy sal eersdaags weer vrygelaat word.

’n Tuiste vir uile

Personeel van NWK is baie opgewonde met die pragtige broeipaar gevlek­te ooruile by hoofkantoor! Hierdie roofvoëls is vir die eerste keer in Januarie 2022 in ’n palmboom in NWK se binnehof opgemerk. Owl Rescue Centre naby Hartbeespoortdam is gekontak om ’n uilhuis aan te skaf in die hoop dat die uile daarin sou broei. Ongelukkig het die voëls vertrek voordat die huis opgedaag het. Die uilhuis is intussen opgesit en noudat die paar terug is, hou voëlliefhebbers duim vas dat hulle dit inderdaad sal gebruik en dat daar eersdaags kuikens sal wees.

Besoek www.owlrescuecentre.org.za as jy belangstel om ’n uilhuis in jou tuin of werks­area op te rig. Hulle lewer landswyd af.

Babas en einas

By Care for Wild, die grootste weesrenosterreservaat ter wêreld, het groot opwinding geheers toe Timbi, ’n 10½ jaar oue renosterkoei wat in 2012 gered is, geboorte geskenk het aan haar eersteling. Dit is die vyfde baba wat in dié reservaat gebore is.

In die intensiewe beskermingsone is ’n jong kameelperdkalfie opgemerk, wat gesukkel het om by die res van die groep te hou met sy kruppel poot. Met die ondersteuning van Save Giraffes Now, het dr Chris Smith en dr Hayden Cuthill van Wildlifevets.com kom ondersoek instel en ’n groot doring in die kameelperd se regtervoet gevind. Die doring is verwyder, en die wond is skoongemaak en verbind. Langwer­kende antibiotika en pynverligting is ook gegee. Hy het vinnig weer by sy trop aangesluit.

Tags: Jan/Feb 2023
Previous Post

Makelaars se rol in die vervoerbedryf

Next Post

North West biosphere reserve is thriving


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In