• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Landbou vandag

22 May 2023
in Tegniek
Landbou vandag
Share on Facebook

Goeie landboukundige praktyke is belangrik om suksesvol te boer. Die span van NWK Land­boubestuursdiens­te is altyd gereed om produsente met raad by te staan om uitdagings op die plaas die hoof te bied.

In hierdie uitgawe gee Martiens du Plessis (bestuurder: landboustelsels en -projekte) riglyne oor die beheer van winteronkruid en ander hulp wat die Landboubestuursdienstespan bied. Pieter le Roux (hoof diere- en weidingspesialis) deel wenke oor weidingsbestuur en dieregesondheid gedurende die wintermaande.

Akkerboupraktyke

El Niño: Die weerprofete voorspel ’n baie sterk El Niño vir die komende seisoen. Hierdie verskynsel word sterk met ondernormale reënval vir Suid-Afrika geassosieer. Daarmee saam lyk dit of die Indiese Oseaan Dipool Indeks (IOD) ook warmer as normaal gaan wees. Dié kombinasie is presies die teenoorgestelde van wat die afgelope paar jaar as ’n nat siklus beleef is. Dit lyk derhalwe of ’n droër siklus nou weer tegemoetgegaan word.

Winteronkruid: Uitmuntende onkruidbeheer is gevolglik nou van die uiterste belang. Begin deur winteronkruid betyds aan die strot te gryp. Oorgedraag­de vog lewer ’n groot bydrae tot die nuwe seisoen se gewaspotensiaal en winteronkruid benut dit met oorgawe. Oorhoofse bespuitings oor die ongestroopte gewasse is ’n goeie praktyk om winteronkruid te neutraliseer. In wye rye kan dit ook geskoffel word. Andersins moet dit direk ná stroop geskoffel word.

Grondbewerkingstelsel: Daar is nog ’n laaste kans om wortelstudies in pro­fielgate uit te voer om te evalueer tot watter mate die plantwortels die bewerkingstelsel ervaar. Dit is ook die ideale tyd om die lande vir die voorkoms van verdigte sones te toets. NWK se Presisiespan is gereed om verdigtings met ’n penetrometer te kom meet en om die produsent oor die aangewese bewerkingsmetode te adviseer.

Grondpotensiaal: In droër jare byt medium-lae- en laepotensiaalgrond produsente aan die hakskeen. Gegewe die huidige hoë produksiekoste, kan hierdie grondtipes nie meer deel van die landerye wees nie – al is dit net een hektaar groot. Skakel NWK se Presisiespan om hierdie gronde op die plaas te kom identifiseer en om dit op die regte grondgrense uit te sny.

Chemiese presisie: Dit is nou ’n baie goeie tyd om chemiese presisie op die gestroopte lande uit te voer. Dit gee die produsent genoeg tyd om moontlike regstellings te doen. NWK se Presisiespan is gereed om chemiese presisie vir NWK se produsente uit te voer. Dié span is ook agente vir Bastion-kalk, wat ’n wye keuse van kalktipes bied sodat die produsent die regte hoeveelhede op die regte plekke in die landerye kan toedien.

Grondprofiele: Om in ’n waarskynlike droë seisoen op lande te plant waarvan die grondprofiele ná strooptyd droog is, lei tot hoë produksiekoste vir die produsent. Sodanige lande moet eerder oorgelê word om vir die opvolgende seisoen op te gaar. Skakel NWK se Presisiespan om met hierdie keuse te kom help.

NDVI-beelde: NWK-produsente kan hul lande se NDVI-satellietbeelde gratis op NWK Online (https://online.nwk.co.za/) bestudeer om kolle in die lande wat nie na wense presteer het nie te identifiseer. NWK se span landboukundiges is bemagtig om die produsent by te staan om hierdie afwykings te ondersoek en tersaaklike aanbevelings te maak sodat dit in die volgende seisoen reggestel kan word.

Weidings en voeding

  • Met die aanvang van die wintermaande word spaarkampe, staandehooi, oesreste en die voerbank ingespan om ruvoer te voorsien. Waar moontlik, moet spaarkampe eerste benut word. Fokus op vleie indien dit beskikbaar is, aangesien dit in die lente vinnig uitloop en weer vroeg in die somer weiding beskikbaar stel. Hierna kan oesreste en/of aangeplante weiding/staandehooi benut word en laastens word die opgebergde voerbank gebruik, indien nodig.
  • Diere met hoër voedingsbehoeftes (verse of koeie wat laat gekalf het en nog soog), kan vroeër op die staandehooi gaan. Hulle kan ook vroeër met kuilvoer gehelp word.
  • Dit beteken dat daar deeglik besin moet word oor hoe en wanneer die beskikbare bronne aangewend gaan word om genoeg goeie gehalte ruvoer regdeur die winter te kan voorsien.
  • Winterveld en staandehooi is laag in ruproteïen en dus moet daar op die laatste teen Mei met proteïenaanvulling begin word vir diere wat hier wei. Hou die mis dop – wanneer dit begin droog en hard raak, moes aanvulling alreeds begin het. Tipiese winterlekke met ’n ruproteïeninhoud van 40% tot 45% kan teen ongeveer 500 g/bees/dag aangebied word.
  • Onthou om diere altyd eers op ureumbevattende lekke aan te pas.
  • Maak seker dat lekbakbestuur korrek gedoen word en dat diere daagliks die korrekte hoeveelhede inneem.

Dieregesondheid

BEESTE

Somerdek

  • Kalwers wat van April tot Junie gespeen word, moet met Multimin en vitamien A ingespuit word. Inentings teen knopvelsiekte, Slenkdalkoors, beesvirusdiarree (BVD), asook spons-, lam- en miltsiekte, moet gedoen word. Diere moet ook ontwurm word.
  • Insekoordraagbare siektes soos knopvelsiekte, drie-dae-stywesiekte en bloutong moet beheer word. Inentings teen hierdie siektes kan nou reeds vir die komende seisoen gedoen word.
  • Doen dragtigheidsondersoeke in Mei en seleksie in Junie, inaggenome diere wat nie dragtig is nie en die hoeveelheid ruvoer wat tot November beskikbaar is.
  • Verse wat nie met Stam 19 teen besmetlike misgeboorte ingeënt is op die ouderdom van vier tot agt maande nie, moet hul tweede dosis RB51 in Mei/Junie kry, op die ouderdom van 18 maande. Hulle word ook teen BVD ingespuit, ontwurm en waar nodig vir lewerslak behandel. Dit is ook belangrik om elke drie maande Multimin en vitamien A te gee.
  • As reël moet dosering en/of ontwurming in Mei, as reël twee weke ná die eerste ryp, gedoen word. Gebruik verkieslik ’n inspuitbare middel.

Winterdek

  • Verse word in Mei/Junie gedek en die bulle kom ’n maand later, met ander woorde vanaf Junie, by die koeie. Verse word slegs vir 65 dae gedek om seleksie vir reproduksievermoë te verbeter. Verse moet op 65% van hul volwasse gewig wees en ook in ’n positiewe energiebalans (met ander woorde, in gewig toeneem) voordat die bulle ingesit word.
  • Goeie toesig tydens kalwing is belangrik. In Mei kalf die laaste koeie en die werkers raak moeg. Verseker dat toesig tot by die laaste koei op standaard bly.
  • Onthoring kalwers weekliks tydens die kalfperiode.

SKAPE

  • Alle skape ouer as drie maande moet teen bloednier ingeënt word, veral waar beoog word om byvoorbeeld oesreste of groen aangeplante weidings in die winter te benut. Ent ongeveer twee weke voor beweiding op oesreste begin en volg dit ses weke later met ’n skraagdosis op.
  • Met die oog op winterdek, moet alle ooie en ramme betyds hul vitamien- en minerale-aanvullings ontvang.
  • Lammers wat gespeen moet word, moet die volgende inentings ontvang: Ensoötiese aborsie 1 en 2, Bloednier 1 en 2, Bloutong A, B en C, Slenkdalkoors 1 en 2. Doseer en herhaal sowat vier weke later.
Tags: Mei/Jun 2023
Previous Post

Grondsuurheid se impak op gewasproduksie

Next Post

Put inspirasie uit moeilike toestande


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In