• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

24 Jul 2023
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei
Share on Facebook

Waar kry jy daardie bekkie?

Suid-Afrika het onlangs ’n merkwaardige prosedure op ’n witrugaasvoël (Gyps africanus) uitgevoer. Die snawel van die witrugaasvoëlwyfie, wat ’n bedreigde spesie is, is vergruis nadat sy in Maart vanjaar deur ’n motor getref is. Sy het ook ernstige kopbeserings opgedoen, wat haar regteroog blind gelaat het.

Ná die ongeluk het VulPro, die nie-winsgewende aasvoëlbewarings­organisasie in die Hartbeespoort-omgewing, haar ingeneem. Sy is hier met die hand gevoer aangesien sy toe nie onafhanklik kon vreet nie. Twee po­gings om ’n nagemaakte snawel te pas, het misluk omdat dit losgekom het sodra die aasvoël vleis vreet.

’n Span van die Universiteit van Pretoria (UP) onder leiding van prof Katja Koeppel, ’n veeartsenykundige natuurlewespesialis by UP se Fakulteit Veeartsenykunde op die Onderstepoort-kampus, het toe ’n snawel van ’n dooie aasvoël oorgeplant.

Volgens Kerri Wolter, stigter en uitvoerende hoof van VulPro, het die aasvoël ná die operasie wonderlike vordering getoon en eet sy goed met die nuwe snawel. Die vergruisde snawel, wat van keratien gevorm is, sal aanhou om terug te groei onder die oorplanting – dit sal wel ’n paar jaar neem, waarna die oorgeplante snawel weer afgehaal sal word.

Die aasvoël sal by VulPro aanbly en op ’n deurlopende basis gemonitor word. Vanweë die blinde oog sal sy nie weer in die natuur vrygelaat kan word nie.

Gelukkige sewe

Sewe Temminck-ietermago’s is in Junie tydens spesiale operasies gered en na ’n plek van veiligheid geneem vir behandeling. Ietermago-stropery neem toe en die Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital werk onverpoosd daaraan om te verseker dat hierdie gediertes gesond genoeg is om weer vrygelaat te kan word in ’n privaat reservaat. Hulle moedig die publiek aan om hierdie onwettige stropery aan te meld. Dié organisasie behandel inheemse diere gratis en maak slegs staat op die skenkings en ondersteuning van die gemeenskap. Besoek gerus hul Facebook-blad om te kyk na die goeie werk wat hulle verrig.

Spesiale “oes” gevind

Hierdie drie moerasuil-kuikens wat in Junie gedurende oestyd in ’n lusernland by die Losperfontein-gevangenis gered is, het binne ’n week meer as verdubbel in grootte. Daar is bitter min van hierdie bedreigde spesie oor. Dit is dus vir die span van die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing wonderlik om hulle te kon red en groot te maak.

Tags: Jul/Aug 2023
Previous Post

Mick volg nou in sy pa se voetspore

Next Post

Monitor gewasgroei met Presisieboerdery


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In