• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

20 Sep 2023
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Swartborsslangarend

Share on Facebook

Meer as net uile hier veilig

Hier is ’n Afrika-skopsuil, een van die kleinste inwoners by Owl Rescue Centre in die Hartbees­poort-omgewing, wat iets te ete gekry het by die “buffettafel”. Deesdae ontvang Brandon en Danelle Murray egter baie oproepe van besorgde natuur­liefhebbers om ander gediertes na veiligheid te neem. In die afgelope paar weke is die volgende geveerdes en vierpotiges gered:

  • Dié rooikat het ’n hoenderboer die hoenders in gemaak! Hy gaan in sy natuurlike omgewing, ver van hoenders, hervestig word.
  • Baba-skilpaaie word gereeld in die Sun City-omgewing gered, waar geldgieriges wat nie natuur­liefhebbers is nie ’n paar rand probeer maak.
  • Van die geveerdes wat gered is, is ’n arend en ’n eend. Toe Brandon van Owl Rescue Centre na die Boons-omgewing uitgeroep is om ’n Breë­kop­arend te red, het hy gesien dit is eintlik ’n Swartborsslangarend. Dié twee spesies word maklik verwar. Die arend moes behandeling vir ’n besering ontvang, maar sterk goed aan. Aan eende soos die Nonnetjie-eend word daar ook ná ’n reddingspoging ’n veiliger tuiste gebied.
Swartborsslangarend
Nonnetjie-eend

Daisy maak litte los

Gedurende die wintersoggende was klein Daisy van die Care for Wild Rhino Sanctuary maar huiwerig om op te staan en uit die warmte van haar kraal te beweeg. Ongelukkig veroorsaak die laatslapery stywe spiere.

Voordat Petronel, haar veldwagter, haar soggens vir haar wandeling neem, moet sy eers ’n massering ontvang om spierspanning te verlig en sirkulasie te verbeter. Hierdie vorm van massering is ook voordelig om littekenweefsel af te breek en die vrystelling van gifstowwe en afvalstowwe te vergemaklik. Daisy is absoluut mal oor haar massering en oggendroetine, en dit het ’n baie doeltreffende deel van haar rehabilitasieprogram geword.

’n Wêreldbedreigde spesie

Volgens Birdlife International word swartaasvoëls (lappet-faced vultures) as ’n wêreldbedreigde spesie geklassifiseer, wat opsporingsdata uiters belangrik maak vir die beskerming van hierdie spesie. VulPro, die aasvoëlbewaringsorganisasie in die Hartbeespoort-omgewing, gaan daarom voort om hierdie voëls op te spoor en te monitor om insig te kry in alle aspekte van hul lewens en maniere te vind om te verseker dat hul bevolking kan toeneem en getalle kan stabiliseer.

Daar word dikwels na hierdie spesie verwys as die koning­aas­voëls vanweë sy grootte en ietwat intimiderende voorkoms. Sodra ’n karkas gereed is, sal hy afduik en so veroorsaak dat ander aasvoëls weg­vlieg. Hierdie is die enigste spesie wat vel kan skeur en daarom vreet dit dikwels vel, hare en senings. Soos alle ander aasvoëls is hulle egter ook nodig om die omgewing plaagvry te hou.

Tags: Sept/Okt 2023
Previous Post

NWK beïndruk weer met rekordwins

Next Post

Fosforaanvullings steeds die moeite (en geld) werd


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In