• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, May 12, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Opbrengste van NWK se beginnerboere is die beste nóg

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

11 Oct 2023
in Dinamiese vennoot
Opbrengste van NWK se beginnerboere  is die beste nóg

Biela Retief word deur Jacobus Claassens, operasionele bestuurder van AgTech@ NWK, gelukgewens.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Deelnemers aan NWK se Beginnerboerprojek het vanjaar die hoogste opbrengste óóit behaal. Deelnemers aan die projek is Vrydagaand tydens ‘n spoggeleentheid by Die Kraal Venue buite Lichtenburg vereer.

Dalton Viljoen en Jacobus Claassens.

Biela Retief van die Koster-omgewing het ‘n ongelooflike 10,2 t/ha mielies op droëland geproduseer. Dalton Viljoen, ook van Koster, het die hoogste sonneblom-opbrengs teen 2,87 t/ha behaal. Anton Hansen van Gerdau was eerste in die sojaboon-afdeling met 4 t/ha.

Anton Hansen en Jacobus Claassens.

‘n Nuwe toetreder tot die projek, Will Grobler, het die beste administratiewe bestuur deur die jaar getoon.

Will Grobler en Jacobus Claassens.

Anche Suurd, landbou-ekonoom by NWK en ‘n studieleier by die projek, het gesê dat deelnemers se besonderse prestasies aan die goeie reënval van die vorige seisoen te danke is. Daarom, met ‘n dreigende El Niňo, is deelnemers nie té bekommerd oor die nuwe plantseisoen wat aangebreek het nie, omdat hulle grondprofiele nog mooi nat is. Hulle is egter bekommerd oor 2024/2025.

Anche het gesê dat El Niňo nie altyd tot ondergemiddelde reënval lei nie en dat die meeste van die Lichtenburg-omgewing se reën eers teen Desember val.

Doel van die Beginnerboerprojek

Die Beginnerboerprojek is in 2014 van stapel gestuur. Dit strek oor ses jaar en het ten doel om nuwe toetreders tot landbou by te staan. Die einddoel is om ‘n produsent te vestig met genoeg sekuriteit om na ses jaar kommersieel te kan boer.

Dis tipies jong produsente wat sonder NWK se hulp nie sou kon boer nie en heel waarskynlik in die buiteland sou gaan werk. NWK ontwikkel dus sy toekomstige kliënte en vestig produsente met ‘n passie vir die bedryf. Die fokus is nie streng op resultate nie, maar sien eerder toe dat die bepaalde produsent alles in sy vermoë doen om NWK en sy eie risiko te beperk.

HOE DIE PROJEK WERK

NWK finansier al die direkte insetkoste wat nodig is om ‘n deelnemer se oes te realiseer. ‘n Derde van die opbrengspotensiaal word begroot vir bemarking aan die begin van ‘n seisoen.

Die span van NWK loop ‘n pad saam met die beginnerboere. Hulpbronne word voor ‘n seisoen deeglik ondersoek en geëvalueer om NWK se risiko te beperk. AgTech@NWK besoek die deelnemers weekliks en gee raad oor wat gedoen moet word. Boeredae word jaarliks aangebied wat dien as opleidingsessies. Kundiges van Finansiering en Graan lewer ook insette aan die deelnemers.

Tags: Sept/Okt 2023
Previous Post

Staan saam en bid, maan oudhoofregter produsente

Next Post

October 2023: Agricultural economic report


Recommended

Intensiewe lamstelsels lok al meer belangstelling

11 May 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

11 May 2026
Die sluipende gevaar van Fusarium-aarskroei

Die sluipende gevaar van Fusarium-aarskroei

11 May 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Intensiewe lamstelsels lok al meer belangstelling

11 May 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

11 May 2026
Die sluipende gevaar van Fusarium-aarskroei

Die sluipende gevaar van Fusarium-aarskroei

11 May 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In