• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Boer vooruit met dié handige toepassing

Onder redaksie van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

21 Aug 2024
in Dinamiese vennoot
’n Handige toepassing vir graanprodusente
Share on Facebook

(Deel 3)

Dinamiese vennoot

Is jy al geregistreer vir die slimkoptoepassing vir landbou of boer jy agteruit deur steeds jou rekords “op die ou manier” te probeer byhou?

Soos bespreek in die twee vorige uitgawes van Arena, bied die nuwe NWK Online die gebruiker toegang tot inligting wat al sy sake met NWK bevat. Dit is egter nie net die nuttig verpakte inligting wat hierdie nuwe weergawe aanlokliker maak nie, maar ook verskeie nuwe funksionaliteite wat boerderybedrywighede in lyn bring met die nuutste tegnologiese vooruitgang.

Makliker toegang

Selfoongebruikers van Online was verplig om elke keer met ’n gebruikerskode en wagwoord aan te teken. Dit was veral in besige seisoene ’n groot beslommernis vir klante.

Gebruikers het hulle misnoeë oor hierdie herhalende en tydrowende aksie bekendgemaak en NWK het geluister. Die probleem is met biometriese tegnologie aangespreek. Dit sluit vingerafdrukskandering of gesigsherkenning in en kan op NWK Online toegepas word om vinniger toegang te verkry. Indien die foon in jou hand oor hierdie tegnologie beskik, word jy aangeraai om dié aantekenmetodes te gebruik.

Teken in met jou vingerafdruk of deur die gesigsherkenningsfunksie.

NWK Shop

NWK Shop, ’n losstaande toepassing van NWK, is nou ook deel van die NWK Online-pakket. Indien jy wonder oor ’n spesifieke produk se beskikbaarheid by een van die Retail-winkels, gaan só te werk:

  1. Gebruik die soekfunksie om die produk waarin jy be­langstel, te vind.
  2. Kyk by watter winkels hierdie produk beskikbaar is en wat die prys van hierdie produk is.
  3. Plaas die produk/te in jou virtuele mandjie en boek dit dan uit.

Handige funksionaliteite

ADVERTEER GRATIS

NWK Online skep nou ’n platform vir klante om hulle twee­de­handse plaastoerusting soos balers, waens en trekkers gratis hier te adverteer. NWK maak geen wins uit enige van die geadverteerde en verkoopte items nie – dit is eenvoudig ’n digitale portaal waar verkopers en kopers verbind kan word.

REËNVALDATA

  • Onder die hofie “Plaasbestuur” is daar verskeie funksio­na­liteite beskikbaar – soos rekordhouding van reënvalmetings.
  • ’n Gebruiker kan nou al sy reënmeters op die toepassing registreer en soos die reënmeters besoek word, kan hierdie syfers op die stelsel ingevoer word.
  • Geskiedkundige data kan ook hier ingesleutel word vir toekomstige navrae en statistieke.

NOTAS EN PROBLEEMRAPPORTERING

Indien ’n graanprodusent in die lande loop en ’n probleem opmerk, kan hy/sy eenvoudig ’n foto neem, ’n nota maak en dit in die NWK Online-toep stoor. Indien die produsent dit met een van NWK se landboukundiges wil opneem, is daar die bykomende opsie om die probleem te rapporteer. Een van NWK se kundige personeellede sal toegang tot die probleem verkry, asook die foto ter stawing, en met die produsent in verbinding tree.

MONITERING VAN VOERTUIE SE BEWEGINGS

Deur ’n relatiewe goedkoop toestel by een van die Megani­sasie-bedryfspunte te installeer, is dit nou moontlik om al jou voertuie se bewegings te monitor.

  • Neem een van jou werkers te lank om graan by die silo af te laai? Teken aan op Online en sien waar die waens vertraag word.
  • Aan die einde van ’n werksdag, is dit nou ook moontlik om ’n verslag te kry van al die bewegings en waar voertuie vir ’n lang tydperk stilgestaan het.

NWK poog hiermee nie om die rol van voertuigopsporingsmaatskappye oor te neem nie, maar bied eenvoudig hierdie diens vir enige klant wat voertuie se bewegings wil monitor en ontleed.

GRONDSAMESTELLING EN INTELLIGENTE SATELLIETBEELDE

Produsente kan nou met ander oë na hul lande kyk. Deur gebruik te maak van infrarooi beelde, wat deur satellietbeelde verkry word, is dit nou vir NWK moontlik om vir sy produsente beelde te verskaf wat ’n groot hoeveelheid waarde kan toevoeg.

’n NDVI-beeld (normalised difference vegetation index) is ’n eenvoudige grafiese aanwyser wat veral gebruik word om groei te ontleed en te bepaal of die teiken wat waargeneem word, gesonde plante verteenwoordig of nie.

’n Produsent kan byvoorbeeld na ’n NDVI-beeld kyk en groeipatrone monitor, en ’n probleem in sy lande baie vinnig identifiseer deur na hierdie beelde te kyk.

Indien jy van NWK se grondkundige ontledings gebruik gemaak het, is hierdie chemiese ontledings van jou lande nou in digitale formaat op NWK Online beskikbaar.

Deur gebruik te maak van die OC-opsie (overlay comparison), kan vergelykings getref word vir ’n spesifieke land. ’n Produsent kan byvoorbeeld ’n bepaalde huidige NDVI-beeld met een van dieselfde tydperk in die vorige jaar vergelyk. ’n Produsent kan selfs hierdie NDVI-beeld met die pH-balanskaart vergelyk en bepaal of daar ’n verband bestaan tussen ’n swak groeiende gebied en daardie gebied se pH-vlakke.

Leer meer

NWK se Online-platform is in samewerking met sy produsente ontwikkel en spreek dus behoeftes aan wat werklik vir elke klant waarde toevoeg. ’n Wye reeks funksionaliteite is beskikbaar en klante word aangemoedig om alle fasette van die toep te ondersoek. Vir meer inligting oor NWK Online en hoe om die funksionaliteite optimaal te gebruik, besoek gerus jou naaste NWK Retail, graansilo of kontak een van NWK se konsultante. Jy kan ook ’n navraag per e-pos rig aan stolla@nwk.co.za.

Tags: Nov/Des 2023
Previous Post

Omarm tegnologiese vooruitgang met AgTech@NWK

Next Post

Angoras aard goed in die “wilde weste”


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In