• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Fri, May 9, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Wanneer net die geraamte van ‘n eens spogplaas oorbly

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur: NWK Arena

4 Feb 2025
in Nuus
Lenteprag verdryf hartseer
Share on Facebook

President Cyril Ramaphosa het op 23 Januarie die Onteieningswetsontwerp onderteken wat uiteensit hoe staatsliggame grond in die openbare belang en om verskillende redes, sonder vergoeding mag onteien.

‘n Mediaverklaring deur die ANC lui dat dié wetsontwerp ‘n “progressiewe en transformerende instrument is om grondhervorming te bespoedig op maniere wat inklusiewe ekonomiese groei moontlik maak”. Werklik? Hierdie uitlating beklemtoon net weer die mate waartoe die regerende party uit voeling is met wat werklik aangaan.

Klipfontein is ‘n plaas van ongeveer 600 ha op die pad na Dupperspos in die Coligny-omgewing. Dit was sedert die 1800’s in die Claasen-familie se besit. My oupa aan vaderskant, Hermanus Smalman is in 1941 met ‘n nooi Claasen getroud en het só dié grond bekom. Die plaas was in volle produksie, met duisende ton graan wat jaarliks geproduseer is, asook ‘n suksesvolle veekomponent.

Ook my oorlede oom Willem Smalman het verskeie strukture en geriewe hier gevestig waar sy vele trekkers, implemente en ander gereedskap gestoor is. My oom kon egter later nie meer die mas opkom nie en die plaas is in 1999 aan ‘n bekende produsent in die omgewing verkoop.

Titelaktes toon dat die betrokke produsent sowat 700 ha van die plaas teen ongeveer R974 000 bekom het. Dié grond is in 2018 vir R10,3 miljoen aan die staat verkoop.

Die titelaktes is die volgende jaar oorgedra aan ‘n kommunale eiendomsvereniging (CPA). Op 21 September verlede jaar het ek en my ouers die plaas besoek waar ons twee van die begunstigdes van die CPA aangetref het. Hulle het op die plaas Slypsteen elders in die omgewing grootgeword.

Hulle ontvang ons vriendelik en wys ons rond. Daar is nie trekkers op die werf nie. Langs die huis is onbekende persone besig om vee aan te jaag.

Die meerderheid van die skure se vensters is stukkend en oral word gesinne gehuisves, selfs in die slagkamer waar my ma elke winter ‘n geslagte bees verwerk het.

Die begunstigde vertel dat hy nie self die grond beplant nie, maar dit aan die vorige eienaar verhuur omdat hy nie kapitaal vir insette van die regering ontvang het nie.

Is hy dan geregtig op geld van die regering ten einde ‘n boerderybedryf van stapel te stuur? Nee, dog is die realiteit dat ‘n titelakte nie genoeg is om vir ‘n produksielening te kan kwalifiseer nie.

Hoekom wil die regering dan grond sonder vergoeding onteien, as dit nie eens mét vergoeding grondhervorming suksesvol kan bewerkstellig en welvaart vir die begunstigdes skep nie?

Ten minste lê hierdie grond nie soos duisende ander “hervormde” hektare landbougrond bloot braak nie terwyl Suid-Afrika se bevolking aanhou groei en gevoed moet word.

Die keiser is kaal. Wanneer gaan hy dit tog besef?

Tags: Jan/Feb 2025
Previous Post

Landbou vandag

Next Post

Almal wen met NWK se Lojaliteitsprogram

Recommended

Klein boertjie wen ’n handige prys

Klein boertjie wen ’n handige prys

6 May 2025
March/April 2025: Agricultural economic report

March/April 2025: Agricultural economic report

6 May 2025
Beperk stikstofverliese in grond

Beperk stikstofverliese in grond

5 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Klein boertjie wen ’n handige prys

Klein boertjie wen ’n handige prys

6 May 2025
March/April 2025: Agricultural economic report

March/April 2025: Agricultural economic report

6 May 2025
Beperk stikstofverliese in grond

Beperk stikstofverliese in grond

5 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In