• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Almal wen met NWK se Lojaliteitsprogram

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur: NWK Arena

11 Mar 2025
in Dinamiese vennoot
Almal wen met NWK se Lojaliteitsprogram

Van links is Heinrich Krüger (voorsitter van NWK se direksie), Nic Keyser, Kallie Peters, Dawie Maré, Marius Nel, Leon Smit (verteenwoordig Tommiesrus), Pieter Kleingeld (groephoof- uitvoerende beampte van NWK), Kobus Cordier, Rocco Botha, Tok van der Walt, André du Preez (Volumart) en Jacques de Wet (bemarkingsbestuurder van NWK).
* Afwesig: Jaco Botha, Giel Steyn, Rudi Roode, Lourens van Wyk, Richard Hobson, Louis Scheepers, Rupert Richter en Andries Dryer.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Die waarde van NWK se unieke Lojaliteitsprogram (LJP) is opnuut die afgelope Vrydagaand by ‘n erkenningsgeleentheid van die toppunteverdieners beklemtoon. Dit is by NWK se opleidingsentrum in Lichtenburg aangebied waar die toptien punteverdieners van 2023/2024, asook diegene wat die meeste punte per produkkategorie verdien het, vereer is.

Die randwaarde van aandele wat sedert die program se ontstaan in die 2017/2018 NWK finansiële jaar aan lede toegeken is, het tot en met Februarie vanjaar met ‘n stewige 33% gegroei voor dividende. Indien die dividende wat verdien is bygereken word, kom die groei in randwaarde verdien uit die program, op 65% te staan.

Die program is in 2017 van stapel gestuur om lojale klante vir hul getroue ondersteuning te beloon. Hulle word NWK Beherend-aandele toegeken vir transaksies wat met NWK gedoen is. Daarom ondersteun die aankoop van aandele die aandeleprys.

Program help NWK om klantgerigte fokus te verskerp

“Die LJP versterk ook NWK se klantebasis deur klante te beloon vir hul lojaliteit teenoor die maatskappy,” het Pieter Kleingeld, NWK se groephoof- uitvoerende beampte, by die funksie gesê.

Die LJP se databasis bied die maatskappy waardevolle insig in hul klante se voorkeure en behoeftes en help NWK om sy klantgerigte fokus te verskerp en te verbeter.

Tot en met 31 Januarie 2025, was sowat 3 457 persone en entiteite geregistreer vir die program, met ‘n totaal van 5 341 NWK-rekeninge wat aan die registrasies gekoppel is.

Meer as 80% van alle kommoditeite wat die afgelope seisoen aan NWK gelewer is, was van LJP-klante afkomstig. Klante se aankooptransaksies vir die jaar maak sowat 45% van NWK se omset uit, wat tot meer as 44% van NWK se bruto wins uit rekeninghouers bydra.

“Julle vanaand hier teenwoordig het gesamentlik R1 627 399 se waarde uit die program vir die 2023/2024 NWK finansiële jaar verdien,” het Pieter bygevoeg.

Klante dankbaar vir die erkenning

Tot 30 April 2024 het LJP-klante meer as R84 miljoen se waarde uit die program verdien. Daar is 16 475 007 NWK Beherend-aandele aan klante toegeken en R6 509 565 se krediete vir dié waarde is na klante se NWK-rekeninge gepos.

Die LJP waarde verdien vir die betrokke finansiële jaar beloop R14 368 854, wat ‘n geprojekteerde aantal van 2 113 731 NWK Beherend-aandele verteenwoordig wat teen einde April 2025 aan klante toegeken sal word.

Dawie Maré, ‘n graanprodusent van die Sannieshof-omgewing en een van die toppunteverdieners, het gesê dat die LJP en Vrydagaand se funksie ‘n goeie aansporing van NWK se kant is om sy lojale kliënte te beloon en moontlik nuwes te lok.

“Dis ‘n wen-wen vir beide die kliënt en NWK. Die maatskappy se aandele is totaal ondergewaardeer en die feit dat jy aandele kan kry vir punte wat jy verdien is ‘n groot voordeel. Baie goeie dividende word uitbetaal op jou aandele en ek kan nie sien hoekom elkeen met ‘n NWK-lidnommer nie hieraan sal deelneem nie. Dis ‘n absolute voordeel vir almal.”

Ook Jo-Ané du Preez wat boer in die Grootpan-omgewing het gesê dat die erkenning wat hulle ontvang hulle sterk vennootskap met NWK en verbintenis tot kwaliteit weerspieël. “Ons waardeer hierdie verhouding met NWK en sien uit na voortgesette sukses sáám.”

Sy beskou die LJP as ‘n absolute belegging en ‘n goeie hupstoot vir veral jongboere. “As jy begin en jy kry 1 000 aandele ná die eerste produksiejaar en nóg 1 000 aandele die volgende jaar… Elke keer as die dividend uitbetaal en jy koop nóg aandele met daardie geld, groei jou portefeulje in NWK. Danksy die program kan jou aandele dus baie vinniger groei.”

TOPPUNTEVERDIENERS

Jaco Botha van Murasie Boerdery (Edms) Bpk is 2023/2024 se toppunteverdiener. Hy kon nie die geleentheid bywoon nie, maar word met ‘n LekkeSlaap-koopbewys van R25 000 beloon.

Die ander toppunteverdieners sluit in: Richard Hobson van Botselo Farming (Pty) Ltd; Jo-Ané du Preez van Volumart (Pty) Ltd; Dawie van D.A. Maré; Marius Nel van M. Nel Boerdery; Kobus Cordier, Rupert Richter van Shomene (Pty) Ltd; Louis Meyer van Tommiesrus (Edms) Bpk; Lourens van Wyk van Verdiend Boerdery BK en Kallie Peters van F.K. Peters.

Jo-Ané het ook die meeste punte verdien uit aankope, terwyl Frikkie Conradie van A.F. Conradie die beste persentasie groei in punte jaar op jaar getoon het.
Diegene wat die meeste punte in die onderskeie produkkategorieë verdien het, is:

  • Rudi Roode van Angelfish Investments 613 CC (landbouchemikalieë)
  • Tok van der Walt van TLCI Boerdery (landbousaad)
  • Rocco Botha van JBH Groep (dieregesondheid en veevoer)
  • Nic Keyser van NIC Trailers (boumateriaal en staal)
  • Andries Dryer van A.J. Dryer (kunsmis)
  • Giel Steyn van M & J Steyn (brandstof en smeersmiddels)
  • Louis Scheepers (besproeiingstoerusting)
  • Kobus Cordier (Meganisasie)

Om te registreer vir NWK se Lojaliteitsprogram, besoek www.nwklojaliteit.co.za

Tags: Jan/Feb 2025
Previous Post

Wanneer net die geraamte van ‘n eens spogplaas oorbly

Next Post

Nuwe hoofkantoor van NWK4Sure Brokers met spoggeleentheid ingewy


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In