• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

NWK Meganisasie-klant glimlag breed oor splinternuwe New Holland wat hy wen

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur: NWK Arena

28 Feb 2025
in Nuus
NWK Meganisasie-klant glimlag breed oor splinternuwe New Holland wat hy wen

Pierre Vercueil op sy prys, ‘n New Holland TT3.45-trekker, wat hy in ‘n nasionale kompetisie gewen het.

Share on Facebook

Die wenner van ‘n splinternuwe New Holland TT3.45-trekker in ‘n landswye kompetisie wat deur CNH Parts & Service van stapel gestuur is, is ‘n jarelange klant van NWK Meganisasie.

Pierre Vercueil (75) ‘n produsent van die Vryburg-omgewing, het die spoggerige prys op 27 Februarie tydens ‘n spoggeleentheid by NWK se hoofkantoor in Lichtenburg in ontvangs geneem.

Johan Bender (operasionele bestuurder van NWK Meganisasie), Heinrich Krüger (voorsitter van NWK se direksie), Pierre Vercueil (wenner van die New Holland TT3.45-trekker), Pieter Kleingeld (groephoof- uitvoerende beampte) en Bertus Jacobs (senior bestuurder van NWK Handel).

Die Win a tractor-kompetisie het behels dat elke aankooptransaksie van egte onderdele van
R10 000 gedurende Oktober tot Desember 2024, outomaties vir ‘n gelukkige trekking ingeskryf is. Meer as 1 000 inskrywings is ontvang. Pierre is op 24 Januarie tydens ‘n regstreekse uitsending op Facebook as die wenner aangekondig.

Kan dit waar wees?

Toe hy van sy prys in kennis gestel is, het Pierre egter gedink iemand skeer met hom die gek. “Ek het gedog iemand trek my been! Gedink dis seker ‘Vrypostige Mikrofoon’ of iemand wat met my ‘n storietjie maak, want ek het nog nooit iets gewen nie,” het Pierre by die geleentheid by NWK vertel.

“Net omdat ek die onderdele op Vryburg koop om my masjinerie reg te hou, het ek nou ‘n deelnemer geword van ‘n kompetisie waarvan ek nie iets geweet het nie.”

Pierre het boonop aanvanklik gedink dis ‘n klein modeltrekkertjie soos ‘n “dinky toy” wat hy vir sy kleinseun sou kon gee. Dit was ‘n groot verrassing toe hy besef het dis die ware Jakob.

Die waarde van sy prys is sowat R240 000 en Pierre is van plan om sy jongste werktuig in te span om hooi en brandpaaie te maak.

Pierre is sedert 1972 ‘n klant van NWK Meganisasie. “New Holland is goeie masjinerie. Dit gaan egter oor die naverkopediens. Groter korporatiewe besighede het net meer kapasiteit. As iets sou fout gaan, gaan die maatskappy by jou staan.

“NWK probeer sy bes om ‘n behoorlike diens te lewer. Hulle versprei goeie produkte en staan al jare daarby. Hulle het ‘n goeie werkswinkel met vriendelike mense. As ek bel, is daar altyd iemand wat luister en hulle bes doen om te help. Van die verkoopspersoneel… Frans Kamffer verkoop al jare aan my. Hy het goeie meganiese kennis en was eers self ‘n werktuigkundige. Dit werk uitstekend vir my.”

David Visser, hoof van CNH-onderdele in Suid-Afrika, het in ‘n verklaring gesê dat die kompetisie oor meer as net die prys gegaan het. “Dit het daaroor gegaan om ons klante te help om voor te bly. Deur in egte onderdele te belê, het hulle die betroubaarheid en produktiwiteit van hul toerusting verseker, aftyd verminder en hulleself gerat vir ‘n uitstekende seisoen.”

David Visser
Tags: MRT/APR 2025
Previous Post

Nuwe hoofkantoor van NWK4Sure Brokers met spoggeleentheid ingewy

Next Post

January/February 2025: Agricultural economic report


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In