• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Sat, Aug 9, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Genomika is dié stoet se gonswoord

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur

7 Aug 2025
in Nuus
Genomika is dié stoet se gonswoord

Die dier se hanteerder, Mawindo Tong en Marius Freeman.

Share on Facebook

’n Santa Gertrudis-bul van die Jumardi Santa’s-stoetery naby Delareyville is die reserwekampioen in Vleissentraal en SA Stam-boek se elitebulgroeitoetsklas. Sy eienaar, Marius Freeman (59), bars van trots oor dié prestasie, omdat dit beaam dat sy filosofie van “wat jy meet, is wat jy weet” die nodige vrugte afwerp en dat hy met selfvertroue hoë gehalte diere op sy produk-sieveilings kan aanbied.

Die driejarige FF 22-38 Jumardi Darcy het op 28 April by die Bloemskou die tweede plek in dié gesogte kompetisie ingepalm. Jumardi Santa’s het ook algeheel tweede onder die Santa Gertrudis-ras by die Bloemskou self geëindig en spog met 13 rosette, vir onder andere kampioenverskalf, reserwekampioenbul en reserwekampioenbulkalf.

Juan Freeman (32), Marius se seun, wat tans op ’n plaas in Amerika werk, het ’n sleutelrol in die stoetery se sukses gespeel.

Marius het sy boerdery in 2017 by Kameeldoringvlakte naby Delareyville gevestig nadat hy lank ’n sakeman in Mbombela (Nelspruit) was.

Marius Freeman met die toekenning.

Bulle aan streng toetse onderwerp

Al Jumardi Santa’s se bulle ondergaan fase C-toetse by die Landbounavorsingsraad se toetsstasie by Armoedsvlakte naby Vryburg. Die diere moet aan die begin van die toets tussen 151 en 250 dae oud wees. Hulle het ’n aanpassingsfase van 28 dae, waarna hul voerinname 84 dae lank individueel gemeet en hul voeromsetdoeltreffendheid bereken word.

SA Stamboek het ses van die Freemans se bulle op grond van hulle voeromsetverhouding (VOV) vir die elitebultoekenning genomineer. Die genootskappe besluit egter watter bul na die kompetisie deurdring.

Sáám met die syfers beoordeel hulle kwalifiserende bulle op grond van video’s en foto’s, en het hulle uiteindelik besluit om FF 22-38 Jumardi Darcy na die arena in Bloemfontein te stuur.

Marius beskryf die dag van die finale beoordeling as senutergend. “Ons het die oggend om 10:00 begin en daar het uiteindelik sewe bulle oorgebly. Teen 15:00 het hulle die topvyf gekies, dan later die topdrie …”

Martiens de Jager van die Grootpan-omgewing se Simmentaler, Gulland Gemmer, beklee die eerste plek (sien artikel) en Gawie en Willem Naudé van Rhodes in die Oos-Kaap se Braunvieh, Eduan Omega, die derde plek.

Marius het met Jumardi Darcy se tweede plek ’n welkome, unieke verkoopspunt by Nampo gehad waarmee hy sy pro­duk­sieveiling op 4 September kon bemark. “Ek het nie verwag dat die kompetisie se blootstelling só groot sou wees nie. Mense het ons herken en voorgekeer en ons het verskeie navrae ontvang.”

Die dier se hanteerder, Mawindo Tong.

Genomika ontsluit nuwe deure

“Dit gaan oor meet, meet, meet,” benadruk Marius. “Ek en Juan meet alles. Meet en selekteer.

“Sedert 2017 word al my bulle en verse geskandeer. Ek kan vir jou sê sy het ’n goeie lende, rump en oogspier. Hierdie bul het weer ’n swakker rump, maar is sterker op ’n vlak waar die vers swak is. Dan sit ek hulle bymekaar,” gesels Marius.

Al hulle diere word natuurlik gedek, want Juan glo die dier moet homself in die veld kan handhaaf. Die Freemans het in 2021 begin om meer op genomika te fokus. DNS-monsters word in Suid-Afrika en Ierland getoets.

’n Belangrike eienskap waarvoor die diere getoets word, is die sogenaamde 8-2-1-geen wat tot dubbelbespiering by ’n bees kan lei.

Daar is egter inderwaarheid geen dubbele bespiering nie, maar eerder ’n toename en vergroting in spierweefsel. “Daardie boud maak ’n naat. As jy hom slag, is hy blou en het hy nie vet nie,” verduidelik Marius die voorkoms van ’n dier met dubbelbespiering.

Dit lei egter ook tot ander probleme, soos onderontwikkelde geslagsdele, asook groot en swaar kalwers wat kalwings­probleme tot gevolg het. “’n Voerkraal koop boonop nie kalwers met dubbelbespiering nie, want hulle groei nie goed nie,” voeg hy by.

’n Kalf moet die geen egter van albei ouers erf om dié eienskap fisies te toon. Genomiese toetsing stel ’n teler soos Marius in staat om te sien watter diere draers van die geen is en watter nie. Só kan hy dus ’n draer van dié geen met ’n “skoon” dier teel.

Melk- en poena-gene word ook getoets, asook dié van vleis­sagtheid en marmering. Diere moet voorts genoegsame natuurlike vet hê om dragtig te raak, op die veld te hou en droogtes te kan weerstaan.

“Seleksie maak die deur oop vir baie dinge waarvan ons nie geweet het nie, wat ons nou tot ons voordeel kan gebruik,” sê Marius.

Hoe lyk die ideale Jumardi Santa?

Marius en Juan span lynteling in sodat die diere eenvormig is in voorkoms, kleur, hoogte, breedte en diepte.

  • Die bulle het ’n mediumraam, wat tot maklike geboortes bydra. Hulle het goeie breedte tussen die oë, sterk oogbanke, ’n goed ontwikkelde onderkaak en breë bek.
  • ’n Bul moet ’n sterk nek met goeie kantspierontwikkeling hê wat vol by die skouer aansluit, en ’n goed geplaaste skof wat die manlike eienskappe uitwys.
  • Bulle moet ’n goeie sprong van die rib hê vir orgaanspasie en rumenkapasiteit, met ’n sterk toplyn, vol onderlyn en kort skedes.
  • Diepte is baie belangrik, asook lengte en breedte oor die kruis, met ’n dyspier tot laag op die hak. Jumardi se bulle kan aan die gladde stertaanhegting, sterk gevormde bene, kloudiepte, gladde haarkleed en goed ontwikkelde testes uitgeken word.

Die stoetery se deelname aan fase C- en fase D-toetse is uiteraard ’n goeie aanduiding van die VOV, wat ’n belang­rike eienskap van goeie bulle is.

Bulle word verder gekenmerk aan goeie oogspieropper­vlakte en onderhuidse vet vir reproduksiedoeleindes, gradering, vleisgehalte, smaak en uitslagpersentasie.

Marius se lewensmaat, Sandra van Vuuren, bedryf Halfpad Handelshuis langs die N14 naby Kameeldoringvlakte. Hy beoog om die vleis van sy diere spesiaal te laat verpak en dit hier pertinent te bemark as dié van ’n Santa Gertrudis – ’n gesogte vleissoort wat ’n aangename eetervaring waarborg. “Ons het nog nie daardie volumes soos met ’n Angus nie, maar ons sal daar kom,” droom hy.

Intussen is hy opgewonde om by sy produksieveiling vir kommersiële produsente diere te kan bied wat in die veld hou. “Hulle is gehard, aanpasbaar, het ’n goeie geaardheid, voldoende melk en die vleisgehalte is uitstekend.”

NWK Arena het in 2023 oor dié pa en seun berig, wat toe reeds groot welslae met hul beeste behaal het. Kliek op die skakel om dié artikel te lees.

Tags: Jul/Aug 2025
Previous Post

Spogbul skop stof in mededingers se oë

Next Post

Ken jou regte: Beperk wetlike risiko’s op die jagveld


Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In