• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, Nov 13, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Landbou vandag

13 Nov 2025
in Tegniek
Landbou vandag
Share on Facebook

Wees gereed vir die nuwe seisoen

Die vorige seisoen was aan die einde baie nat, wat veroorsaak het dat produsente oor die algemeen met redelike nat grondprofiele geëindig het. Eric Louw, bestuurder: Presisieboerdery by AgTech@NWK, is dankbaar dat die voorspellings vir die nuwe seisoen ook gunstig is. Dit maak die produksievooruitsigte baie positief, veral omdat die grondprofiele alreeds nat is. Produsente moet dus die beste maak van hierdie geleentheid.

Eric deel ook die volgende nuttige advies: “Alle reënval, insluitende hoë-intensiteit donderbuie, moet doeltreffend in die grond gestoor word. Hou die bogrond ontvanklik vir reënwater sodat dit vinnig kan infiltreer. Dit kan gedoen word deur korse in die oppervlakte gereeld op te breek, oesreste op die grondoppervlakte te hou en verdigte lae op te hef sodat die water vinnig na die ondergrond kan dreineer.”

Plant op ’n skoon saadbed

’n Onkruidvrye saadbed is ononderhandelbaar. Kenmerkend van onkruid is dat dit sterk kompe­teerders is, wat veral gewassaailinge se aanvanklike ontwikkeling ernstig onderdruk. Die onkruid raap plantvoedingstowwe en water voor die gewasse op en laat honger saailinge agter.

Volgens Eric skei ’n wye verskeidenheid onkruide ook remstowwe af, wat die gewasse se ontwikkeling beperk. Onkruid moet dus doeltreffend beheer word sodat al die water en plantvoe­dingstowwe uitsluitlik vir die gewasse beskikbaar sal wees.

Veeprodusente, let op die volgende

Volgens Pieter le Roux, hoof-diere-en-weidingkundige by NWK, is dit belangrik om binne ses weke ’n skraagdosis toe te dien aan jong diere wat vir die eerste keer voorkomend geënt word om hul weerstand te versterk.

Dit is ook nou die tyd wanneer ontwurming strategies gedoen moet word. “Doseer teen die regte parasiet op die regte tyd en doseer slegs diere wat besmet is. Hou rekord daarvan en selekteer teen diere wat chronies besmet raak,” noem hy.

3 VINNIGE WENKE VIR BEESPRODUSENTE

  1. Hou vol met winterlek tot genoegsame groen weiding beskikbaar is. Die beste maatstaf is om die mis dop te hou. Sodra die diere se mis oor die algemeen begin los raak, kan daar voluit oorgeskakel word na somerlek (P6 of P12 om die helfte gemeng met sout).
  2. In die meeste beeskuddes met ’n kalfseisoen word die bulle in November/Desember by die koeie geplaas. Maak seker die bulle is getoets vir vrugbaarheid, trigomoniase en vibriose voor die dekseisoen begin.
  3. Help koeie en veral verse deur goeie voedingsbestuur ten einde teen dektyd op ’n kondisiepunt van 3,5 uit 5 te wees.

KRY OOIE SE KONDISIE GEREED

  • Ooie wat nou gepaar word, moet in kondisie toeneem om goed ram te vat. Dit staan bekend as ’n positiewe energiebalans. Begin met prikkelvoeding vanaf 14 tot 21 dae voordat die ramme bykom tot 21 dae ná die ramme bygesit is.
  • Koggel die ooie net vir nege dae en sit dan die ramme by. Koggelramme werk baie goed hierdie tyd van die jaar om die ooie op hitte te kry, maar 14 dae is te lank, want dan sal die vrugbaarste ooie reeds weer van hitte af wees.
  • Ooie wat binne die volgende ses weke gaan lam, moet teen Pasteurella, bloednier, blou-uier, rooiderm en bloedderm (indien dit in die omgewing voorkom) geënt word. Maak seker dat hierdie ooie nie kondisie verloor nie, veral die meerling- en tweetandooie.

Moenie op bemesting bespaar nie

Met die gunstige seisoenvoorspellings sal dit waarskynlik die verkeerde besluit wees om op kunsmis te spaar.

Hou by die geskikte bemestingspraktyke vir die grond en seisoen se potensiaal. Inteendeel, hou die seisoen dop en gee dalk eerder ‘n bietjie ekstra kunsmis.

Voldoende grondvog, doeltreffende bewerking, genoegsame bemesting en doeltreffende onkruidbeheer is steeds die belang­rikste aspekte wat tot ‘n optimale oesopbrengs lei.

Kersgeskenke vir elke smaak

Besoek gerus die OFM NAMPO Park Kersmark, wat van 27 tot 29 November by NAMPO Park buite Bothaville aangebied word. Geskenke, smullekker eetgoed en produkte wat gebruik kan word om jou Kersmaal ekstra lekker te maak, is hier beskikbaar. Daar is ook ’n pretpark waar die kleinspan kan speel terwyl ma haar inkopies doen.

Ander nuus uit Noordwes

  • Tydens die Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika se jaarlikse presidentsdinee en prysuitdeling, het Noordwes-broers, Gideon en Jan (jnr) van Zyl van Kroon Vee Boerdery, die Makroteler van die Jaar-toekenning ontvang.
    Ting Braithwaite, president van die SA Brahman-genootskap, by Jan van Zyl jnr. (Foto: Veeplaas)

    Jes-C Boerdery (DNS Brahmane) van Joe en Edna Kloppers van Vaalwater in Limpopo was tweede, en Lood van Rensburg se Renzo Boerdery van Paul­pietersburg in KwaZulu-Natal was derde.

  • Twee Noordwesters is as Bayer se vroue van die jaar gekroon. Die 46-jarige Rosina Katlego Kubedi, wat tussen Lichtenburg en Mahikeng boer, is as die Vroueboer van die Jaar gekroon, terwyl Margerite van Niekerk (36) van Brits as Bayer se Boervrou van die Jaar aangewys is.
    Foto: Bayer (Facebook)

    Du Toit van der Westhuizen, wat in die Lichtenburg-omgewing boer, het dié treffende tonele op sy plaas gesien ná ’n haelstorm op Saterdag, 18 Oktober. Dit lyk behoorlik of daar wolke in die skadunette vasgevang is. Sy vrou Vida het die unieke gesig met die lens vasgevang – en vir ’n interessante voorbladfoto vir dié uitgawe gesorg.

Neem asb kennis

Arno Janse van Vuuren (tegniese redakteur) ervaar tans gesondheidsprobleme en kon nie sy gereelde “Uit die redakteur se pen” lewer nie. Die res van die redaksie se gebede en gedagtes is met hom.

Tags: Nov/Des 2025
Previous Post

Praktiese riglyne vir die 1ste tree in boerdery

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 Nov 2025
Praktiese riglyne vir die 1ste tree in boerdery

Praktiese riglyne vir die 1ste tree in boerdery

13 Nov 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 Nov 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 Nov 2025
Praktiese riglyne vir die 1ste tree in boerdery

Praktiese riglyne vir die 1ste tree in boerdery

13 Nov 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 Nov 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In