• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Fri, Jul 24, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

NWK-wins daal weens strawwe handelstoestande

23 Jul 2026
in Dinamiese vennoot
Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

NWK het ʼn omset van R5 882 miljoen behaal – ‘n marginale afname van 1,8%. Wins ná belasting het R5 miljoen beloop, teenoor R115 miljoen in 2025. Die wesensverlies is grootliks toe te skryf aan twee eksterne faktore – ‘n sonneblomoes met lae olie‑inhoud wat die hele oliesaadbedryf geraak het asook ‘n onverwagte verskuiwing in Noordwes se mieliemark, wat die verhaalbaarheid van premies verminder het. Afgesien hiervan het die meerderheid van NWK se bedryfsegmente ʼn stewige prestasie gelewer en is die groep se dividendbeleid gehandhaaf.

“Die finansiële resultate vir die jaar tot 30 April 2026 was teleurstellend,” het Pieter Jansen van Vuuren, voorsitter van NWK Beherend, gesê. “Die 2025-reënseisoen is gekenmerk deur ʼn midsomerdroogte, met rekordhoë temperature van Januarie tot middel Februarie. Die daaropvolgende buitengewone hoë reënval gedurende einde Februarie en Maart het die graangehalte van beide mielies en sonneblom wesenlik negatief beïnvloed,” het hy bygevoeg.

Oorsig van die groep se prestasie:

  • Verbeterde inkomste op plaasvlak danksy hoër graanopbrengste het ‘n positiewe uitwerking op die Handel-segment gehad, wat gelei het tot ‘n verbetering van 100% in resultate teenoor die vorige jaar.
  • Ondanks heersende teenwinde soos bek-en-klouseer en ontwrigtings in die voorsieningsketting het NWK ʼn strategie geïmplementeer wat op die optimalisering van die brandstofbesigheid en verbeterde logistiek gefokus het ten einde produsente verder op plaasvlak te ondersteun. Die strategie was doeltreffend en het NWK in staat gestel om produsente gedurende tydperke van beperkte beskikbaarheid by te staan.
  • Die Finansiële dienste-segment het bevredigend presteer, met resultate wat met 19,4% toegeneem het, hoofsaaklik weens die doeltreffende bestuur van oninbare skuld oor jare.
  • Die groei van AgTech@NWK, met ʼn fokus op tegnologie, hommeltuigtoerusting en -dienste, was besonder noemenswaardig.
  • Die 2024/2025‑sonneblomoes het ʼn ondergemiddelde olie-onttrekking gelewer – ‘n vlak wat weens ongunstige weer en saadgehalte regoor die bedryf ervaar is. Dit het ‘n verlies na belasting van R65 miljoen vir Epko Oil Seed Crushing tot gevolg gehad.
  • NWK se graanverhandelingsafdeling het die seisoen betree op grond van ʼn markbeskouing dat die vraag na witmielies – sowel plaaslik as uit buurlande – sterk sou bly en dat die premies deur verkope en gunstige prysverskille verhaal sou word. Namate die seisoen gevorder het, het uitvoergeleenthede weens politieke inmenging deur buurlande afgeneem.
  • Die Kommoditeite-segment se swakker prestasie weerspieël hoofsaaklik die meer konserwatiewe waardasiebeginsels wat die afgelope jare aanvaar is en ʼn stadiger uitlaaitempo.

Vooruitsigte

“Die laat reëns van 2025 het nie nét skade veroorsaak nie. Produsente kon die nuwe seisoen met ʼn goeie oordrag van grondvog aanpak. Sonneblomsaad van die nuwe seisoen, wat reeds gedurende April en Mei ontvang is, is van hoë gehalte en NWK is werklik optimisties oor wat die impak hiervan gaan wees,” het Jansen van Vuuren afgesluit.

Met die verwagting dat die 2025/2026‑produksiejaar ‘n rekordoes en hoër oordragvoorrade sal lewer, word ‘n sterker prestasie van die Kommoditeite-segment vir die 2026/2027‑boekjaar in die vooruitsig gestel. Voortgesette klem op die strategie vir sonneblom met ‘n hoë olie‑inhoud en die ingebruikneming van Epko Oil Seed Crushing se opgegradeerde raffinadery sal na verwagting olie-opbrengste en marges verbeter.

Heersende eksterne risiko’s soos El Niño-toestande en geopolitieke spanning (bv. die oorlog in Iran) kan die Handel-segment raak, maar die groep se brandstofstrategie is daarop ingestel om die impak tot ʼn mate te versag.

Ondanks die swakker netto resultate staan NWK steeds skouer aan skouer met sy belanghebbendes deur die landbou se sikliese aard heen. Te midde van stygende insetkoste en die ernstige uitwerking van lae graanpryssiklusse het die direksie ʼn nuwe finansieringsproduk goedgekeur wat produsente in staat stel om op opbergingskoste te bespaar en krediet teen ‘n mededingende koers te bekom, sonder om die geleentheid prys te gee om in die toekoms by gunstiger prysvlakke te baat.

Dividende

Ondanks die winsdaling het die direksie sy dividendbeleid gehandhaaf en in November 2025 ‘n tussentydse dividend van 23 sent per aandeel en ‘n finale dividend van 4 sent per aandeel betaal, wat ons verbintenis tot aandeelhouers beklemtoon. Op grond van die finansiële resultate vir 2025/2026 sal ongeveer R9,4 miljoen deur middel van die NWK‑lojaliteitsprogram aan ons lojale klante teruggegee word.

Die finansiële resultate is op NWK se webwerf beskikbaar by https://www.nwk.co.za/financial-results/.

Tags: Jul/Aug 2026
Previous Post

May/June 2026: Agricultural economic report

Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-wins daal weens strawwe handelstoestande

23 Jul 2026
May/June 2026: Agricultural economic report

May/June 2026: Agricultural economic report

8 Jul 2026

Intensiewe lamstelsels lok al meer belangstelling

11 May 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-wins daal weens strawwe handelstoestande

23 Jul 2026
May/June 2026: Agricultural economic report

May/June 2026: Agricultural economic report

8 Jul 2026

Intensiewe lamstelsels lok al meer belangstelling

11 May 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In