• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Sep 21, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

‘n Toep wat jou help om volhoubaar te boer

Unita Breytenbach, GIS-analis

21 Sep 2026
in Dinamiese vennoot
‘n Toep wat jou help om volhoubaar te boer
Share on Facebook

Presisieboerdery het die manier waarop produsente besluite neem, ingrypend verander. Deur grond-, gewas- en chemiese data digitaal te bestuur, kan produsente hul lande meer akkuraat ontleed en insette doelgerig aanwend. Op NWK se geïntegreerde platform, NWK Online, is al hierdie inligting op een plek beskikbaar, sodat produsente vinnig toegang tot belangrike landboukundige data kan verkry.

PRODUSENTE met ’n NWK-rekeningnommer kan toegang tot NWK Online verkry deur ’n gebruikersnaam en wagwoord te skep. Nadat die produsent sy profiel geskep het, kan hy dan met sy gebruikersnaam en wagwoord by NWK Online aanmeld. Die produsent kan dan die Land- en Reënvalinligting-afdeling oopmaak, waar hy die gekose plaas en land kies om die beskikbare presisieboerdery-inligting te besigtig. Figuur 1 verduidelik hoe die NWK Online-toepassing werk.

Figuur 1: Die NWK Online-toepassing.

Die platform is ontwerp om gebruikersvriendelik te wees en maak dit maklik om data vanaf enige plek en op enige tyd te raadpleeg. Die presisiedata wat op NWK Online gestoor kan word, word
hieronder bespreek.

GRONDKARTERING

Die beginpunt van presisieboerdery is fisiese grondkartering of sogenaamde potensiaalbepalings. Die data word deur kundiges by AgTech@NWK in die lande ingesamel.

Grondkaarte vorm die basis van doeltreffende grondbestuur. Die digitale grondkaarte op NWK Online dui die grondtipes, grondkenmerke en grondeienskappe in ’n land aan. Hierdie inligting stel produsente in staat om verskillende bestuurspraktyke vir spesifieke sones toe te pas.

Wanneer grondvariasies geïdentifiseer word, kan bemesting, kalktoediening en ander bestuursbesluite beter aangepas word volgens elke gedeelte van die land se unieke behoeftes. Dit verbeter hulpbronbenutting en kan uiteindelik tot opbrengsverhogings lei.

CHEMIESE KAARTE

Die volgende belangrike aspek van die presisiedata waarna produsente op NWK Online kan kyk, is chemiese grondkaarte. Dit word saamgestel uit grondmonsters wat volgens ’n voorafbe­paalde ruit (grid), meestal ’n 1 ha- of 2 ha-ruit, geneem en in ’n laboratorium ontleed word. Die resultate word deur NWK AgTech se GIS-afdeling verwerk om digitale kaarte van belangrike grondparameters saam te stel.

Hierdie kaarte sluit onder andere die volgende in:

  • Grond-pH, fosfaat (P), kalium (K), kalsium (Ca), magnesium (Mg), natrium (Na), swael (S) en verskeie mikrominerale.
  • Die verhouding waarin bogenoemde minerale tot mekaar voorkom, word ook bereken en grafies op kaarte weergegee.
  • Verskeie regstellings- en voorskrifkaarte word ook gegenereer en op NWK Online gelaai.

Die chemiese data help landboukundiges om akkurate aanbe­velings ten opsigte van bemesting en grondverbeteraars vir elke bestuursone te maak.

GEWASPOTENSIAAL

Een van die faktore, wat dalk as die belangrikste onder droëlandgewasproduksie beskou kan word, is om die grondpotensiaal, waterhuishouding en beskikbaarstelling van water aan gewasse te bepaal. Indien boge­noemde inligting bekend is, kan baie nader aan die werklike grondpotensiaal beweeg word.

Gewaspotensiaalkaarte bied waardevolle insig in die verskillende gedeeltes van ’n land se produksievermoë. Aangesien nie alle grondtipes dieselfde opbrengspotensiaal het nie, help hierdie kaarte produsente om bestuurspraktyke volgens elke sone se potensiaal aan te pas.

Hierdie benadering bevorder doeltreffen­der gebruik van insette en ondersteun volhoubare produksie.

STROPERDATA

Produsente kan rou stroperdata ook vir verwerking op die NWK Online-toepas­sing laai. Die personeel van AgTech@NWK verwerk dan die stroperdata, waarna dit weer as ’n kaart op die produsent se NWK Online-profiel gelaai word.

Deur die stroperkaarte op NWK Online oop te maak, kan die produsent presies sien wat die opbrengste op verskillende dele van die land was. Die stroperkaarte kan dan saam met die grondkaarte, gewaspotensiaalkaarte, NDVI-beelde en enige ander presisiekaarte gebruik word om nuwe toedieningskaarte te genereer.

Integrasie van data

Hoewel digitale kaarte groot hoeveelhede inligting bevat, lê die werklike waarde in die korrekte interpretasie daarvan. Die landboukundiges van AgTech@NWK kan produsente help om patrone in die data te identifiseer en aanbevelings te maak wat vir elke plaas se unieke omstandighede aangepas is.

Deur grondkartering, chemiese ontle­dings, gewaspotensiaal en stroperkaarte gesament­lik te evalueer, kan meer akkurate bestuursbesluite geneem word en die voordele van presisieboerdery ten volle benut word.

NWK Online maak dit moontlik om belang­rike grond-, gewas- en chemiese data op een digitale platform te bestuur. Hierdie geïntegreerde benadering ondersteun beter be­planning, doeltreffender gebruik van insette en beter besluitneming. Indien grondkartering- of chemiese data nie op NWK Online sigbaar is nie, moet die lande eers aan die produsent se profiel gekoppel word en die GIS-data deur NWK AgTech opgelaai word.

Samevatting

Geografiese data van gewasproduksie kan baie intimiderend wees en is onmoontlik om sonder rekenaartegnologie te integreer. Die doeltreffende gebruik van die tegnologie wat op NWK Online beskikbaar is, dra by tot meer presiese, winsgewende en volhoubare boerdery.

Tags: Sep/Okt 2026
Previous Post

Damesdag fokus op vroue se unieke rol

Next Post

Ysterman-span tree aan vir landelike veiligheid

Recommended

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

21 Sep 2026
Jou beste vriend verdien die beste

Jou beste vriend verdien die beste

21 Sep 2026
How to grow a picture-perfect lawn

How to grow a picture-perfect lawn

21 Sep 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

21 Sep 2026
Jou beste vriend verdien die beste

Jou beste vriend verdien die beste

21 Sep 2026
How to grow a picture-perfect lawn

How to grow a picture-perfect lawn

21 Sep 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In