• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Sep 21, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Damesdag fokus op vroue se unieke rol

Onder redaksie van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

21 Sep 2026
in Dinamiese vennoot
Damesdag fokus op vroue se unieke rol

‘n Groep VLU-lede wat ook die klas van 1980 se reünie bygewoon het.

Share on Facebook

IN die gees van Vrouemaand het NWK op 1 Augustus hul waardering vir die besondere rol van vroue gevier tydens die jaarlikse Damesdag by die NWK Opleidingsentrum in Lichtenburg. Damespersoneel en die gades van klante, waarvan baie aktiewe VLU-lede is, is bederf met ’n oggend van inspirasie, humor en samesyn.

Die geleentheid het afgeskop met ’n inspirerende boodskap deur Thea van Rooyen, wat die tema “Vitamiene Christus” gebruik het om die belangrikheid van daaglikse geestelike voeding te beklemtoon. Sy het op ’n treffende wyse die voordele van vitamien C met die geestelike voeding wat Christus aan gelowiges bied, vergelyk. Soos vitamiene die liggaam versterk, reinig en beskerm, herinner Christus mense daaraan om daagliks hul krag, hoop en vrede in Hom te vind.

Sy het die vroue aangemoedig om hul geestelike “vitamiene” elke dag aan te vul deur tyd saam met God deur te bring, sodat hulle die uit­dagings van die lewe met nuwe moed, geloof en vreugde kan aanpak.

Die gaste is verwelkom deur Petra Seymore, programleier en koördineerder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie, wat die dames herinner het dat hierdie geleentheid veel meer as net nog ’n datum op die kalender is. Dit is ’n geleentheid om die vroue te vier wat daagliks met liefde, toewyding en deursettingsvermoë hul gesinne, gemeenskappe en die landboubedryf ondersteun.

Die akteur Frank Opperman het 15 karakters uitgebeeld tydens die aanbieding van “Reünie”.

“Vind vreugde in die klein oomblikke wat die lewe besonders maak. Neem die foto. Plant die blom. Dra die mooi rok. Gebruik die goeie koppies. En wag minder vir ‘eendag‘, want die lewe gebeur nie eendag nie – dit gebeur vandag. By NWK glo ons dat sukses nie net deur besigheid gebou word nie, maar deur mense. En agter baie van daardie mense staan buitengewone vroue wat elke dag ondersteun, inspireer en bydra.”

Die gaste is verwelkom deur elegante dekor waar helder suurlemoene, koningsblou Delft-blomontwerpe en klassieke blou-en-wit aksente saamgesmelt het om
‘n vars, stylvolle atmosfeer te skep.

‘n Spesiale skoolreünie met ‘n diep boodskap

Die hoogtepunt van die dag was ongetwyfeld die optrede van die veelbekroonde akteur, Frank Opperman. Hy het die gehoor betower met sy aangrypende eenmanvertoning, “Reünie”, wat deur die bekende skrywer, Dana Snyman, geskryf is.

Die verhaal speel af tydens ’n skoolreünie waar die matriekklas van 1980, ná ’n vyf jaar lange uitstel weens die pandemie, uiteindelik weer bymekaarkom. Die gehoor word deur die oë van die verteller, Petrus Boshoff, saamgeneem op ’n reis deur herinneringe, humor en die onverwerkte emosies van die verlede. Soos die aand ontvou, kry verskeie oud-klasmaats hul beurt agter die mikrofoon – sommige sorg vir skaterlag-oom­blikke met hul unieke persoonlikhede en lewensverhale, terwyl ander die gehoor tot stilte dwing met diep besinnende oomblikke.

Onder die ligte nostalgie skuil egter ’n gedeelde tragedie wat 45 jaar tevore plaasgevind het – ’n gebeurtenis wat die oud-klasmaats nou, vir die eerste keer, saam moet konfronteer. Die verhaal laat die gehoor nadink oor die betekenis van die ou skoolleuse, “Voorwaarts”, en hoe ’n mens ten spyte van teleurstellings, verlies en die verloop van tyd steeds met hoop en moed vorentoe
kan leef.

Met slegs ’n koelboks, ’n skoolbaadjie en sy uitsonderlike vermoë om deur sy stem, hou­ding en liggaamstaal te transformeer, het Frank Opperman nie minder nie as 15 verskillende karakters op die verhoog tot lewe gebring. Sy meesterlike vertolking het die vroue laat skaterlag, nostalgies laat terugdink aan hul eie skooldae en opnuut herinner aan die waarde van vergifnis, menswees en die stories wat almal saamdra.

Die vertoning het besonder goed aangesluit by die dag se tema. Net soos die karakters in “Reünie” moes terugkyk om met nuwe perspektief vorentoe te beweeg, is die vroue ook herinner om hul eie lewensreis te vier – die uitdagings wat hulle oorwin het, die mense wat hulle gevorm het en die moed waarmee hulle elke nuwe dag aanpak. Die geleentheid het opnuut bewys hoe belangrik dit is om soms doelbewus tyd te maak om die mense te vier wat so dikwels hulself eerste opsyskuif om ander te dien.

Augustus herinner Suid-Afrikaners jaarliks aan die betekenis van Vrouedag en die belangrike rol wat vroue in die geskiedenis én die alledaagse lewe speel. Daar is ’n gesegde wat sê: “Sterk vroue bou nie net hul eie toekoms nie, hulle help ook ander om in hul eie potensiaal te glo.”

NWK is trots daarop om hierdie tradisie voort te sit deur erkenning te gee aan die vroue wat met hul geloof, wysheid, harde werk en omgee ’n blywende verskil maak – in hul huise, op plase, in ondernemings en in gemeenskappe.

Petra Seymore, die programleier, die akteur Frank Opperman en Johan Bezuidenhout, groepbestuurder: Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie.
Tags: Sep/Okt 2026
Previous Post

Moderne droërs vergemaklik droging

Next Post

‘n Toep wat jou help om volhoubaar te boer

Recommended

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

21 Sep 2026
Jou beste vriend verdien die beste

Jou beste vriend verdien die beste

21 Sep 2026
How to grow a picture-perfect lawn

How to grow a picture-perfect lawn

21 Sep 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

21 Sep 2026
Jou beste vriend verdien die beste

Jou beste vriend verdien die beste

21 Sep 2026
How to grow a picture-perfect lawn

How to grow a picture-perfect lawn

21 Sep 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In