• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Sep 21, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Moderne droërs vergemaklik droging

Onder redaksie van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

21 Sep 2026
in Dinamiese vennoot
Moderne droërs vergemaklik droging

Die silo by Koster spog met een van dié droërs.

Share on Facebook

IN ‘n tyd waar graangehalte en doeltreffende oeshantering al hoe belangriker word, speel moderne drogingstegnologie ’n sleutelrol in die waardeketting van graanproduksie.

Die installering van gevorderde graandroërs by die Boons- en Koster-silo‘s het NWK se silo-infrastruktuur verder versterk. Volgens Jansen van Vuuren (bestuurder: Ingenieursdienste by NWK se Silodienste) stel hierdie belegging produsente in staat om graan met hoër vogvlakke te lewer, terwyl die risiko van gehalteverliese verminder word en die doeltreffendheid van graanhantering verbeter word.

Unieke ontwerp om hoë kapasiteit te hanteer

Die Alvan Blanch horisontale dubbelvloei-dubbelbeddroërs is uniek ontwerp om hoë kapasiteit te hanteer terwyl die graangehalte behoue bly. Anders as konvensionele droërs wat op swaartekrag staatmaak om graan deur ’n kolom te laat val, ge­bruik hierdie horisontale droërs ’n vervoerband met ’n swaar­gewig-ketting om graan oor twee skuins beddens te trek.

Die beddens bestaan uit oorvleuelende staal-hortjiepanele, wat groot volumes verhitte lug met minimale statiese weerstand opwaarts deur die graanbed laat beweeg. Die spesifieke hoek en spasiëring van die panele verhoed dat graan deurval, terwyl dit verseker dat kaf, stof en klein deeltjies nie die lugvloei belemmer nie.

Hierdie ontwerp stel silo-operateurs in staat om tussen verskillende gewastipes – soos koring, mielies, gars, sonneblom en selfs delikate peulgewasse – te wissel sonder dat die strukturele bedplate verander hoef te word.

Die verwerking van “rou” graan, direk vanaf die land, bring groot hoeveelhede onsuiwerhede saam, soos strooi, kaf, leë pitte, kleiner onkruidsade en stof. Dit is noodsaaklik om met skoon graan te werk om die maksimum nominale kapasiteit en termiese doeltreffendheid van ’n droër te bereik.

Die Alvan Blanch-droër het hierdie funksie geïntegreer, waar graan van een bed na die ander val. Die skoonmaak van graan verbeter die droër se prestasie ten opsigte van ’n vermindering in energieverbruik, verbeterde lugvloei, die voorkoming van stof-opeenhoping, wat ook brande kan veroorsaak, en laat uitlaatlugstelsels vry van swaar neerslae.

Hierdie droër het ook ’n geïntegreerde natuurlike aspirasiestelsel by die punt waar die graan tussen die droërbeddings oorgaan. Dit verwyder outomaties ligter materiaal soos kaf, stof, strooi en fyn onsui­werhede uit die graanstroom tydens die droogproses, wat die behoefte aan uitgebreide voorafskoonmaak verminder.

Hierdie geïntegreerde skoonmaakaksie help om doeltreffende lugvloei te handhaaf, die ophoping van stof te beperk en vei­lige, betroubare droërwerking te ondersteun. Die droër kan dus graan direk vanaf die land doeltreffend hanteer sonder dat dit vooraf volledig skoongemaak moet word, terwyl hoë kapasiteit en droogdoeltreffendheid gehandhaaf word.

Belangrikste voordele

Die belangrikste voordele van dié droër vir NWK se silo‘s is:

  • Hoër hanteringskapasiteit
  • Kontinuïteit
  • Laer operasionele hoogte in vergelyking met tradisionele vertikale kolomdroërs
  • Presisievogbeheer

Ander voordele is dat dié droërs ’n impak op installasiekoste het. Dit beperk die oordroging van graan, wat die verkoopbare gewig verminder, en beperk ook die vermorsing van brandstof. Laastens beperk dit onderdroging, wat tot bederf in die silo kan lei.

Die Alvan Blanch horisontale dubbelvloei-dubbelbeddroërs se unieke ontwerp maak dit moontlik dat hoë kapasiteit graan sonder ‘n verlies aan graangehalte hanteer kan word.

Die graandrogingsproses kan maklik vergelyk word met beskuit wat gedroog word. Te nat beskuit beteken ’n verkorte raklewe, en beskuit wat te droog is, is eenvoudig net nie lekker nie en sal nie ’n topverkoper wees nie.

SPOEDBEHEER

Die dubbelvloeistelsel beskik oor uiters responsiewe spoedbeheer. Operateurs kan die vervoer-
bandspoed aanpas om die tyd wat graan in die droër spandeer presies te bestuur, sodat dit by die vereiste vogonttrekkingsprofiel pas.

Graansilo‘s vereis ’n hoë deurset, lae energievoetspore, en groter gewasbuigsaamheid. Daarom staan die Alvan Blanch horisontale dubbelvloeidroër uit as ’n uiters betroubare bate, wat sagte
meganiese hantering, geïntegreerde skoonmaak en meersta­dium-termodinamiese lugvloei kombineer. Só word verseker dat graan langtermyn-siloberging met ’n optimale voginhoud, die beste gehalte en hoë markwaarde binnegaan.

Tags: Sep/Okt 2026
Previous Post

Koester die spesiale oomblikke

Next Post

Damesdag fokus op vroue se unieke rol

Recommended

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

21 Sep 2026
Jou beste vriend verdien die beste

Jou beste vriend verdien die beste

21 Sep 2026
How to grow a picture-perfect lawn

How to grow a picture-perfect lawn

21 Sep 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

21 Sep 2026
Jou beste vriend verdien die beste

Jou beste vriend verdien die beste

21 Sep 2026
How to grow a picture-perfect lawn

How to grow a picture-perfect lawn

21 Sep 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In