• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Sep 21, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Promosie

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

Clarise Swart, Bemarking en kommunikasie, Laubstar

21 Sep 2026
in Promosie
Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot
Share on Facebook

Betroubare vervoer is noodsaaklik vir produsente, landbou-ondernemings en vervoerders. Wanneer ‘n voertuig stilstaan, staan meer as net ‘n vragmotor stil – die hele voorsieningsketting kan geraak word. Dit is juis hier waar Laubstar Fleet Services ‘n belangrike rol speel: Om ondernemings te help om hul vloot aan die beweeg te hou en hul bedrywighede met vertroue voort te sit.

Met meer as 40 jaar se ervaring in die kommersiële voertuigbedryf het Laubstar hom gevestig as ‘n betroubare naam in vragmotor- en sleepwaverkope, onderdele en tegniese ondersteuning. Vandag is die onder­neming ‘n multi-franchise-handelaarsgroep wat onder meer FAW Trucks, IVECO, Powerstar en UD Trucks verteenwoordig.

‘N ALLES-IN-EEN VERVOEROPLOSSING

Laubstar se fokus gaan egter verder as die verkoop van ‘n nuwe vragmotor. Die doel is om ‘n volledige vervoeroplossing te bied wat by elke kliënt se unieke behoeftes aangepas is. Dit sluit nuwe en gebruikte vragmotors, finansiering, inruilopsies, vlootkonsultasies en verskeie bak- en voertuig­oplossings in.

Hierdie benadering is veral waardevol vir die landbousektor. Landbouprodukte, veevoer, kunsmis, toerusting en ander insette moet dikwels oor groot afstande vervoer word – en tyd is geld. Laubstar ondersteun reeds ‘n wye verskeidenheid bedrywe, waaronder algemene landbou, vee, voer, suiwel, langafstandvervoer, konstruk­sie, mynbou en vinnigbewegende verbruikersgoedere (fast-moving consumer goods of FMCG).

‘n Belangrike deel van Laubstar se aanbod is sy naverkooponder­steuning. Die onderneming bied vragmotor- en sleepwadiens en herstelwerk, onderhoudskontrakte, paneelklopwerk, outo-elektriese dienste, sweiswerk en wielsporing. Met vaardige tegnici en toegang tot ‘n uitgebreide reeks onderdele word daar op vinnige en professionele ondersteuning gefokus om stilstand tot die minimum te beperk.

Laubstar se strategiese ligging langs die N12- en N14-vervoerkorridors versterk dié ondersteuning verder. Met takke in Klerksdorp, Potchef­stroom, Lichtenburg en Uping­ton kan dié onderneming
kliënte in Noordwes en die Noord-Kaap bedien – streke waar landbou, mynbou, logistiek en handel ‘n belangrike rol in die plaaslike ekonomie speel.

MEER AS NET ‘N TRANSAKSIE

Vir Laubstar gaan goeie diens uiteindelik oor meer as net ‘n transaksie. Dit gaan oor langtermynverhoudings, begrip vir ‘n kliënt se besigheid en oplossings wat werklik waarde toevoeg. Met onderhoudsplanne, vlootkonsultasie, finansieringsopsies, tegniese ondersteuning en 24/7-bystand is die fokus daarop om kliënte se bedrywighede so glad as moontlik te laat verloop.

In ‘n sektor waar betroubaarheid, koste en tyd elke dag ‘n rol speel, bly Laubstar se doel eenvoudig: Om die regte vervoeroplos­sing, ondersteuning en kundigheid aan kliënte te bied sodat hulle kan fokus op wat hulle die beste doen.

laubstar.co.za
info@laubstar.co.za
Lichtenburg,
Potchefstroom,
Klerksdorp,
Upington.

Tags: Sep/Okt 2026
Previous Post

Jou beste vriend verdien die beste

Recommended

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

21 Sep 2026
Jou beste vriend verdien die beste

Jou beste vriend verdien die beste

21 Sep 2026
How to grow a picture-perfect lawn

How to grow a picture-perfect lawn

21 Sep 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

Laubstar Fleet Services: betroubare vervoervennoot

21 Sep 2026
Jou beste vriend verdien die beste

Jou beste vriend verdien die beste

21 Sep 2026
How to grow a picture-perfect lawn

How to grow a picture-perfect lawn

21 Sep 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In