• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Vet vee pronk by skou

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

13 Nov 2020
in Nuus
Vet vee pronk by skou

Die beoordelaars kyk na hoe die deelnemende diere vertoon tydens die op hoef-beoordeling.

Share on Facebook

Hoërskool Lichtenburg se jaarlikse vetveeskou is van 4 tot 7 November by die Johan Botha-veilingslokaal op die plaas Rietgat aangebied. Dit was geen maklike taak vir die beoordelaars om hierdie jaar se wenners aan te wys nie.

Johan Strydom, Johan de Klerk en Paul Maree, het die beoordeling behartig. “Daar is nie groot verskille in die diere wat ingeskryf is nie. Dit dui op ‘n deurlopende kwaliteit, wat regtig goed is,” het Paul tydens die op hoef-beoordeling op 4 November, opgemerk.

Gert Britz van JP du Preez (eerste en derde plekke) en Willie van der Berg van Loriza Brahmane (tweede) was die top vertoners in Klas A.
Peet Niewoudt van Niemand & Seun het skoonskip gemaak in Klas C en die eerste vier plekke ingepalm.
Rocco Botha (eerste en tweede) van JBH en Peet Niewoudt (derde) het uitgestaan in Klas D.
Peet Niewoudt van Niemand en Seun was die top vertoner in Klas E.
In die afdeling enkel kampioen op hoef was Damian Smith van Bulskop Boerdery die wenner en Peet Niewoudt van Niemand & Seun het die tweede en derde plek verkry.
Paul Maree en Johan Strydom (albei senior beoordelaars), Damian Smith (enkel kampioen op hoef), Peet Niewoudt (groep kampioen op hoef), Johan de Klerk (junior beoordelaar) en Hennie Gerber (Samic).

In die op hoef-afdeling was daar vyf klasse waarin meegeding kon word:

  • Klas A: 340 kg tot 400 kg.
  • Klas B: 401 kg tot 440 kg.
  • Klas C: 441 kg tot 470 kg.
  • Klas D: 471 kg tot 490 kg.
  • Klas E: 491 kg en meer.

Kwaliteit van inskrywings

Johan (Strydom) het sy waarnemings só opgesom: “Die kwaliteit van inskrywings is beslis beter as die vorige jare. Die kalwers is beter gevoer. Wat wel nog ‘n bietjie pla, is van die ligter kalwers wat na ons mening nie vet genoeg is nie. Hulle het ‘n baie mooi bouvorm, maar hulle vet en vetverspreiding kan beter wees.”

Hy het deelnemende produsente aangeraai om dit aan te spreek deur met veekundiges en verteenwoordigers van veemiddelmaatskappye te gesels. “As hulle bymiddels wil toedien, moet dit op die regte stadium geskied, aangesien dit ‘n impak op die vetverspreiding het as jy slag,” was sy raad.

Johan (Strydom) was opgewonde om te sien of hulle eerstes keuses op hoef, sou ooreenstem met dié aan hak. Die aan hak-beoordeling het op 7 November plaasgevind.

Hoewel Bulskop Boerdery die enkel kampioen op hoef met kalfnommer 40 (Bonsmara) was, was dit kalfnommer 38, ook van Bulskop, wat die swaarste sou uitslag.

Niemand & Seun se groep 13 (Charolais X) was die groep kampioen op hoef, terwyl Bulskop Boerdery se groep 11 (Beefmaster), die groep kampioen aan hak was.

NWK Retail was een van die hoofborge.

Volledige uitslae

KLAS-WENNERS

OP HOEF-WENNERS

AAN HAK-WENNERS

Die beoordelaars kyk na hoe die deelnemende diere vertoon tydens die op hoef-beoordeling.

Tags: Nov/Des 2020
Previous Post

Roofvoëls wat met ‘n arendsoog kyk

Next Post

Landbou styg uit tydens pandemie, maar “moeilike pad lê voor”

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In