• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Elektroniese identifikasie kan veediefstal hokslaan

26 Nov 2020
in Tegniek
Elektroniese identifikasie kan veediefstal hokslaan
Share on Facebook

Die gebruik van RFID-tegnologie (radio frequency identification), asook ander vee-identifikasie- en moniteringstelsels, word al hoe belangriker vir veeprodusente.

In baie gevalle kan die toename in veediefstal toegeskryf word aan die feit dat vee nie behoorlik geïdentifiseer kan word nie. Volgens Gerhard Schutte, hoof- uitvoerende beampte van die Rooivleisprodu­sente-organisasie, is die eerste verdedigingslinie ’n wettige, permanente merk (sagrainmag.co.za, 30 September 2020), aangesien die Wet op die Identifikasie van Diere (Wet 6 van 2002) die merk van vee verpligtend maak. Met die toename in vee­diefstal het dit egter nodig geword om elektroniese identifikasiestelsels te begin inspan.

Twee soorte stelsels

IDENTIFIKASIESTELSELS

Hierdie stelsel identifiseer slegs die dier deur middel van byvoorbeeld RFID-tegnologie. Met hierdie stelsel word ’n onaktiewe antwoordsender op die dier ingeplant – meestal in die oor soos ’n oorplaatjie, of onderhuids teen die blad of langs die stertwortel.

Die antwoordsender word deur die RFID geaktiveer sodra dit binne reikafstand kom, waarna dit die dier se unieke nommer terugstuur na die RFID. Dit vergemaklik en bespoedig die vaslegging van groot hoeveelhede bestuursinligting en is relatief bekostigbaar.

Data kan op verskillende wyses na ’n draagbare rekenaar of selfoon oorgedra word; en sluit onder meer bestuursaksies soos die behandeling van siektes, kunsmatige inseminasie (KI)-data of wegingsdata in. Die RFID kan verskeie vorms aanneem, byvoorbeeld as draagbare staf of as statiese skandeerder wat in die drukgang of teen die skaal gemonteer word.

MONITERINGSTELSELS

Die tweede groep identifikasiestelsels word monite­ringstelsels genoem en verskil van identifikasie­stelsels deurdat dit ’n aktiewe sein verleen wat deur rekenaar- en selfoonnetwerke gemoniteer kan word.

Voordele hiervan is onder meer:

  • Die fisiese posisie van die dier kan bepaal word.
  • Aktiwiteite soos herkou, wei en hitte kan waargeneem word, asook onaktiwiteit by siek diere.

Die nadeel is dat daar ’n kragbron in die antwoordsender moet wees. Diere dra dit gewoonlik in die oor en dit is groter as die onaktiewe tipe om ’n battery te akkommodeer, wat tussen drie en vyf jaar hou. Daar is ook reeds antwoordsenders op die mark wat deur ’n klein sonpaneeltjie, wat in die antwoordsender ingebou is, van krag voorsien word.

Nodige tegnologie

Hierdie tegnologie hou sekere voordele vir veeprodusente in, maar baie produsente sien nog nie kans vir die finansiële onkoste daarvan nie.

Van die owerhede se kant is daar sterk aanduidings dat só ’n identifikasiestelsel vir beeste en skape oor die land verpligtend gemaak gaan word, soos in Namibië. Dit is om te help om siektes van nasionale belang, soos bek-en-klouseer, te beheer en ook om veediefstal te help verminder.

Dit is ’n baie interessante veld en in die volgende uitgawe word gekyk na nuwe ontwikkelings op dié gebied.

Tags: Nov/Des 2020
Previous Post

Vinnige optrede kan Sclerotinia-skade beperk

Next Post

Maak jou eerste uitspan ’n gemaklike een


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In