• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Fri, Sep 5, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Maak jou eerste uitspan ’n gemaklike een

19 Nov 2020
in Buitelewe
Maak jou eerste uitspan ’n gemaklike een
Share on Facebook

Die grendeltyd het jou dalk geïnspireer om een te word met Moeder Natuur. As jy egter ’n groentjie op die gebied van kampering is, sal hierdie wenke jou help om ’n kommervrye eerste kampeer-ervaring te beleef.

Pak dít in

Vir ’n gemaklike uitspantyd is die belangrikste toerusting wat jy moet inpak:

  • Die regte tent. Dit is gewoonlik die grootste uitgawe, maar jy hoef nie ’n fortuin te spandeer nie. Begin met ’n basiese nylon-koepeltent, wat goedkoper en ligter is as ’n seiltent. ’n Slim kopie is om ’n tent te koop wat groot genoeg is. Vir ’n gesin van vier is ’n sesmantent gewoonlik ruim genoeg.
  • ’n Gemaklike opvoukampstoel. Die grond, ’n boomstomp of ’n klip gaan beslis nie vir lank gemaklik wees nie. Kry ’n stewige stoel met ’n rug- en armleuning. Dis belangrik om ook in die natuur gemaklik te wees.
  • ’n Snoesige slaapsak. Dit is nie nodig om reg aan die begin al daardie gansdons-slaapsak aan te skaf nie. Sintetiese vulsel sal vir jou meer as genoeg gemak verskaf waar dit nie te koud word nie.
  • Beskerming teen die son. Ongelukkig kan jy nie voorspel of jou kampeerplek langs ’n groot boom, wat baie skadu bied, gaan wees nie. Skaf dus ’n gazebo aan, wat jy langs jou voertuig kan opslaan sodat julle gerieflik in die skaduwee kan sit en ontspan.
  • ’n Behoorlike grondseil beskerm nie net jou tent nie, maar hou ook jou slaapplek skoon.
  • Braaitoerusting. Die meeste kampeerplekke het braaiers, so onthou om ’n sak brikette en al jou braaitoerusting in te pak.
  • ’n Elektriese koelboks. Al pas ’n sagte koelboks makliker in die bagasieruimte, kan dit beslis nie kers vashou by ’n elektriese een nie. Kampeertyd is braaityd en braaityd het mos ’n koue drinkdingetjie nodig.
  • ’n Opvoubare droograk gaan skoon, droë handdoeke en klere verseker.

Wenke om te onthou

  • Raak vooraf vertroud met die nuwe toerusting. Oefen by die huis om die tent op te slaan – dan hoef niemand te weet jy is ’n groentjie nie. Toets jou slaapsak een nag op die sitkamervloer. Maak seker die lampe en kampeerstofie werk.
  • Maak ’n lysie. ’n Kontrolelys verseker dat jy niks vergeet nie. Dateer die lysie op terwyl jy uitspan, met dit wat onnodig is of dit wat bygevoeg moet word.
  • Onthou, kampeerplekke het reëls. Vind vooraf uit wat word toegelaat en wat nie. Respekteer jou mede-kampeerders.
  • Kom vroeg genoeg daar aan om jouself tyd te gee om die kampterrein se uitleg te leer ken.
  • Beplan jou maaltye. Basiese etes werk die maklikste. Bepaal wat is nodig wat jy vooraf kan aankoop en stel ’n paar spyskaart­idees saam.
  • Pak genoeg klere in, aangesien verskillende weerstoestande verskillende klere vereis. ’n Reënjas, baadjie en swembroek is ’n móét. Pak ook ekstra klere in vir onvoorsiene gebeure.
  • Indien dit jou heel eerste kampeeruitstappie is, bespreek naby die huis.

Bronnelys
https://www.netwerk24.com/Weg/Toerusting/10-goed-waarsonder-jy-nie-kan-kamp-nie-20170329
https://af.traasgpu.com/10-noodsaaklike-wenke-vir-kampeerders-vir-die-eerste-keer/

Tags: Nov/Des 2020
Previous Post

Elektroniese identifikasie kan veediefstal hokslaan

Next Post

Stapskoene, tree aan!

Recommended

Agri NW-kongres fokus op verskilmakers

Agri NW-kongres fokus op verskilmakers

2 Sep 2025
July/August 2025: Agricultural economic report

July/August 2025: Agricultural economic report

27 Aug 2025
Kleidonkies neem bywoners van Damesdag uit hul gemaksone

Kleidonkies neem bywoners van Damesdag uit hul gemaksone

3 Sep 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Agri NW-kongres fokus op verskilmakers

Agri NW-kongres fokus op verskilmakers

2 Sep 2025
July/August 2025: Agricultural economic report

July/August 2025: Agricultural economic report

27 Aug 2025
Kleidonkies neem bywoners van Damesdag uit hul gemaksone

Kleidonkies neem bywoners van Damesdag uit hul gemaksone

3 Sep 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In