• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Jan 27, 2021
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Dinamiese Vennoot/Dynamic Partner
  • Tegniek/Technique
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Dinamiese Vennoot/Dynamic Partner
  • Tegniek/Technique
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Speke draai vir Bybels

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

24 Nov 2020
in Nuus
Speke draai vir Bybels

Die fietsryers staan reg met nuwe krag na ‘n lekker ete by NWK Retail Gerdau.

Share on FacebookShare on Twitter

Fietsryers wat deelgeneem het aan Noordwes Trap vir Bybels se aksie waartydens Bybels onder gr. 7 leerlinge naby Lichtenburg versprei is, kon danksy ‘n R6 000-borgskap van NWK spog met gedrukte hemde wat die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se 200ste bestaansjaar herdenk.

Ysterperde en fietsspeke span saam

Noordwes Trap vir Bybels se uitreik vind gewoonlik in Februarie plaas, maar is vroeg vanjaar afgelas weens die COVID-19-pandemie.

Die Bybelgenootskap onderneem elke jaar ‘n motorfietstoer en sou hierdie jaar deur Noordwes reis om Bybels te versprei. “Een van dié motorfietsryers wat ook fietsry, het ons toe drie weke gelede genader en gevra of ons nie iets saam wil doen nie omdat hulle vir die eerste keer deur ons provinsie sou toer,” het Chris Breedt, toerorganiseerder by Noordwes Trap vir Bybels, verduidelik.

Pleks van ‘n weeklange uitreik, het Noordwes Trap vir Bybels toe slegs van 9 tot 11 November saam met die ysterperde gery. Sowat elf fietsryers het skole in die Bakerville-, Doornhoek-, Manana-, Buhrmansdrif- en Gerdau-omgewing besoek. Deelnemers het elke dag na Lichtenburg teruggekeer en daar oornag.

“As jy nou groot manne wil sien tjank, moet jy op dié toer kom. Dit is ongelooflik om die impak te sien. Onderwysers wat huil as jy nie vir hulle ‘n Bybel het nie. Kinders wat jou vasgryp en nie wil los nie. ‘n Mens weet nooit wat hulle huislike omstandighede is nie. Jy kom by ‘n skool en die hele klas sal hande opsteek om aan te dui dat hulle nie ‘n Bybel het nie.”

Die fietsryers staan reg met nuwe krag na ‘n lekker ete by NWK Retail Gerdau.

NWK maak uitreik makliker

Die Bybelgenootskap wou hierdie jaar tweemiljoen Bybels versprei, wat uiteraard deur die pandemie en inperking nie haalbaar was nie. “Ons wou daarom graag spesiale hemde laat druk om ten minste die 200ste bestaansjaar te herdenk. Dit kos tot R500 per hemp wat deelnemers uit hulle eie sakke sou moes betaal. Die skenking van NWK het dus handig te pas gekom,” het Chris genoem.

Tydens weeklange uitreike ry hulle tot 1 200 km per week. Hoewel hulle hierdie jaar slegs sowat 40 km per dag voltooi het, was dit nietemin uitdagend weens die warm son en ‘n sterk wind wat gewaai het.

Die deelnemers kon ook by twee NWK Retail-winkels op hulle roete stop waar hulle trakteer is met heerlike worsbroodjies en koeldrank om ʼn tweede asem te skep vir die res van die tog. “NWK Retail se verversings het ons beslis ‘n nodige hupstoot gegee en ons is baie dankbaar,” het Chris afgesluit.

Ds Carl Vermaak van die Bybelgenootskap, Johan Bezuidenhout (groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie by NWK) en pastoor George Thompson, ook van die Bybelgenootskap, met die spesiale hemp wat die Bybelgenootskap se 200ste bestaansjaar aandui.
Tags: Nov/Des 2020
Previous Post

Genoeg is genoeg

Next Post

NWK se direksie en bestuur deel hul Kersboodskappe

Recommended

NWK verkoop ivermektien slegs vir dierlike gebruik

NWK verkoop ivermektien slegs vir dierlike gebruik

22 Jan 2021
Doeltreffende interne graankontrolestelsels die sleutel tot skoon oudits

Doeltreffende interne graankontrolestelsels die sleutel tot skoon oudits

18 Jan 2021
Ent nou in teen slenkdalkoors

Ent nou in teen slenkdalkoors

18 Jan 2021

Oor Ons/About Us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK verkoop ivermektien slegs vir dierlike gebruik

NWK verkoop ivermektien slegs vir dierlike gebruik

22 Jan 2021
Doeltreffende interne graankontrolestelsels die sleutel tot skoon oudits

Doeltreffende interne graankontrolestelsels die sleutel tot skoon oudits

18 Jan 2021
Ent nou in teen slenkdalkoors

Ent nou in teen slenkdalkoors

18 Jan 2021

© 2020 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Dinamiese Vennoot/Dynamic Partner
  • Tegniek/Technique
  • Buitelewe/Outdoors

© 2020 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In