• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Promosie

Stap die pad saam met ‘n getroue landbouvennoot

NWK-Omnia Kunsmisbemarking

6 May 2021
in Promosie
Stap die pad saam met ‘n getroue landbouvennoot
Share on Facebook

Omnia doen vir die afgelope 65 jaar al navorsing en ontwikkelling oor ‘n wye reeks bemestingsprodukte en bewerkingspraktyke onder droëland- sowel as besproeiingstoestande.

Dit is ook so in die NWK-gebied waar die fokus is om nuwe tegnologieë en teorieë te beproef, maar ook om soms mites en ongegronde opinies die nek in te slaan. Die proewe in die NWK-gebied word op plaasvlak gedoen en fokus gewoonlik op mielies, sonneblom, sojabone en droëbone. Daar is egter in die verlede ook al heelwat navorsing gedoen op katoen, pekanneute, aartappels, lusern en aangeplante weidings.

Benewens verskeie proewe op die plaas, word daar ook baie laboratorium- en glashuisproewe onder gekontroleerde toestande gedoen. Laasgenoemde proewe sentreer hoofsaaklik rondom Omnia se produksiefasiliteite in Sasolburg.

Veldproewe

Die meerderheid veldproewe word wetenskaplik benader met genoegsame behandelings en herhalings om statistiese beduidende resultate op te lewer.

Daar is egter ook gevalle waar proewe slegs demonstratief van aard is. Die doel hiermee is gewoonlik om verskille tussen bestaande produkte/praktyke en nuwe produkte/praktyke sigbaar uit te wys.

Die resultate van alle proewe word statisties ontleed en die uitkomste en afleidings word in ‘n wetenskaplike verslag opgeskryf.

Met veldproewe word daar altyd gepoog om die aantal veranderlikes te beperk, maar gegewe die dinamiese aard van die grond/plant/atmosfeer-stelsel sal daar altyd faktore bestaan wat presiese uitkomste bykans onmoontlik maak. Om hierdie rede word die meeste van die proewe eers onder gekontroleerde toestande in die laboratorium of glashuis gedoen voordat dit as veldproewe uitgerol word.

Slegs wanneer ‘n veldproef wetenskaplik en statisties korrek uitgevoer word (met genoegsame behandelings en herhalings) kan die resultaat as redelik verteenwoordigend beskou word. Dit is gevaarlik (en dikwels misleidend) om opsommende resultate van enige proef sonder die ondersteunde statistiese data weer te gee as die absolute waarheid. Afleidings en uitsprake of aanbevelings wat uit enige proewe voortspruit, is dikwels subjektief en betwisbaar, afhangend van die aanbieder en veral sy doel daarmee. Ongelukkig is daar persone en maatskappye wat bogenoemde aspek totaal ignoreer en dan aan die mark ‘n klomp verbuigde- en halwe waarhede aanbied net om hul produkte en dienste te promoveer.

Toets uitsprake

Dit is waarom NWK en Omnia se versoek dat klante enige aanspraak en uitsprake wat gemaak word rakende produkte en dienste, te toets aan die volgende kriteria:

  • Is die proef statisties korrek uitgelê?
  • Is daar statistiese en wetenskaplik ondersteunde bewyse?
  • Is die produk/diens oor meer as een seisoen getoets?
  • Is die produk/diens by meer as een lokaliteit getoets?
  • Is die aanbieder gereed om daardie bewyse aan te bied, of is dit net verkoopspraatjies?
  • Is die aanbieder van die resultate bekend en betroubaar met ‘n bewese diensrekord?
  • Onthou: as dit te goed klink om waar te wees, is dit waarskynlik.

Proewe in die NWK-gebied

In die NWK-gebied is daar die afgelope vier jaar gefokus daarop om proewe te doen met die volgende dissiplines, elemente en produkte:

  1. Kalium status van gronde en die invloed daarvan op gewasproduksie.
  2. Die invloed van mikro-elemente en hul beskikbaarheid op gewasproduksie.
  3. Hoë opbrengsproewe op mielies.
  4. Hoë opbrengsproewe op sonneblom.
  5. Hoë opbrengsproewe op droëbone.
  6. Hoë opbrengsproewe op sojabone.
  7. Produkvergelykings (tussen verskillende kunsmisverskaffers).
  8. Blaarvoedingsprogramme.
  9. RHIZOVATOR™.
  10. Die invloed van boor op sonneblomproduksie.
  11. Verskeie biologiese produkte is getoets.
  12. Opkomsproewe is gedoen.
  13. Diepte van plant is beproef.

Die navorsingsverlae met resultate, afleidings en aanbevelings wat uit die bostaande lys van proewe verkry is, is by die landboukundiges en verkoopsagente van Omnia/NWK beskikbaar. Kontak gerus ook die NWK Kunsmisbemarkingkantoor op Lichtenburg vir die nodige inligting en raad.

Dit word ten sterkste aanbeveel dat gesprekke met die genoemde persone gevoer word, dat die resultate nagegaan en verduidelik word, die bewyse bekom en gekontroleer word, daaroor geredeneer word om sodoende dan ingeligte besluite te kan maak.

NWK/Omnia se proewe wys telkemale daarop dat die waarde wat opgesluit is in kennis, diens en die kwaliteit van produkte, steeds die hoeksteen van ‘n volhoubare en suksesvolle besigheid is.

Die bereidheid van ‘n onderneming om te belê in navorsing, ontwikkeling en die plant van proewe, spreek van toewyding tot die landbousektor. Geen koste word ontsien nie en die praktyk sal volgehou word, solank as wat daar iets geleer word.

Indien die beperking en bestuur van risiko deur die gebruikmaking van relevante inligting die deurslag gaan wees om winsgewend te boer, is die Omnia-model, die aangewese een. Dit is reeds vir die afgelope 65 jaar suksesvol toegepas regdeur die landbougemeenskap.

Tags: Mei/Jun 2021
Previous Post

Styging in insetkoste onder die loep geneem

Next Post

NWK Retail en Meganisasie steun bewusmaking oor plaasmoorde


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In