Die 2021 plantseisoen is gekenmerk deur positiwiteit aangesien die weervooruitsigte baie rooskleurig daaruit gesien het – en wás die omstandighede nie baie gunstig nie! In sommige omstandighede té gunstig.
Post-COVID het dit gelyk of dinge op die wêreldverhoog normaliseer. Laat in Februarie 2022 val Rusland die Oekraïne binne, met ‘n oorlog wat steeds woed. Die wêreldmarkte en handel op alle gebiede word weer ontwrig. Daar word ‘n nuwe normaal geskep, wat nie meer normaal is nie.
Oestyd word baie van ons gekonfronteer met baie swakker grade, al is die mandjie baie voller as ander jare. Insetkoste is hemelhoog, maar gelukkig bly graan- en oliesadepryse vir produsente aan die hoë kant.
Die wêreld is deurmekaar. Mense van alle rasse en klasse kry swaar. Landbou is egter geseënd.
Sterkte aan al ons produsente met die 2022-plantseisoen. Wees dankbaar gedurende die Kersseisoen en onthou waar al ons seëninge vandaan kom.
Mag jy en jou familie ‘n geseënde Christusfees aan die einde van 2022 ervaar en mag 2023 net so geseënd wees.
NWK-groete!
Theo Rabe
Hoof- uitvoerende beampte