• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Presteerders van Delareyville Studiegroep erken

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

7 Dec 2022
in Nuus
Presteerders van Delareyville Studiegroep erken

Attie Smook is Delareyville Studiegroep se algehele wenner. Saam met hom is Elretha Kock van NWK & IP Makelaars en
Michael van Rooyen van NWK.

Share on Facebook

Goeie bewerkingspraktyke, strategiese aankoop van insetmiddele en graanbemarking op die regte tyd is wat Attie Smook die titel van beste graanboer van die Delareyville Studiegroep se 2021/2022-produksiejaar besorg het.

Dit is die derde agtereenvolgende jaar wat Attie hierdie titel inpalm en vanjaar is hy ook as die studiegroep se algehele wenner aangewys. Vir hierdie oorhoofse titel, is nie net die totale hektare geproduseer en veevertakkings oorweeg nie, maar ook die boerdery se totale inkomste, uitgawes en balansstaatinligting.

Die studiegroep se afsluiting is op 19 November by Boschwild gehou en is deur NWK & IP Makelaars geborg.

Michael van Rooyen, bestuurder van Adviesdienste by NWK se Landboubestuursdienste en leier van die studiegroep, het verduidelik dat berekeninge soos skuldverhouding, winsmarge, likiditeit, solvabiliteit, netto boerdery inkomste asook bruto boerdery uitgawes – as persentasie van bruto boerdery inkomste – alles deel van die berekeninge vorm om te bepaal watter boerdery in geheel die beste gevaar het.

Attie het mielies, sonneblom en sojabone op 1 533 hektaar geplant en die hoogste bruto inkomste per hektaar, met die laagste produksiekoste per hektaar, behaal. Hy het dus die hoogste netto marge per hektaar gerealiseer.

“Attie se boerdery is dus finansieel baie gesond. Veral die bemarking van sy mielies is elke jaar in die kol, bloot omdat hy nie sy graan net ná stroop móét verkoop nie. Hy het dus tyd aan sy kant om die graan te kan bemark,” het Michael bygevoeg.

Schalk Viljoen is as die produsent met die beste veeboerdery aangewys. Tydens beoordeling kyk Michael na al die veevertakkings op elke plaas. Elkeen word bymekaar getel en die marge deur al die produserende diere op die plaas gedeel.

Elretha Kock oorhandig die trofee vir die beste veeboerdery aan Schalk Viljoen.

“Schalk het sowat 285 koeie in sy kudde. Hoewel hy nie die grootste beesboer is nie, is hy baie ernstig oor sy vleisbeeste. Die diere is goed versorg met ʼn speenpersentasie van 90% en Schalk behaal goeie pryse vir sy diere.”

Christo en Johan van Niekerk van VNB Boerdery het die beste administrasie deur die jaar getoon. “VNB is ʼn baie groot boerdery met geweldig baie vertakkings – mielies, sonneblom, sojaboon, koring, drie veevertakkings asook verskeie aangeplante weidings. Om alles reg te allokeer, raak ʼn uitdaging,” het Michael gesê.

Christo en Johan van Niekerk wat die beste administrasie titel ingepalm het saam met Elretha en Michael.

Dit het jare gelede baie tyd in beslag geneem om al die inligting van VNB Boerdery in te lees en te verwerk. “Wat hierdie afgelope jaar uitgestaan het, is dat alles glad tydens my besoek verloop het. Alles was op datum, in plek en reg gewees.

“Die vraelys was volledig ingevul en korrek. Ek het na die tyd slegs een navraag gehad wat binne ʼn minuut uitgeklaar was. Dit was hierdie keer ʼn absolute plesier,” het Michael gesê. Hy meen dit is grootliks aan Ulricke Erasmus te danke. Die Van Niekerks het haar in 2016 aangestel om die boerdery se administrasie te behartig.

Hannes Steyn van Vlakpan Boerdery het die beste vordering deur die jaar getoon. Die wenners (eerste drie plekke) van die onderskeie afdelings kwalifiseer nie vir hierdie toekenning nie en sewe ander boerderye het hiervoor in aanmerking gekom.

Elretha en Michael by Hennie Brink wat die trofee vir die beste vordering namens Hannes Steyn in ontvangs geneem het.

Michael vergelyk 2021/2022 se netto boerdery inkomste per hektaar met dié van 2020/2021 om te bepaal watter boerdery per hektaar die beste vordering jaar op jaar getoon het. Hannes het hier die hoogste punte behaal.

Tags: Nov/Des 2022
Previous Post

Tussentydse finansiële resultate bekendgemaak

Next Post

January 2023: Agricultural economic report

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In