• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 30, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

NWK gaan bykans 2 000 km se grondpaaie skraap

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur: NWK Arena

22 May 2024
in Dinamiese vennoot
NWK gaan bykans 2 000 km se grondpaaie skraap

Een van die ses padskrapers besig om die grondpad by Platvlei tussen Coligny en Lichtenburg te skraap.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

NWK span vanjaar nie minder nie as ses stootskrapers in om sowat 2 000 km se grondpaaie van en na sy silokomplekse te skraap. Dié projek het op 22 April afgeskop en die koste gaan na raming sowat R2 miljoen beloop.

Dit is die derde jaar wat NWK hierdie projek onderneem. Dit volg nadat die maatskappy in 2021 ‘n memorandum van verstandhouding met Noordwes se departement van openbare werke, paaie en vervoer onderteken het, waarvolgens dit sy hulp aan die regering bied om die provinsie se grondpaaie meer begaanbaar te maak.

Daar was aanvanklik vier skrapers opgekommandeer om die paaie te skraap. Die projek het egter later as verwag begin omdat die paaie baie droog was weens heelwat minder reën wat in NWK se bedieningsgebied geval het. Die skrapers is gevolglik na ses vermeerder om die tempo te versnel en daar word nou fluks gevorder.

Paaie in die omgewing van Coligny, Gerdau, Bodenstein, Boschpoort, Ottosdal, Sannieshof en Barberspan word geskraap. “Produsente beleef ‘n uitdagende seisoen en ons wil hulle hiermee die versekering gee dat ons selfs in moeilike tye hul paaie gelyk maak,” het Jaco du Rand, senior bestuurder van Graan, gesê.

“Die projek is uitdagend omdat die paaie op talle plekke feitlik oorgebou moet word. Dit noodsaak boonop bykomende uitgawes,” het hy bygevoeg. “Ons is daarom baie dankbaar vir produsente wat ook inspring en help met die herstelproses. Dit stel ons in staat om vinniger te vorder en selfs meer kilometers te skraap.”

Produsente begin nou in alle erns om graan te stroop en sal hul oeste met groter gemak na NWK se silokomplekse kan vervoer. Ook plaaswerkers en skoolkinders maak daagliks van hierdie paaie gebruik.

“Baie van Noordwes se paaie is in ‘n haglike toestand,” het NWK se uitvoerende groephoof, Theo Rabe, verduidelik. “Ons ploeg graag terug in gemeenskappe waarbinne ons sake doen en waar die regering tekort skiet, poog ons om ‘n verskil te maak en klante se lewenskwaliteit te verbeter.”

Die projek sal na verwagting teen einde Junie afgehandel wees.

Tags: Mei/Jun 2024
Previous Post

How to disagree and still stay friends

Next Post

Rooivleisprodusente moet hul produk verstáán


Recommended

NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

30 Jun 2025
Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

26 Jun 2025
NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

30 Jun 2025
Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

26 Jun 2025
NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In