• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

NWK maak begrotings maklik

24 Jun 2024
in Dinamiese vennoot
NWK maak begrotings maklik
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

NWK besef die belangrikheid van “om te meet is om te weet”. Daarom spog die maatskappy se eie toep, NWK Online, met ‘n nuwe stuk gereedskap in sy gereedskapskis om te help met algemene en gedetailleerde begrotings, asook werklike koste wat deur die seisoen aangegaan is.

Gebruikers van die toep kan dié handige stuk gereedskap onder die afdeling, Plaasbestuur en dan Gewasbeplanning vind. Gewasbeplanning is ontwikkel vir die produsent om die opstel van begrotings te vergemaklik wat nie net die produsent help nie, maar ook deur NWK Finansiering aanvaar word, as deel van ‘n produsent se produksielening-aansoek.

Dit is ‘n vereiste dat alle lande wat geplant word bekend moet wees aan ‘n NWK-silo. Die lande kan gekoppel word deur na die naaste silo te gaan. Die hektare van die lande word outomaties deurgetrek na Gewasbeplanning. Die boer kan dan spesifieke lande kies waar byvoorbeeld mielies geplant gaan word.

Insetoorsig

Indien daar op NWK Online, onder die afdeling Plaasbestuur en Gewasbeplanning op Inset-oorsig gekliek word, sal die skerm lyk soos in Figuur 1. Die velde boaan is die totale hektare wat geplant kan word (slegs indien die hektare aan die silo deurgegee is). Die tipe land is verdeel tussen droëland en besproeiingslande.

Die gewas kan dan gekies word, gevolg deur die hektare wat met die gekose gewas geplant gaan word, asook die opbrengsmikpunt. Indien byvoorbeeld sonneblom ook geplant word, kan dit bygevoeg word deur die “+” teken te gebruik.

Figuur 1: Uitleg van die eerste stap van Gewasbeplanning
Figuur 1: Uitleg van die eerste stap van Gewasbeplanning.

Die insetkoste sal dan vir die spesifieke opbrengspotensiaal bereken word. Die inligting kan ook in Excel afgelaai word. Die begrote insette kan verander word indien die produsent daarvan verskil. Hierdie verslag is ‘n oorhoofse beplanning wat ‘n klant slegs ‘n idee sal gee van hoe die inkomste en uitgawes vir die jaar kan uitspeel.

Begrotings

DETAIL BEGROTING

By die Detail begroting kan die produsent meer spesifieke insetprodukte kies wat gebruik gaan word in die produksie van ‘n spesifieke gewas.

Eerstens moet die land of lande gekies word. Onder Detail begroting kan spesifieke kultivars, bemesting, onkruid en plaagbeheer gekies word. Indien die spesifieke opsie nie daar is nie kan Ander gekies word. Bewerkingsaksies bereken die brandstof, herstel en onderhoud.

Daar is ook voorsiening gemaak vir arbeidskoste en diverse uitgawes. Die doel van die detail begroting is om ‘n baie meer gedetailleerde beplanning op te stel wat ‘n baie meer akkurate inkomste- en uitgawestaat sal genereer.

WERKLIKE KOSTE

Net soos met detail begroting kan die werklike koste wat gerealiseer het op dieselfde beginsel as by die detail begroting ingevul word.

Verslae

Gewasbeplanning verskaf die produsent met vier verskillende verslae:

  • Aankooplys
  • Opkoms
  • Potensiaal/oesskatting
  • Kontantvloei

VOORDELE

  • ‘n Oorsig van insetkoste kan vroegtydig gedoen word, gevolg deur detail begrotings, wanneer beplanning klaar is.
  • Lyspryse van verskillende produkte word gegee, maar die produsent het steeds die opsie om eie waardes in te vul.
  • Detail begrotings kan per land gedoen word.
  • Detail begrotings kan aan NWK Finansiering gestuur word, as deel van ‘n finansieringsaansoek.
  • Die werklike uitgawes kan op dieselfde wyse gedoen word as vir die detail begrotings.
  • Indien werklike inligting versamel word, kan landbou-ekonome gewasontledings doen en terugvoer gee aan produsente.

Ten slotte

Tegnologie in landbou beweeg teen ‘n verbysterende spoed, so waarom moet boerderybeplanning agter bly? Dit is noodsaaklik dat alles van beplanning tot wat werklik deur die seisoen gebeur, maklik en vinnig gedoen kan word.

NWK Online – die slimkoptoep vir landbou – is net die regte hulpmiddel hiervoor.

Vir verdere navrae, kontak die outeur by 018 633 1157 of anche@nwk.co.za

Tags: Mei/Jun 2024
Previous Post

Agriculture must innovate amidst increasing geopolitical threats to trade

Next Post

Veeprodusente kan nou ook digitaal rekord hou met NWK Online

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In