• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jul 7, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Ouetehuise is dankbaar vir NWK se Grip4Charity te midde van geldelike nood

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur: NWK Arena

17 Sep 2024
in Dinamiese vennoot
Ouetehuise is dankbaar vir NWK se Grip4Charity te midde van geldelike nood

Elmarie van der Merwe, Isabel en Nico Killian, Hardie en Karin Kotzé was almal dankbaar vir die skenking wat hulle ontvang het.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Die tehuise vir bejaardes wat vanjaar die begunstigdes is van NWK se Grip4Charity-gholfdag, is dankbaar vir dié inisiatief omdat hulle al so lank as twee jaar op finansiële hulp van die staat wag.

Die Japie Kritzinger-tehuis vir bejaardes op Bloemhof asook Silwerjare-tehuis vir bejaardes op Schweizer-Reneke is vanjaar se begunstigdes. Dit bring die aantal welsynsorganisasies wat NWK sedert Grip4Charity se ontstaan in 2006 gehelp het, op 35 te staan.

Dié jaarlikse gholfdag is die afgelope Donderdag by Pecanwood-gholflandgoed op Hartbeespoortdam aangebied en 36 spanne van vier het weer “vuisgeslaan” om aan dié gesogte geleentheid te kon deelneem.

Die geliefde aktrise, Lizz Meiring, was die seremoniemeester. Sy self is passievol oor welsynswerk en beywer haar veral vir die Teaterbystandsfonds, wat bejaarde kunstenaars ondersteun.

Lizz Meiring by dr. Hugo Opperman van die wenspan, Omnia.

ʼn Wynveiling wat later die aand gehou is, vul Grip4Charity se opbrengste verder aan.

Theo Rabe, uittredende groephoof- uitvoerende beampte van NWK, het almal verwelkom en bedank by die prysuitdelingsfunksie. “Ons kan hierdie geleentheid nie aanbied sonder julle – ons verskaffers – nie. Julle is egter meer as sakevennote en is ons vriende,” het hy gesê.

Theo Rabe, uittredende groephoof- uitvoerende beampte van NWK.

“Bid vir ons”

“Almal in die welsynswêreld kry tans swaar,” het Elmarie van der Merwe, bestuurder van die Japie Kritzinger-tehuis, gesê.

Kyk na ʼn video van die Japie Kritzinger-tehuis vir bejaardes, hier.

“Dis reeds middel September en ons het nog glad nie van die staat gehoor of ons vanjaar ʼn subsidie gaan ontvang nie. Dit is uiters stresvol omdat ons nie weet wat vir ons voorlê nie,” het sy verduidelik.

Die tehuis kon in Augustus R250 000 met hul basaar insamel, maar Elmarie het benadruk dat dit maar “ʼn druppel in die emmer is”. “Dit hou skaars twee maande en dek slegs bedryfsuitgawes, nie salarisse nie.”

Die tehuis het 61 inwoners wat drie keer per dag gebalanseerde maaltye moet ontvang en met stygende kospryse, is dit ʼn uitdagende taak.

“Ons wil julle nie vra om julle hande diep in julle sakke te steek nie, maar eerstens om vir ons te bid. Gebed maak ons sterk en stel ons in staat om die uitdagings te kan hanteer. Gebede maak dat God in hooggeplaaste mense se harte en gesindhede werk.”

Inwoners word soos familie

Silwerjare het sy deure op 1 Januarie 1980 geopen en het 55 inwoners. Van hulle is in ʼn mate nog selfversorgend, terwyl ander 24 uur per dag van sorg afhanklik is.

Kyk na ʼn video van die Silwerjare-tehuis vir bejaardes, hier.

“Dis uitdagend vir die personeel, omdat hulle pasiënte soos familie word. Silwerjare reik ook uit na die gemeenskap waarbinne ons werk en het ʼn wondkliniek waar inwoners se wonde behandel word,” het ds Hardie Kotze, voorsitter van die ouetehuis, gesê.

Silwerjare gee ook elke Vrydag kospakkies aan behoeftige leerlinge van die plaaslike laerskool. Hardie het sy stem by dié van Elmarie gevoeg en sy kommer uitgespreek omdat diensvlakooreenkomste, waarvolgens welsynsorganisasies maatskaplike toelaes moet ontvang, nie onderteken word nie.

“Silwerjare ontvang reeds die afgelope twee jaar geen subsidie van die staat nie. Dit terwyl personeel salarisse moet ontvang en onderhoud gedoen moet word.

“Ons is daarom baie dankbaar vir hierdie geleentheid om ons fondse te kan aanvul.” Hy het NWK ook bedank vir die hulp om Silwerjare met ʼn sonkragstelsel toe te rus, sodat pasiënte wat 24 uur per dag van suurstof afhanklik is, nie tydens kragonderbrekings in lewensgevaar verkeer nie.

Die span van Franklin Electric was tweede met 110 punte: Van links is Eugene van Wyk, Lean du Rand, Lizz Meiring, Philip Louw en Ruan Naudé.
Virbac se span het derde geëindig met 109 punte. Hier staan Jaco Delport saam met Lizz Meiring.
Frans Redman, Navin Ramchander, Bertus Jacobs (senior bestuurder van Handel by NWK) en Marius Nortje het in Total Energies se span gespeel.
Lian Anderson, Thomas Janse van Rensburg en Estie Olivier by Avi Products se waterpunt.
Vincent Prior, Winton Windell, Matt Fendick en Louis Janse van Rensburg van Noordwes-Universiteit.
Tags: Sep/Okt 2024
Previous Post

Staptog ten bate van Liam ‘n kleurvolle sukses

Next Post

Ons durf nie kinders versaak nie


Recommended

May/June 2025: Agricultural economic report

May/June 2025: Agricultural economic report

3 Jul 2025
NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

3 Jul 2025
Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

26 Jun 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

May/June 2025: Agricultural economic report

May/June 2025: Agricultural economic report

3 Jul 2025
NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

3 Jul 2025
Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

26 Jun 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In