• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Skootrekenaars van NWK die kersie op die koek op Ditsobotla-matrieks se verbeterde slaagsyfer

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur: NWK Arena

24 Jan 2025
in Dinamiese vennoot
Skootrekenaars van NWK die kersie op die koek op Ditsobotla-matrieks se verbeterde slaagsyfer

Die toppresterende matrikulante van 21 skole in die Ditsobotla-subdistrik .

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Die matrieks van 2024 in die Ditsobotla-subdistrik se slaagsyfer het met 11% verbeter en staan nou op 88,66%.

Die toppresterende matrikulante van 21 skole in dié subdistrik is gister (23 Januarie 2025) by ʼn erkenningsgeleentheid van Noordwes se Onderwysdepartement vereer waar elkeen ook ʼn splinuternuwe skootrekenaar, toegerus met die nuutste sagteware, van NWK ontvang het.

NWK onderneem hierdie projek jaarliks sedert 2013/2014 om voornemende tersiêre studente se studies te ondersteun. Die waarde van vanjaar se skenking is sowat R283 000.

Ditsobotla is geleë in die Ngaka Modiri Molema Distriksmunisipaliteit in Noordwes en huisves dorpe soos Lichtenburg, Coligny en Itsoseng.

Benedict Modise, direkteur van Ekonomiese Ontwikkeling by NWK, het die matrieks van 2024 gelukgewens met hulle harde werk en toewyding, wat duidelik vrugte afgewerp het. “Julle het bewys dat diegene wat in hulleself glo, sukses behaal. Hou aan om ander met julle merkwaardige prestasie te inspireer. Julle het ʼn hoë standaard vir toekomstige matrieks gestel.”

NWK se direkteur van ekonomiese ontwikkeling, Benedict Modise, spreek die matrikulante van 2024 toe.

Hy het hulle aangemoedig om die diverse loopbaanmoontlikhede wat NWK bied, te oorweeg en by Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy te kom werk sodra hulle gekwalifiseerd is.

Marilie Rossouw van Hoërskool Lichtenburg is die topmatrikulant in Ditsobotla en het agt onderskeidings behaal. Sy het gesê dat dit “baie harde en ure en ure se werk” geverg het om hierdie uitsonderlike prestasie te behaal. Sy het toekomstige matrikulante aangeraai om nooit op te gee nie en aan te hou probeer, al behaal hulle swakker punte in die rekord- en ander eksamens.

Sy gaan B.Sc. Gesondheidswetenskappe met biochemie en fisiologie aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus studeer. “Hierdie skootrekenaar van NWK laat my baie spesiaal voel. My harde werk was die moeite werd en word raakgesien,” het sy geglimlag.

Marilie Rossouw

Ook Galaletsang Tsetse van Bophirima Secondary School in Itsoseng was oorstelpt met die ontvangs van haar skootrekenaar. “Ek is verheug!” het sy uitgeroep. “My ma is werkloos. Slegs twee van ons familielede werk tans, maar verdien nie genoeg geld om ʼn skootrekenaar soos hierdie te kan bekostig nie.” Sy gaan vanjaar maatskaplike werk by die Universiteit van Johannesburg studeer.

Galaletsang Tsetse

Oarabile Realeboga van Gaetsho Secondary School in Lichtenburg het ander matrikulante aangemoedig om nie toe te laat dat struikelblokke hulle verhinder om groot sukses te behaal nie. Hy beoog om ʼn graad in verpleegkunde by die Universiteit van die Vrystaat te verwerf. “Ek hou van vakke in lewenswetenskappe en voel in my hart dat ek hierdie beroep moet volg.”

Oarabile Realeboga

Aobakwe Thuto Sebokolodi van Tau Rapulana Secondary School in Bodibe gaan aptekerswese by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus studeer. “Dit is fantasties!” het hy met die ontvangs van sy skootrekenaar gesê. “Ek is baie dankbaar.”

Aobakwe Thuto Sebokolodi
Tags: Jan/Feb 2025
Previous Post

Groei vir Goud-wenner deel sy suksesresep

Next Post

Nuwe groephoof prioritiseer gerieflike klante-ervarings

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In