• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Maak jou begroting só makliker

Rachel du Preez, Grondkundige

27 Jan 2025
in Dinamiese vennoot
Maak jou begroting só makliker
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Om finansiering by ’n finansiële onderneming te bekom, word daar gewoonlik van die aansoeker vereis om ’n begroting vir die nuwe seisoen op te stel. Dit is ook belangrik om moontlike aanpassings/veranderings op die begroting deur die loop van die seisoen te maak sodat die werklike spandering gekontroleer kan word.

Die nuwe funksie op die NWK Onlinetoepassing, “Gewasbeplanning” (onder “Plaasbestuur”), maak hierdie administratiewe take soveel makliker en vinniger. Om van hierdie diens gebruik te maak, moet ’n produsent eerstens as gebruiker op NWK Online geregistreer wees.

Tweedens moet alle lande wat geplant word, aan die kliënt se NWK-reke­ningnommer gekoppel wees. Dit word gedoen deur jou naaste NWK-silo te besoek, waar die personeel met die koppeling van die lande sal help. Beplanning kan per land gedoen word indien dit verkies word of as alternatief kan verskillende lande gekombineer word.

Die nuwe funksie

Gewasbeplanning word in twee dele verdeel, naamlik ’n insetoorsig en ’n detailbegroting.

INSETOORSIG

  • Onder “Inset-oorsig” word die produsent se totale hektare wat na die silo deurgegee is, aangedui en kan dit dan eerstens in droëlande en besproeiing verdeel word.
  • Daarna kan die gewasse wat geplant word, asook die hektare, saam met ’n beplande opbrengs, gekies word.
  • Indien alles voltooi is soos in Figuur 1, sal ’n algemene begroting verskyn, wat ook in Excel afgelaai kan word.
Figuur 1: Inset-oorsig invulbladsy.

DETAILBEGROTING

By “Detailbegroting” kan die produsent meer spesifieke insetprodukte kies wat vir die produksie van ’n spesifieke gewas gebruik gaan word.

Eerstens moet die land of lande gekies word. Bo-aan sal hofies verskyn vir saad, bewerkings, onkruid- en plaagbeheer, bemesting, arbeid en diverse uitgawes.

  • Saad: Onder die saadhofie verskyn die aantal hektare wat geplant gaan word, die opsie om verskillende kultivars te kies (met hul pryse), asook die plantestand wat beoog word. Indien die spesifieke kultivars wat ’n produsent gaan aanplant nie in die lys voorkom nie, kan “Ander” gekies word.
  • Bewerkings: Die jongste dieselprys verskyn bo-aan die bladsy. Die trekker se kraglewering (kW), tipe bewerking en brandstof­verbruik (liter/ha) word hier ingevul. Die herstel en onderhoud word outomaties bereken. Daar is ook voorsiening gemaak vir produsente wat van kontrakteurs gebruik maak.
  • Onkruid- en plaagbeheer: Soos by saad, kan verskeie produkte hier gekies word, wat ook reeds verkoopspryse by het. Indien die spesifieke produk nie op die lys is nie, kan “Ander” gekies word.
  • Bemesting: Hierdie koste word verdeel tussen die kalkbehoefte en beoogde kunsmistoediening.
  • Arbeid: In hierdie afdeling word ’n onderskeid getref tussen los en vaste arbeid.
  • Diverse: Onder diverse kan enige bykomende uitgawes gelys word waarvoor begroot moet word.

WERKLIKE KOSTE

Die werklike insetkoste kan ingevul word soos wat die seisoen vorder en die inligting beskikbaar raak. Die beraamde uitgawes word dus met die werklike uitgawes vervang, en dit maak die begroting se uitkoms akkurater. Alle insetkostes van die detailbegroting trek deur na die werklike inligting. Dit kan verander word indien nodig, anders bly dit dieselfde soos op die detailbegroting.

Verslae

Gewasbeplanning verskaf aan die produsent vier verskillende bestuursverslae:

  • Aankooplysverslag.
  • Opkomsverslag.
  • Potensiaal/oesskattingsverslag.
  • Kontantvloeiverslag.

Die kontantvloeibegroting kan aan NWK Finansiering verskaf word as deel van die finansieringsaansoek.

Voordele van die NWK Online-begrotings

  • ’n Oorsig van die insetkoste kan vroegtydig gedoen word, wat dan deur die detailbegrotings opgevolg word wanneer die beplanning klaar is.
  • Lyspryse van verskillende produkte word as riglynkoste gegee, maar die produsent het steeds die opsie om sy eie waardes in te vul, indien korting ontvang word of die koste wesenlik afwyk van die riglynkoste.
  • Detailbegrotings kan per land gedoen word.
  • Die kontantvloeiverslag kan aan NWK Finansiering verskaf word as deel van die finansieringsaansoek.
  • Die werklike uitgawes kan op dieselfde wyse gedoen word as vir die detailbegrotings en dit kan verander word indien nodig.
  • Indien werklike inligting versamel word, kan NWK se landbou-ekonome ook gewasontledings doen en terugvoer daaroor gee aan ’n produsent wat moontlik ’n behoefte daaraan het.

Produsente wat die behoefte het om seisoensbegro­tings vinnig en akkuraat saam te stel, kan heelwat tyd en moeite bespaar deur van hierdie slimkoptoep op NWK Online gebruik te maak.

Tags: Jan/Feb 2025
Previous Post

Nuwe groephoof prioritiseer gerieflike klante-ervarings

Next Post

Kom haal ’n kat vir beheer van plaasmuise en rotte

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In