• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Satellietbeelde se belangrike rol

Dr Louis Ehlers, Bestuurder van Omnia Nutriology®

13 Mar 2025
in Tegniek
Satellietbeelde se belangrike rol
Share on Facebook

Moderne boerdery verg gevorderde tegnologie om optimale opbrengste te behaal en hulpbronne doeltreffend te benut. Een van die belangrikste tegnologieë wat vandag in presisieboerdery gebruik word, is gewasmonitering met behulp van satellietbeelde.

Hierdie tegnologie bied waardevolle insigte in gewasgesondheid en voedingstatus, veral met betrekking tot water- en voedingstofbestuur.

Hoe werk dit?

Satellietbeelde verskaf gereelde en gedetailleerde visuele data oor gewasontwikkeling deur middel van multispektrale sensors. Hierdie sensors meet verskillende golflengtes van lig wat deur plante gereflekteer word, wat belangrike inligting oor die gewas se toestand verskaf.

Produsente kan met behulp van hierdie data probleme vinnig en akkuraat identifiseer en doelgerigte bestuursbesluite neem. Verskeie bestaande vegetasie-indekse, soos die NDVI (Normalised Difference Vegetation Index), LAI (Leaf Area Index), PAI (Photosynthetic Activity Index), SOI (Senescence Onset Indicator) en MSI (Moisture Stress Index) word bereken deur data van spesifieke golflengtes te kombineer.

NDVI vergelyk byvoorbeeld naby-infrarooistraling met sigbare rooi lig om gewasgroei en gesondheid te beoordeel. LAI meet ’n plant se totale blaaroppervlakte per eenheid grondoppervlak en word gebruik om die gewasdigtheid en fotosintese-doeltreffendheid te bepaal.

Dit help produsente om te verstaan hoe gewasse groei en of daar aanpassings in besproeiing of voeding nodig is. PAI dui op die hoeveelheid aktiewe chlorofil in plante en is ’n aanduiding van hul fotosintetiese kapasiteit, wat belangrik is vir stikstofbestuur en opbrengsoptimalisering.

SOI bereken die verhouding tussen chlorofil en karoteen, en is ’n aanduiding van vroeë afsterwing of rypwording. MSI gee ’n aanduiding van die plant se waterstatus. Deur hierdie indekse oor tyd te monitor, kan produsente tendense en spesifieke patrone in gewasontwikkeling identifiseer en betyds aanpassings maak om produksie te verbeter.

Die belangrikheid van stikstofbestuur

Stikstof is een van die belangrikste voedingstowwe vir plantgroei en speel ’n noodsaaklike rol in fotosintese en proteïensintese. Oormatige of onvoldoende stik­stoftoediening kan egter opbrengsverliese veroorsaak en omgewingskade aanrig.

Die gebruik van satellietbeelde help produsente om stikstofvlakke doeltreffend te bestuur deur veranderinge in gewasgroei en gesondheid te monitor. Dit stel hulle in staat om presies die regte hoeveelheid stikstof op die regte plek en tyd toe te dien, wat tot verhoogde doeltreffendheid en kostebesparing lei.

Voordele

Deur intydse data te gebruik, kan produsente akkurate besluite oor bemesting en besproeiing neem. Dit lei tot kostebesparing deur presiese voedingstof- en watertoediening, wat vermorsing verminder en hulpbronne doeltreffend benut. Dit dra ook by tot opbrengsoptimalisering deur te verseker dat gewasse voldoende voeding kry, wat verbeterde groei en hoër opbrengste tot gevolg het.

Omnia Nutriology® bied ’n innoverende benadering tot gewasmonitering en voedingstofbestuur deur die gebruik van satellietbeelde. Hierdie oplossing stel produsente in staat om hul produksiepraktyke te optimaliseer en meer ingeligte besluite te neem.

Produsente kan hul gewasproduksie verbeter en volhoubare landboupraktyke toepas met behulp van kundige insette deur Omnia se landboukundiges. Die gebruik van hierdie tegnologie is ’n onontbeerlike stap in die rigting van presisie­boerdery en ’n volhoubare toekoms vir die landboubedryf.

Tags: MRT/APR 2025
Previous Post

Graangradering verseker billike handel

Next Post

Identifiseer probleme met aalwurms betyds

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In